‘Ontvoerde’ sakeman van Limpopo veilig tuis

Premjee se voertuig is verlate aangetref. (Foto: SA Polisie)

‘n Bekende sakeman van Louis Trichardt in Limpopo wat meer as ses weke gelede na bewering ontvoer is, is terug by sy familie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag aan Maroela Media bevestig die man is ongedeerd en met sy familie herenig.

Die presiese omstandighede rakende die sakeman se vermeende ontvoering en tuiskoms is egter in dié stadium nog onduidelik.

Volgens Mojapelo gaan die polisie sy ondersoek sluit.

Maroela Media het vroeër berig die man het op 9 April sy huis in ʼn Mercedes-Benz GLC 250 verlaat toe twee voertuie glo die pad by ʼn stopstraat versper het. Een van die voertuie het hom glo van voor gestuit, en die ander van agter.

Die ontvoerde se voertuig is later verlate langs die pad op die hoek van Forestryweg en Berghstraat in die dorp gekry. Daar was vir weke daarna geen teken van Premjee nie.

*Hierdie berig is op versoek van die slagoffer se regspan gewysig, om die man se identiteit te beskerm -Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Misky ·

Baie bly hy is veilig tuis, maar darem baie snaakse storie en soveel vrae. 6 weke is ‘n baie lang tyd en die media was stil oor die man.

Moedeloos ·

Hoekom sluit die polisie die saak. Tyd en geld is gemors hul moet mos die saak enduit vat en bepaal waar was die man. Skroef hom op vir vrugtelose uitgawes aangegaan. Dit sal ander ook leer om nie net te verdwyn en dan later opdaag nie. Daar moet finansiele boetes vir sulke gevalle ingestel word.

Sêmanet ·

Dit gebeur so gereeld. Maar as die persoon gevind word, dan is dit so privaat ens. Maar in die meantime bid almal verwoed en versprei die nuus en worry hulle koppe af. As mense weer wonderbaarlik gevind word, kan daar mos gesê hoekom en waarom. Wanneer mense dood gevind word, dan hoor ons dit, maar nie as hul op hul eie trippie gegaan het nie. Hoe werk dit?

Louise ·

Julle kan my maar stenig, maar ek is nou ook al dik vir tieners wat te groot is vir hulle skoene wat vir hul wil ophou met grootmens-dinge en pad vat. Dan is die hele wêreld histeries. Môre kom die kind weer huis toe, moeg gepollevink onder ma se oë uit.

Thea ·

Ek stem 10000% met jou saam. Ons is goed genoeg om te bid en te post maar mag om die dood nie weet wat gebeur het wanneer hulle veilig gevind word nie.

Cecilia ·

Snaakse storie die.
“Ontvoer” vir 6 weke lank en word dan vrygelaat sonder n merkie?
Bietjie dik vir n dalder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.