Onderwyser geskors oor bewerings van seksuele teistering

Argieffoto

Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal het Maandag gesê ʼn onderwyser van die Tongaat Secondary School is geskors hangende ʼn ondersoek na bewerings van seksuele teistering.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die departement, het gesê die onderwyser het na bewering grafiese foto’s van ʼn seksuele aard aan leerders oor WhatsApp gestuur waarna die departement besluit het om beslissend op te tree.

Volgens Mthethwa distansieer die departement hom van enige seksuele teistering en mishandeling en skroom nie om teen seksuele oortreders in die onderwyssektor op te tree nie.

“Baie van ons skole het gewelddadige en onveilige omgewings geword, veral vir meisiekinders. Dit is ’n saak wat dringend aandag van alle sektore in die samelewing moet geniet. Ons houding ten opsigte van gevalle van dié aard is dat dit van skole ’n onveilige plek vir van ons kinders maak, wat baie van hul drome verpletter en hulle van ʼn akademiese skoolervaring ontneem,” het Mthethwa gesê.

ʼn Ondersoek na die bewerings is van stapel gestuur. Die onderwyser bly geskors hangende die uitkoms van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Julius ·

Is dit nie julle wat seks in die skole ingebring het nie, nou kla julle. Julle wil dan die kinders vroeg ryp maak vir die grootmens wêreld!!!

Kas ·

Dit is waar verkragtings van skoolmeisies ontstaan en hy hoort nie ‘n onderwyspos te berklee nie.Hoeveel meisies het hy al gemollesteer.

Frikkels ·

Misdaad teen vroue word nou in die kollig geplaas. Òok seksuele teistering van skooldogters. Wat van die seuns wat seksueel geteister word en misdaad oor die algemeen? Misdaad is ñ probleem in suid afrika en kan slegs toegeskryf word aan ons onbevoegde regering. Alles word gemonitor en almal word geskors, maar niemand word geregtelik vervolg nie. Al wat die probleme sal oplos is om voor die voet toe te sluit en op te hou om tronke in vakansie oorde te omskep. Gevangenis het te veel voorregte in ons land. Niemand is bang om tronk toe te gaan nie. En om moord te pleeg is soos soetkoekies eet. Die regering en ons regstelsel saam met die kastige menseregtewette wat ook op gevangenis betrekking het, het die wetsgehoorsame burgers lank reeds gefaal. Viva misdaad, viva die kaders!

Leon Pit ·

Die skuld MOET die regering kry hul het sex onderig in die kinders se kele afgedruk
Geen morele waardes bestaan in die ANC nie. n Lost case

Renee ·

As jy nie onder GOD se hand is nie en die anc is nie dan is jy mos onder satan se hand

Diefie ·

Alle skole kan maar ondersoek word, daar is baie sukkel gevalle wat nooit aangemeld word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.