Onwettige jag in Vrystaat neem toe

(Foto: Bloemfontein SPCA/Facebook)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein is bekommerd oor onwettige jagbedrywighede wat klaarblyklik in die Vrystaat aan die toeneem is.

Die DBV in die stad het onlangs op twee voorvalle van onwettige jag in die Bothaville-omgewing gereageer.

Volgens Werner Botha, ʼn inspekteur van die DBV, is sewe mense op 10 September in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig duikers gejag het.

Daar is ook op 22 honde beslag gelê.

Vier mense is ook op 16 September in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op twee honde nadat vyf ystervarke onwettig gejag is.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Botha sê die voorvalle was goed georganiseerd en die aanduidings van kriminele bedrywighede was duidelik.

“Onwettige jag is vir ons as die DBV altyd kommerwekkend aangesien daar ʼn duidelike verband is tussen die metodes wat in hierdie vorm van jag gebruik word en dieremishandeling. Wat egter meer kommerwekkend is, is die toename in die misdadige element wat teenwoordig is,” sê Botha.

Volgens Botha word onwettige jagbedrywighede meer prominent namate dit warmer word en die feestyd nader kom.

“In die feestyd is daar meer vrye tyd om dié [soort] dade te pleeg.”

Jag as ʼn praktyk word uit sommige oorde veroordeel, maar die wreedheid wat dikwels met die jag van honde geassosieer word, is baie erg, verduidelik Botha.

“Die diere wat gejag word, sal dikwels deur ʼn trop honde gejag word. Die honde sal die diere aan die keel byt en vashou voordat die jagters die diere met stokke, knopkieries of met tuisgemaakte spiese doodslaan. Hierdie metode sluit ʼn element van lyding in vir die dier wat gejag word.”

Die wreedheid is egter nie net op die dier gemik nie en volgens Botha word die honde ook in sommige gevalle mishandel.

“Die honde word dikwels voor die jagtog uitgehonger. Soms doen hulle ernstige beserings op wanneer hulle diere soos ystervarke of wildevarke jag, soos hierdie diere hulself probeer verdedig.”

Botha het aan Maroela Media gesê dat die onwettige jagbedrywighede as ʼn sport of stokperdjie deur oortreders beoefen word. Dit word selde gedoen om iets vir die pot te kry.

“Die meeste van die tyd is daar geld betrokke. Die honde wat vir die jag gebruik word, is soms van enorme waarde (byvoorbeeld die Saluki-windhond). Hoe beter die hond jag, hoe meer waarde word aan sy bloedlyn geheg.”

Botha sê die polisie is aktief betrokke om die onwettige jagbedrywighede te help stuit, maar het nie altyd die nodige kennis om vervolgings in die hof te verseker nie. “Daarom sal hulle eerder hul plaaslike DBV kontak vir hulp.”

Die aanklagte wat die beskuldigdes in die gesig staar, is ernstig en word ingevolge die oortreding van die Vrystaatse Natuurbewaringsordonnansie 8 van 1969 aanhangig gemaak.

“Sou die beskuldigdes skuldig bevind word, kan hulle boetes van tot R100 000 of tien jaar tronkstraf opgelê word. Dit is egter nie die enigste aanklag wat hulle in die gesig staar nie, aangesien die aanwending van ʼn dier om enige ander dier aan te val, ook ʼn oortreding van die Dierebeskermingswet is.”

Talle van die honde waarop die DBV beslag lê, moet ingevolge wetgewing van kant gemaak word, verduidelik Botha.

“Baie keer is hierdie honde beseer of hulle het moontlik bosluiskoors.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marcello ·

Watse tipe mens is so wreed teen diere, dit is skokkend en baie hartseer.

Harley Davidson ·

Die kriminele jag op privaat grond ook en daarom moet die DA koalisi wen om die land en polisie weer op standaard te kry en hierdie misdaad te stop.

Bolandse Nooi ·

Harley Davidson …………… jy leef in ‘n DROOM WÊRELD as jy dink die ANC (en/of die massa meerderheid) gaan toelaat dat ‘n koalisie-regering ná 2024 se verkiesings regeer. Maak jou maar reg, meneer/mevrou/mejuffrou, burgeroorlog is ons voorland. En dié keer sál dit wit teen swart en swart teen wit wees. SA se “Arabiese Lente” is oppad!!!

Karoo ·

Vir ons is dit grusaam en onaanvaarbaar, maar ter selfde tyd, is dit hoe hulle gejag het voor die 3 skippies hier aangekom het.

Karoo ·

Nee, vir somige, is dit ongelukkig ‘n beter uitweg as om daar buite te wees.

Bolandse Nooi ·

Niemand is meer bang vir die polisie of tronk nie, want albei is tandelose brakke wat met ‘n R100.00 omgekoop kan word.

Sê maar net ·

Vergeet van boetes:-(
Hulle het baie geld en sal dit weer doen! Sit hulle in die tronk.

Simon ·

Twak, dis meestal brandarm mense wat nie eens R100 boete kan betaal nie

Witwax ·

So sal hulle alles uitwus en vernietig tot daar niks meer oor is nie.
Toe ek nog n kind was in die vroë 80’s het ek veld blometjies langs die pad gepluk , daar het n bakkie by ons gestop ,dit was n man van Natuur Bewaring in sy uniform hy het my pa n R50.00 boete gegee omdat dit onwetig was om die natuur skade aan tedoen.
Waar is daai wet en orde vandag?

DEON ·

Hierdie afdraande land se regering moet nie net plan maak met die krag krieses nie, hulle moet meer tronke ook begin bou om hulle gemors kolegas in te bere, die hele lot hoort in tronke.

Papsak ·

Ag ons almal weet wie jag onwettig op boere se gronde hulle bly wreed en genadeloos daar is nie n ander woord vir dit nie bring n swaar straf in teen dit slyit toe en groot boetes hier niks meer oor soos hulle met daai honde jag nie skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.