Oorsprong van ‘vroteier-reuk’ oor Gauteng ondersoek

Johannesburg middestad. (Foto: Tebogo Iosaba/Unsplash)

ʼn Ondersoek word gedoen om die bron van die stank reuk wat die afgelope paar dae oor Gauteng hang te identifiseer.

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye sê hy werk saam met omgewing- en luggehaltebeamptes in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo en Noordwes om die oorsaak van die stank te bepaal. Daar sal ook vasgestel word of die heersende wind- en weerstoestande moontlik daartoe gelei het dat die reuk van ʼn ander provinsie kom, soos die geval was toe ʼn soortgelyke voorval in 2021 aangemeld is.

Amptenare in Johannesburg het inwoners van die stad intussen gevra om kalm te bly oor die vreemde reuk.

Inwoners kla oor ʼn “vroteier-reuk” wat sedert Woensdagoggend in die lug hang.

Michael Sun, LUR vir omgewingsinfrastruktuurdienste in Johannesburg, sê die plaaslike regering het inwoners se klagtes by die betrokke departement aangemeld wat dit verder sal ondersoek.

“Die stad se luggehaltebestuurseenheid het vasgestel dat die reuk wydverspreid oor die stad is. Dit sluit gelukkig die moontlikheid uit dat dit van ʼn gelokaliseerde bron in Johannesburg afkomstig is,” sê Sun.

“Dit is moontlik dat ons tans met ʼn oorgrensbesoedelingsprobleem sit.”

Volgens die metro kan die huidige weerstelsel die oorsaak wees dat lugbesoedeling van die nywerheidskompleks van Mpumalanga na Johannesburg toe beweeg. Hierdie nywerheidskompleks sluit in petrochemiese, kragopwekking- en nywerheidsbedrywighede.

“Hierdie vroteier-reuk word algemeen geassosieer met waterstofsulfied en kan waarskynlik met hierdie tipe bedrywighede verbind word.”

Die metro beheer ook ʼn netwerk van ses operasionele luggehaltestasies wat onder meer swaeldioksied, stikstofdioksied en osoon in die lug monitor.

“Die kenners wat hierdie stasies beheer, werk saam met die departement om die bron van hierdie reuk op te spoor en te identifiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

JohanR ·

Miskien het iemand by Luthuli Huis nie die toilet gespoel nie…..Carl Niehaus miskien!

Daniel ·

Watse impak het hierdie dampe in die lug op mens se gesondheid? Behalwe die feit dat dit stink?

Surfer ·

Ernstig, maar net tydelik. Veral Asma leiers en ouer mense. Veroorsaak ook benoudheid.

André ·

Laas jaar of die jaar voor dit was dit swael dioksied vanaf Sasol in Secunda. Hulle ignoreer die regulasies en die redering is onbevoeg om ons teen die gif gasse te beskerm!

Grond ·

Dit is nie net die Sasol’s van die wêreld wat lugbesoedelings regulasies oortree nie. Paneelkloppers in Garsfontein weg in die Ooste van Pretoria doen dieselfde, terwyl die City of Tshwane niks daaraan wil doen nie.

marius ·

Gaan skep vir hulle elkeen ‘n glas water uit die Vaalrivier , dan hoef hulle nie te gaan soek nie .

Truthful ·

Hmmmm meskien eers weet wat die reuk is….hmmm 2030 onbevoegs en. Altyd stadig…

KarooKnapie ·

Jammer almal. My vrou het gister die lekkerste boontjiesop gemaak. Dit het ongellukig my binneste soortgelyk gemaak en laat klink soos die van n warmgemaakte Golf GTI DSG se uitlaatstelsel. Dit het ongellukig bygedra tot die ervaring wat tans ervaar word. Ek vra omverskoning.

Di ·

Die HELE land is VROT – Meer van ‘n RIOOLPLAAS as vrot eiers

thejudge ·

Verbeel jou…Jozi se inwoners word gevra “om kalm te bly” oor die stink lug. LOL! Mens, ons oorleef al jare in Gangsters Paradise, ons panic vir niks.

Hennie Biebouw ·

Vroteier en swael ruik baie na aan mekaar. Synde die heersende winde oor Gauteng al vir ‘n wyle oos / suid oos is, is my geld op Sasol.

Swerwer ·

Die “vroteier-reuk” mag dalk die oorsaak van die Regering/ANC/Eff wees

Frank John ·

Hier by ons weet ons dit kom daar van sparta af waneer hulle beene brand.

Dup ·

Die hele land het omtrent ‘n vroteier reukie; veral party plekke waar riool al vir jare in strate afloop en riviere/ander waterbronne besoedel.

Surfer ·

Shutdown by Sasol op Sasolburg. Dit gaan maar woes daar. Cheap street labour, very “expensive” contractors and some empty back pockets.

Jr ·

Ek sal u sê as u vrot eiers ryk ONDERGROND in n myn gaan jy nie daarin. Was geleer as jong myner

henndrik ·

Dis nie die eerste keer nie en daar is elke keer ‘n “oorsaak” genoem wat volgens my nie water dra nie want dit is ‘n nuwe ding wat verlede jaar sy kop uitgesteek het

Jakes ·

Eh eh eh angaase. Vind werder yit wanneer laas gebad of tande geborsel is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.