OR Tambo veilig verklaar ná ontruiming

(Argieffoto)

Die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park is Woensdagaand veilig verklaar kort nadat dié besige lughawe se afdeling vir binnelandse aankomste ontruim is.

“Dit is ʼn voorsorgmaatreël,” het die lughawe net voor 19:00 oor die skielike ontruiming in ʼn kennisgewing op sosiale media gesê.

Teen 20:00 het die lughawe egter laat weet dat sy veiligheidsdienste die lughawe veilig verklaar het.

“Die lughawe word weer soos normaal bedryf. Passasiers wat op alle binnelandse aankom op die lughawe is tans besig om die lughawegebou binne te gaan. Ons vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is.”

Soos Maroela Media verstaan is passasiers op inkomende vlugte sedert laatmiddag nie toegelaat om die vliegtuie te verlaat en die lughawegebou binne te gaan nie. Sommige passasiers moes ure lank in plaaslike vliegtuie op die aanloopbaan wag.

Die presiese besonderhede omtrent die skielike ontruiming is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Perdeby ·

Dit was ‘n dreigement dit is by die SAPD aangemeld. In die ou regering was dit ‘n baie baie ernstige oortrede gewees, geen boete 2 jaar tronkstraf gewees.

SjN ·

Met hedendaagse tegnologie kan die persoon wat dreigement gemaak het mos opgespoor word en swaar gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.