Ontwrigtende taxistaking duur voort 

(Foto: SA Polisie)

Santaco gaan Donderdag voort met sy ontwrigtende taxistaking wat die Wes-Kaap die afgelope week lamgelê het.

Volgens die taxivereniging gaan hy om ʼn interdik aansoek doen om al die taxi’s wat die afgelope week deur die owerhede in Kaapstad geskut is, terug te kry en om te keer dat enige verdere taxi’s geskut word. Taxidienste sal nie hervat word voor daar uitsluitstel hieroor is nie.

Santaco het intussen ook Woensdag met Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, vergader en sy het glo aangedui dat sy in gesprek is met die Wes-Kaapse regering in die verband.

Vyf moorde en 120 inhegtenisnemings is reeds in verband met die staking aangemeld en meer as 50 minibustaxi’s is geskut.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het sy diepe teleurstelling uitgespreek oor die staking wat voortduur. “Die armes ly die meeste weens hierdie staking en elke dag wat dit sloer, is vir hulle ’n groot terugslag. Die impak is verwoestend op hulle en ons ekonomie.”

Winde het gesê dit is van die uiterste belang dat inwoners vrylik in die provinsie mag beweeg. “Dit is van kardinale belang dat inwoners toegang tot kritieke dienste kan kry, soos gesondheidsorg, skoolopleiding en maatskaplike ontwikkeling. Die geweld wat met die staking gepaard gaan en die erge ontwrigting in mense se daaglikse lewens is ’n aantasting van die waardigheid en regte van ons inwoners.”

Ricardo Mackenzie, Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, het gesê daar is ’n dringende vergadering met Santaco versoek om die agenda van kwessies wat hanteer moet word, te bespreek. Winde, Mackenzie en Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het Woensdagaand met Chikunga oor die pad vorentoe vergader.

Gebeurlikheidsmaatreëls is ingestel om verdere ontwrigting te probeer beperk. Volgens Hill-Lewis sal veiligheidsbegeleidingsdienste na voedselafleweringsvragmotors uitgebrei word en die stad het na Gift of the Givers en Heal our Land uitgereik vir ondersteuning in die verskaffing van voedselverligting aan gemeenskappe.

“So lank as wat Santaco by die interdik teen geweld en ontwrigting hou, staan die stad gereed om met onderhandelinge voort te gaan sodat oplossings gevind kan word sonder om die beginsel van die oppergesag van die reg in te boet.”

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Kaapse metroraad, het gesê na relatiewe kalmte die afgelope 48 uur, is daar deur die loop van Woensdagaand en Donderdagoggend ’n paar sporadiese voorvalle aangeteken.

“Die stad se gesamentlike operasionele sentrum bly geaktiveer om reaksies op hierdie en enige ander ontwrigtings te koördineer. Die stad sal met sy proaktiewe ontplooiing voortgaan in samewerking met die SAPD en alle relevante agentskappe. Dit sluit patrollies langs alle hoofroetes en begeleiding vir busdienste in brandpuntgebiede in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Truman Burbank ·

Nou wag ons net vir Hades om orde te handhaaf. Want Zeus weet nie hoe nie

Delia ·

Nou hoe nou
..was Santaco nie nou net deel van n gebedsgroep nie. Ons gebruik ook maar net God wanneer dit ons pas…en tot my skande, ek ook.

Charles ·

Jy sal nog agterkom dat die rede hoekom iets deur die mens gebruik word vir hul eie wil is omdat die mens dit geskep het vir hul eie doel. Daarmee sê ek nie iets anders as “hier” nie bestaan nie. Maar papier is geduldig en die mens vol dinge as hul skryf.

Delia ·

Charles ek glo in God. Ek ervaar Hom daagliks. Maar ons wil doen wat ons wil, wanneer ons wil. En as dit nie mooi uitwerk, dan bid ons eers.

Marthinus Johannes ·

Die taxi verenigings is besig om n MAFIA opset te bestuur in die land en dit lyk of die regering hulle steun. Hulle doen net wat hul Wil op die paaie en gaan nie toelaat dat enige iets of iemand hulle keer nie.

Linda ·

Regering en minister van vervoer steun hulle, wonder of dit is omdat Wes-Kaap suksesvol is.

Gregory ·

Ons het reeds ‘n mafia staat in alle opsigte in die definisie van “mafia staat” Die ANC en EFF is diep ingewortel in al hierdie bedrywighede.

Amelia ·

So die taxis staak omdat hulle nie die gevolge wil dra vir die verontagsaming van padreëls nie. Dieselfde padreëls wat op die res van ons van toepassing is. En daarvoor bring hulle die ekonomie tot stilstand. Dit wil voorkom of hulle dit nog nie eers oorweeg het om vir ‘n slag soos verantwoordelike burgers op te tree nie. Ek weet die konsep is seker wildvreemd vir hulle, maar hulle sal verbaas wees oor die byvoordele wat dit kan bring. Bv. om die respek te wen van jou mede padgebruikers. Dink net!

minnie muis ·

Anc wil weskaap terug he,die is maar manier om ontwrigting te veroorsaak,Ander landed sou Lankan opgetree het,hoekom doen prez niks nie

Stephen ·

The Wester Cape Gov should not relent, but instead issue new licences to Taxi operators that will strictly abide by the rules of the road. In this way they get rid of the bad apples as well.
Never a friend of the NP or PW Botha in particular, but what we see now is exactly what he predicted would happen.

