Oscar Pistorius kry nie parool

Oscar Pistorius. (Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius se aansoek om parool is Vrydagmiddag van die hand gewys.

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat hy die paroolraad se besluit om Pistorius se aansoek af te keur ontvang het.

Volgens die raad het Pistorius “nie die minimum aanhoudingstydperk voltooi” soos deur die hoogste hof van appèl uiteengesit is nie.

Pistorius kan in Augustus volgende jaar weer aansoek doen om parool.

ʼn Paroolsitting is vanoggend buite die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria gehou.

June Steenkamp, Reeva se ma, het vanoggend vertoë tot die paroolraad gerig en gevra dat Pistorius agter tralies bly om die res van sy vonnis uit te dien.

Steenkamp en Pistorius het afsonderlik voor die paroolraad verskyn.

Barry, Reeva se pa, kon weens swak gesondheid nie Vrydagoggend die paroolverhoor bywoon nie.

Pistorius het Reeva in die vroeë oggendure van Valentynsdag in 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet toe hy vier skote deur ʼn badkamerdeur gevuur het.

Hy het egter ontken dat hy haar doelbewus om die lewe gebring het en hou vol dat hy Reeva op daardie noodlottige nag vir ʼn inbreker aangesien het.

Pistorius, nou 36 jaar oud, het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 13 jaar tronkstraf uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Schalk ·

Nou ja, dit laat my aan n ou gesegde dink. “Before you embark on a journey of revenge, dig two graves” Ek dink dit is heeltemal van toepassing hier.

Nommer 7 ·

Schalk, daar is geen aanduiding dat die paroolraad wraak wil neem nie. Alle parool word op feite besluit.

LIEZL ·

As hy wel parool gekry het, dan sou daar chaos heers van al die ander wat in die tronk is weens moord.

kommentaar ·

Nonsense! As jy soveel van jou vonnis uitgedien het kom jy op grond van ander aspekte in aanmerking vir parool. June gaan hierdie donkie ry tot syself dood neerslaan

Harley Davidson ·

En wat is u teorie oor Thabo Bester en die politieke “leiers wat ook skuldig bevind is maar nog nooit die tronk gesien het nie .

Corne123 ·

so draai die wil net altyd gedink hy was nalatig of dit nou n boef was of nie die wapen wet se duidelik wees seker voor jy skiet

piet ·

Ek verstaan nie hoe hooggeleerde mense nie ‘n eenvoudige berekingsom kan maak nie. Die punt is hy het eintlik oplaas toe die voorgeskrewe minimumvonnis van 15 jaar gekry vir moord maar dis verminder na 13 jaar om rede hy reeds 2 jaar in die tronk was. Dis soos ek dit verstaan. Soos ek dit verstaan het hy ook reeds meer as die helfte van die 15 jaar in die tronk deurgebring so dit maak vir my nou glad nie sin nie.

piet ·

Die hele storie is ‘n deurmekaar gemors vanaf ‘n verhoorregter wat nie weet hoe om die reg korrek toe te pas nie tot onsekerheid oor hoe lank hy al in die tronk gesit het en of al die dae wat hy reeds in die tronk deurgebring het, moet tel. Belaglike situasie en ek dink die wereld lag nou vir ons regstelsel.

Cherokee ·

Herman, haar ouers se hartseer is tragies en uitgerek. Ek hoop en wens God skep verligting.

Human ·

En waar doen Reeva se ouers aansoek om hulle dogter se lewe terug tekry?

Kobus ·

Al die Oscar haters………….indien julle nog groen koring op die land het hoop en vertrou ek dat julle kinders nooit in so ‘n situasie sal kom nie. Niemand is van ‘n oomblik van swakheid vrygestel nie. Ek kies nie kant. Die reg moet sy gang gaan, maar die wat in glashuise bly…..

Petra Thelma ·

Dit bly n tragedie waarin vele se lewens nooit weer dieselfde sal wees nie.
Daar word van ons verwag om te vergewe nes ons vergewe word.
Ek glo dat die huidige toedrag van sake niemand ten goede is nie.

Minnie ·

Reg so. Hy moet sit totdat hy kan ophou lieg.
Niemand wat gemaklik voel in n huis sal twee selfone toilet toe vat, 3.00 in die oggend EN die deur sluit nie.
Hy moes lewenslank gekry het.

Poppi ·

Jip ek stem, hy het nooit seker gemaak sy is veilig langs hom in die bed toe hy “iemand” gehoor het in die huis , en daarna die vuurwapen aan haar kant gekry het en haar weer verseker daar is iemand in die huis bly hier ek gaan ondersoek instel, bel die polisie.
Dit is tog die eerste ding wat mens doen as jy iets vreemds hoor in jou huis jy maak die persoon langs jou wakker.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat sal jy sê indien dit jou dogter was? Was dit my dogter was ek nou in die tronk.

Harley Davidson ·

Dit is nie regverdig nie ,die steenkamps gaan nie deur moedswillig te wees Reeva terugkry nie laat hom vry.

Casper ·

Hier is uiteenlopende menings gehuldig,maar wraak kom die mens nie toe nie.June kan nou seker kraai van lekker kry maar een of ander tyd gaan Oscar parool kry en wat gaan sy dan doen want haar kind gaan nie terug kom nie.Jammer Oscar,wees sterk en dien jou vonnis uit.

Truth2bfree ·

UNFORGIVENESS is HATRED.
Which leave you eating the root of BITTERNESS.
BITTERNESS is a disease that leads to brokenness in body & spirit.
Only Forgiveness will set you free from the bondage of bitterness.

Pietie ·

Mense is nou eenmaal onvergewingsgesind, vergewe nie maklik nie.

Hennie Biebouw ·

Uitstekende nuus. Hy hoort agter tralies, net soos elke ander veroordeelde moordenaar in Suid-Afrika.

Gert ·

Haar kind is nou net bene in n hout kis weens sy kamma foutjie.

Blikke ·

Die man moet maar sy pak vat….bedjie gemaak….bedjie slaap…..

Gert ·

Indien hy geen ikoon status gehad het nie sou elkeen meer nugter geoordeel het oor wat met n man moet gebeur wat n onskuldige vrou vermoor. Niemand sal dan omdraai en die ouers verkwalik oor hul bitterheid oor wat met hul dogter gebeur het nie.

Maritha ·

Niemand kan eintlik iets sê as jou eie kind nie deel is of was van so ń tragedie nie. Hy het haar geskiet, hy moet sy straf uitdien. Haar ouers is seer en stukkend verby, maar moet vergewe. So ook dalk hulself omdat daar baie rooi ligte was en hulle dalk voel, hulle het haar nie beskerm nie. Ons kan niemand oordeel nie. Ek hoop net dat almal wat hier so baie kritiek het vir albei partye se kinders is nooit in so ń situasie nie. Ek sou dalk die mens wat my kind seermaak self wou vermoor.

Milestone ·

Ek stem saam met jou. Hierdie saak het net verloorders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.