Oud-Springbok, vriende aangeval en beroof

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Port Alfred in die Oos-Kaap is op soek na vier mans wat ‘n voormalige Springbok-rugbyspeler en twee van sy vriende die naweek aangeval en beroof het.

Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, sê die vier verdagtes het omstreeks 22:00 Saterdagaand toegang gekry tot ‘n huis in Anglersweg waar Gerrie Sonnekus (61) en twee van sy vriende oornag het.

Mjekula sê die verdagtes het Sonnekus en twee van sy vriende, onderskeidelik 60 en 63 jaar oud, vasgebind waarna hulle met selfone, alkohol en ‘n onbekende bedrag kontant gevlug het.

Mjekula sê Sonnekus en sy vriende het verskeie beserings opgedoen waaronder steekwonde. Volgens Mjekula is twee van hulle na die aanval na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling en is een persoon later na ‘n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas.

“Die slagoffer wat in die plaaslike hospitaal opgeneem is, is glo reeds ontslaan en het volgens berigte reeds teruggekeer na die Vrystaat.”

Mjekula sê daar is vasgestel dat Sonnekus en die twee vriende op ‘n visvang-wegbreek was in Port Alfred. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en twee sake van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

En so gaan dit net aan-en-aan-en-aan-en-aan!!!

Ja, ons is nêrens meer veilig nie. Nie eens as jy met vakansie of vir ‘n nag weggaan nie.

Dit sal nooit ophou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.