Opod ondersoek polisieskietery in Lusikisiki

(Foto: SA Polisie)

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek die omstandighede waartydens ʼn inwoner Woensdag in Lusikisiki in die Oos-Kaap dood is.

“Na bewering het twee polisiebeamptes skote met hul dienspistole afgevuur toe hulle ʼn verdagte teëgekom het wat hulle met klippe bestook en met ʼn mes bestorm het,” het Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, gesê.

Die man het glo vroeër sy vrou met ʼn mes doodgesteek en toe weggehardloop. “Beamptes van die Lusikisiki-honde-eenheid en onlustebeheer het op die voorval reageer.”

ʼn Polisiehond het die beamptes gelei tot waar die man onder ʼn oorhang weggekruip het. “Hy was met groot rotse omring en daar was slegs een ingangspunt. Die beamptes kon nie weghardloop nie, omdat hulle hul eie lewe in gevaar sou stel oor die terrein. Hulle het geen ander keuse gehad as om hulself te verdedig nie,” het Cola bygevoeg.

ʼn Nadoodse ondersoek is Donderdag gedoen. Opod se ondersoekbeampte het die ondersoek bygewoon en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marius ·

Hul hoof hoed het hulle beveel om dood te skiet . Geen hof kan dit oorheers nie . Punt .

Susanna ·

Regtig? Misdadiger was bewapen met ‘n mes! Polisie met gewere en hulle het gevrees vir hulle lewens en kon niks anders doen as om te skiet!
As dit ‘n boer was wat in ‘n geweerloop vasgekyk het was hy aangekla vir moord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.