Oscar kry parool

Oscar Pistorius destyds tydens sy moordverhoor. (Foto: KAREL PRINSLOO / AFP)

Oscar Pistorius gaan nog ʼn Kersfees agter tralies moet deurbring, maar sal vroeg volgende jaar op parool vrygelaat word.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het pas bekend gemaak dat Pistorius se aansoek om parool toegestaan is. Hy sal op 5 Januarie vrygelaat word.

Dit is die tweede keer dat Pistorius aansoek doen om vrylating op parool nadat daar aanvanklik verwarring was oor hoeveel hy van sy vonnis reeds uitgedien het,

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

annie ·

Tot moord tel in sy guns vir nog meer publisiteit. Die mannetjie se hele lewe draai net om homself sy me, my and myself…

venessa ·

Reg as jy uitkom maar wees vir n slag n man en herken wat jy gedoen het. Jy skuil nog steeds weg van die waarheid.

Papsak ·

Ai regtig hoekom hom nie vry laat hier kom kersfees o okay hy is mos wit sorrie ,????????

Ronel ·

Ek is bly vir sy part!!!! Ek hoop die mense wat so teen hom uitvaar gaan nooit vergifnis nodig hê nie, en as hulle wel dit nodig kry, hoop ek hulle medemens is meer genadig teenoor hulle as wat hulle teenoor Oscar is!

honeybee ·

Bly vir hom maar kon hulle hom maar nie voor kersfees laat uit kom het nie.

Ragnarok ·

Ai die mense. Niemand hier ken hom. Niemand hier was daar. Maar soveel dink hul weet die waarheid. Amper soos n kerk

Delene ·

Yes! Yes! Yes! Dis Hoogtyd!
Hou jou kop omhoog Oscar! Jy het jou tyd uitgedien!

Perdeby ·

Ek is baie bly, vir die wat so gekant is teen sy parool, wonder wat sou julle gedoen het as dit jou kind was? Of hy 13 jaar of lewenslank dien dit bring nie die persoon terug nie.

venessa ·

Ja Perdeby dit bring nie die persoon terug nie so dan kan ons mos maar al die moordenaars laat vry loop of hoe nou?

Magda ·

Mooi man, beste nuus nog di Jaar. 5 Jan is nog ver en jammer dis ni voor Kersfees nie, maar nogtans baie baie bly dit is goed gekeur. Sterkte Oscar jy verdien dit.

domheks ·

Goed so! Sy skuld is betaal. Vergeet nou van alles. Net hy weet wat gebeur het en moet daarmee saamleef. Sterkte Oscar!

Lizelle ·

Jis dit is erg hoe mense kan oordeel. Niemand weet wat regtig gebeur het nie, ons elkeen kan dink wat ons wil maar hemel, hou op oordeel want dit is net so groot sonde soos die MOORD waarvan jul hom beskuldig.

Magda ·

Hy het sy straf uitgedien so guns hom nou sy ontslag. Ander pleeg moord en kry maklik parool. Die mense wat so oordeel het gewoonlik groter geraamtes in die kas.

Casper ·

Daar is geen ander weergawe wat in daardie oggendure gebeur het ʼnie,so watter weergawe behalwe die van Oscar moet geglo word.Feit is hy het Reeva geskiet,hy is tronk toe gestuur en sy verpligte tyd uitgedien.

JohanR ·

Rerig! Hy kon nie vir Xmas uit wees nie? Wat saak sou ‘n week of twee gemaak het?

tierwyfie ·

So bly vir jou Oscar. Jammer dat jy nie kerstyd tuis kan wees nie. Laat die wat sonder sonde is die eerste klippe gooi.
Mag die tyd nou baie gou verbygaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.