Anel ·

So, die taxis kan maak net wat hulle wil, ry soos hulle wil, mense intimideer soos hulle wil, hulle voertuie hoef nie aan die regulasie te voldoen nie ens!!! Wie dink hulle is hulle. Hou die voeruie geskut! Net jammer dat ons spoorstelsel so in sy kanon is. En die busdienste so verwoes word!!! Gedink ins woon in ‘n demokratiese bestel, nie in ‘n komunistiese staat nie. En die hoedman is so stil soos ‘n oorlogskip in vrede. Wat sê dit vir my? Hy keur al die geweld toe. Daar moet so spoedig as moontlik van hom ontslae geraak word, sommer die hele anc regering!!!!

Delia ·

Domheks. Ek glo ook aan bid en glo. Maar dikwels bid jy en kry jy nie wat jy vra nie.

Hendrik ·

Hierdie chaos is natuurlik in die guns van die verraderlike anc om te wil bewys dat die DA nie instaat is om te regeer nie.

Juanita ·

Hou die Taxis vir so lank moontlik van die paaie af. Vergelyk dan die statistieke van pad ongelukke en sterftes met die tyd wat hulle van die paaie af is met die tyd wat hulle op die paaie is. Statisieke sal bewys dat hulle permanent van die paaie verwyder moet word. Hulle is gevaar op die pad en stel daagliks onskuldige mense se lewens in gevaar.

Gregory ·

Dit is totaal onaanvaarbaar dat geweldadige druk gebruik word om kriminele aktiwiteite voort te sit. Maar weereens is dit die regering wat hierdie anargie veroorsaak deur kriminele toe te laat met hulle aktiwiteite. Die gehoorsame burgers moet altyd ly onder die kriminele leierskap van die ANC. En die EFF ondersteun natuurlik alle vorme van geweld. Alles vir stemme

Di ·

Die korrupte regering het aan hierdie Taxi’s die mag gegee om te doen wat hulle wil so HULLE moet verantwoordelik gehou word vir al die gemors in die land. Taxi’s is een van die grootste EUWELS in DIE land en tweede is die VAKBONDE

Johan ·

Ja, maar n vakbond met integriteit en nie 1 wat geweld aanhits, die ekonomie martel, alles wil vernietig of afbrand en optree sodat gewone burgers nie vryheid van beweging het nie.

Laksman ·

Sou die die taxi’s hulle sin kry, “demand” die wetgehoorsame burgers dat dieselfde reels vir hulle moet geld!

Pieter ·

Baie snaaks dat dit altyd die arms is wat lei. Maar as jy na die video’s kyk is dit hulle wat die voorbokke is met brand en betoog. So sorry.

Sê maar net ·

Altyd gewone, hardwerkende mense en publiek wat ly onder hierdie stakings. Tot kinders kan nie by skole uitkom nie. Roep die weermag in.

Oosieoos ·

Mooi so Kaapstad staan op teen die boewe net jammer die SA Regering is soos gewoonlik weer afwesig

Susan ·

As die treine geloop het en busdienste beskikbaar was, dan het die taxi stakings niemand benadeel nie behalwe die taxi eienaars self itv inkomste wat hul verloor tydens die staking. Dis tyd dat alternatiewe vervoer beskikbaar raak en taxi base verantwoordelik gehou word vir die optrede van hul werknemers.

Johan ·

Stem saam met jou. Ongelukkig is die taxibase net soveel deel van die probleem as hul bestuurders (drywers).

HPJ ·

N bewys dat die DA net kan kla rn kerm Verder is dit n bewys dat hulle soos die Chinese spreekwoord word se Die land sal afbrand solank hulle oor die as kan regeer

Owlie ·

Dot sal interessant wees om te sien wat Santa could en Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer (of is dit van taxis) elkeen op hul eie in engels kan neerskryf oor die definisie van vreedsame betogings

Burgermeester Geordin Hill-Lewis jy doen die beste ding ooit. Wetgewings en reëls is daar om na grkom te word – hier hoort Santaco en elke taxi bestuurder betrokke, minister van vervoer, minister van polisie, elke betoger, elke plundering, diegene wat hulle met geld omkoop verantwoordelik gehou te word vir alles wat ook teen Suid Afrika se wetgewong is soos plundering, skade aand eiendom, brand van bande wat paaie beskadig, moord, roof, aanhitsing, lamlê vsn ekonomie en vele meer – selfs die president wat die spul nie kan beheer nie het n mate van verantwoordelikheid teenoor AL die mense in Suid Afrika. Mnr Lewis gaan voort met dit wat u doen my voertuig moet padwaardig wees, ek moet n wetting bestuurders lisensie hê, ek moet binne verkeers reëls die pasie gebruik en vele meer ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.