Oos-Kaapse ma ontvoer

Sonam Gajjar van Kariega. (Foto: Verskaf)

Oos-Kaapse polisiespeurders soek tans na ʼn vrou van Kariega (Uitenhage) nadat sy Woensdag buite haar huis in Moselweg ontvoer is.

Daar word ook na vier mans gesoek nadat hulle vroegoggend met Sonam Gajjar (34) in ʼn wit  Hyundai op die vlug geslaan het.

Gajjar is glo die vrou van ’n plaaslike sakeman in Kariega en die ma van twee kinders.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê Gajjar het omstreeks 07:50 uit die gesin se erf gery en gewag vir die hek om agter haar toe te gaan toe sy deur vier mans oorval is.

Gajjar se motorvenster is aan die bestuurderkant stukkend geslaan voordat sy uit haar motor gesleep  en in die wit Hyundai geboender is.

“Die voertuig het in die rigting van Motherwell weggejaag,” sê Naidu.

ʼn Saak van ontvoering is intussen aanhangig gemaak en daar word na Gajjar en die vier mans gesoek.

Die polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om enige moontlike inligting, “maak nie saak hoe gering nie”, by speursers. Ricardo January by 072 217 5772 aan te meld of die StopMisdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marous ·

Dit gaan net erger en erger raak . Diegene wat spesefiek geteiken word moet saamstaan en lospryse op die gemors se koppe sit.

Henry ·

Marous, Ek stem sit n prys op hulle koppe en se “Dead or Alive”

Moeggeploeg ·

Begin die ondersoek van eggenoot en naasbestaandes. 90% van skuldiges word daar gevind

Christine ·

Verklaar die skuldiges en die wat betrokke is by die ontvoering voelvry

Karoo ·

Sterkte aan die Familie en Vriende, Ek hoop van harte hulle “verniel” haar nie en dat sy veilig terug besorg sal word.

Tinus ·

Die nuwe Haiti is hier, dis mos vinnig en maklik om so geld te maak met n losprys. SA is nou die paradys vir kriminele, niks gebeur mos met hulle nie en die regstelsel beskerm hulle. Mense wat n eie onderneming het, wees maar versigtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.