Ontsmetting van skole: Klag by OB ingedien

‘n Skool in Gauteng word ontsmet. (Foto: Verskaf)

Die VF Plus gaan ’n klag teen die Gautengse departement van onderwys by die Openbare Beskermer (OB) indien vir die besteding van sowat R431 miljoen om skole in dié provinsie te ontsmet. Die geld is in net drie maande – van Junie tot Augustus – bestee.

Die VF Plus het reeds in November sy kommer uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het dat die Gautengse onderwysdepartement in September alleenlik ongeveer R98 miljoen aan 28 verskillende diensverskaffers betaal het om skole te ontsmet.

Maroela Media het vroeër berig die DA eis dat David Makhura, premier van Gauteng, ondersoek moet instel na dié beweerde korrupsie, aangesien sommige van dié diensverskaffers nie eens in die skoonmaakbedryf werksaam is nie.

Die VF Plus is ook skepties oor van die diensverskaffers aangesien dit wil voorkom of hulle eers baie onlangs gestig is.

“Talle van hierdie maatskappye wat tenders gewen het, se name bevat die woorde ’Trading‘ of ’Consulting‘ wat aanduiding is van die standaardname wat in rakmaatskappye voorkom,” sê adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die VF Plus.

Hy sê talle maatskappye se name kom ook vreemd voor vir die tipe diens wat gelewer moet word om geboue te ontsmet.

Angie Motshekga, minister van onderwys, het vroeër gesê diepreiniging by skole is nie noodsaaklik nie en dat slegs oppervlaktes behoorlik skoongemaak hoef te word. Bidvest het ook die skoonmaakproses by baie skole geborg en sekere skole het uit hul eie sak daarvoor betaal.

Die VF Plus gaan die OB vra om vas te stel of diepreiniging by skole werklik plaasgevind het, of dit werklik nodig was en of die aksies onreëlmatig was.

Die party wil ook hê die OB moet vasstel of die maatskappye aan wie die tenders toegeken is in staat was om die dienste te lewer, wie in beheer van die maatskappye is, wanneer die maatskappye gestig is en of dit nie ʼn selfverryking-strategie was nie.

“Die OB moet ook bepaal of die geld op bedrieglike wyse spandeer is en indien wel, hoe die geld teruggekry gaan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

En wat gebeur wanneer die ondersoek afgehandel is? Net mooi niks…. Niemand word tot verantwoording geroep nie. Onse Cyril het opdrag gegee dat ondersoek ingestel moet word oor korrupsie met die besteding van fondse tydens Covid. Wat het van die ondersoek geword?

Pieter ·

Gaan ondersoek eers ‘LePoefie’ en familie en vriende se bank rekeninge. Die groot rasis van onderwys. Pleks hy doen sy werk, maar is te besig met sy ras agenda dat hy die heel mis gekyk het. Onbevoeged verby.

Kokerboom ·

Die oorsaak van die hele vlaag van blatante openlike bedrog, diefstal en vergrype moet gelê word voor deur van topstruktuur van huidige regering. Die nasie moet hul nou tot verantwoording roep..beginnende by President!

Baardman ·

Verstaan ek nou reg, moet die OB dit ondersoek? Belaglik. OB word self ondersoek vir korrupsie

Karel Lourens ·

Ja ,dit is lagwekkend. Korrupsie op korrupsie met ondersoek op ondersoek en wat gebeur? NET MOOI NIKS……..

Hennie ·

Sy is met verlof… Die geld is reeds weg! Die regering, by name Cyril Corrupta Ramaphosa is verantwoordelik vir die twak!

My siening ·

Lepoefi is n rassis soos sy baas Cyrel wat openlik sê daar is nie plek vir wit mense nie en teiken alle wit besighede en skole! Ek sal van nou af net wit mense help want Cyrel het die begin en julle wit Cyrel aanhangers julle gaan nog stik in julle hoop vir n beter SA.

Sarel ·

Lesufi moet antwoord wznt ditis sy Dept.
OB ……Sabatsverlof….so geen ondersoek daarnie.
MRK…..want kinders is betrokke…
Maar Lesufi is sondebok help hy is nou geskok nie

Hennie J ·

Dink julle die ob is bevoeg om binne ons leeftyd aandag hieraan verleen en dink julle sy en haar pionne sal ooit n negatiewe verslag teenoor haar tjomma uitbring . Hoekom nie liewer n klagte le by Noddy se mr. Plodd nie?

Dirk Mostert ·

As skoolgeboue vir maande ongebruik was, waar sou die virusse vandaan kom? Broei hulle in verlate plekke uit? Sanitisering van sulke geboue is onsinnig en mors van geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.