Opod ondersoek polisieman wat glo tiener verkrag

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn saak van verkragting wat verlede week teen ʼn speurder aan die Keimond-polisiestasie in die Oos-Kaap aanhangig gemaak is.

Die betrokke polisiebeampte (45) het na bewering ʼn tiener (17) in sy kantoor verkrag toe sy by die polisie om hulp aangeklop het.

Die direktoraat het in ʼn verklaring onthul dat ʼn speurder op 8 Augustus, ʼn dag voor Vrouedag, na ʼn tiener se tuiste in die gebied ontbied is. Sy wou glo ʼn saak teen haar kêrel aanhangig maak en die speurder het haar na die polisiestasie geneem om aandag aan haar klag te gee. Die aard van dié aanklag is nie in hierdie stadium bekend nie.

“Op pad na die polisiestasie het die beampte glo aan die tiener voorgestel dat sy eerder in ʼn verhouding met hóm moet wees. Sy het die aanbod van die hand gewys,” lui die direktoraat se verklaring.

“Die twee is met hul aankoms by die polisiestasie na die speurder se kantoor. Dit is hier waar die beampte na bewering die tiener begin soen en toe verkrag het.”

Die vermeende slagoffer het egter teen die verkragting baklei en die beampte op sy skouer gebyt.

“Sy het glo ʼn bottel opgetel en die verdagte oor die kop geslaan totdat dit gebreek het. Sy het toe ʼn deel van die gebreekte bottel gebruik om die speurder in die skouer te steek.”

Nadat sy glo uit die speurder se greep ontsnap het, het sy na bewering sy selfoon teen die muur gegooi en daarop getrap. Terwyl hy na sy gebreekte selfoon gekyk het, het die tiener glo uit sy kantoor ontsnap en haar na die gemeenskapsdienssentrum in dieselfde gebou gehaas.

“By die dienssentrum het sy die ander polisiebeamptes in kennis gestel dat hul kollega haar verkrag het.”

Die direktoraat in die Oos-Kaap is onlangs oor die voorval in kennis gestel en het berading vir die slagoffer aangebied.

Dit is nie duidelik of die speurder al in hegtenis geneem is nie, maar die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Sê niks dan is daar niks. So skitter Lord omgedraai in sy afwesigheid want dit is mos sy kader. Mag daar ‘n ingryping plaasvind en ……………………………….

Benn ·

Goeie Griet!!! Is daar dan geen geregtigheid vir slagoffers nie? Piesang Republiek.

Oosieoos ·

Ek lankal Da versoek dat hulle moet aandring daarop dat alle staats ampenare daai waarheids toets moet ondergaan voor aanstelling en daarna eenkeer per jaar. Polisie, ministers, bestuurders, verkeersmanne, tronkbewaarders en staatsdepartemente

Di ·

Hulle moet dat almal soos in die verlede, Sekerheidsklarings kry ALVORENS hulle aangestel word. Paar jaar terug het die Staat weer begin met die proses waar alle werknemers in die Staat die sekerheidsklaringvorms moes invul. MEERDERHEID van “our people” het pleinweg geweier en als het net daar skielik doodgeloop.

Maritza ·

Kommer wekkend dat hulle nie weet of hy al in hegtenis geneem is nie. Sou dit nie die eerste ding wees wat die polisie moes doen toe sy die polisie in kennis gestel het nie? Dis deur sulke dinge dat die publiek nie meer die polisie wil nader vir hulp nie. Kyk nou maar na die man wat sy vriendin a vermis wou rapporteer en die polisie hom aan rand.

Nico ·

Die polisie is daar om die publiek by te staan nie om dit te doen wat kastige polisie beampte gedoen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.