Die voormalige slot vir Transvaal en Noord-Transvaal Barend Britz is dood ná hy Donderdagaand by sy kroeg in Perpignan, Frankryk, aangeval is.
Volgens France Bleu het die 63-jarige Britz met sy aankoms by ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.
Die aanvaller het na bewering omstreeks 21:00 die Bar and Britz-kroeg betree, ʼn paar stoele rondgeslinger en ruite gebreek voor hy Britz aangeval en verskeie kere oor die kop geslaan het. Britz wou by die situasie ingryp toe hy aangeval is, aldus lindependant.fr.
ʼn 30-jarige verdagte is later deur die polisie in hegtenis geneem. Die man se twee vriende was ook in aanhouding, maar hulle was nie betrokke by die gewelddadige aanval nie. Die verdagte is vantevore op verskeie aanklagte, waaronder dwelmgebruik, aangekla. Volgens ‘n staatsaanklaer is hy ‘n gewoontemisdadiger, berig France Bleu.
Britz het in die 1980’s vir Transvaal (Goue Leeus) en die Noord-Transvaal (Blou Bulle) gespeel voor hy na Frankryk verhuis en ʼn hele paar jaar vir Perpignan gespeel het, berig SA Rugby.
Hy het in 1996 as rugbyspeler uitgetree.
Hy sou op 14 Desember sy 64ste verjaarsdag gevier het.
Des bougies ce matin à Perpignan devant le Bar and Britz après la mort de Barend Britz, tenancier et ex-joueur de l'USAP, roué de coups hier soir.https://t.co/Z7anM3MUxz pic.twitter.com/8IXq4bR8i9
— France Bleu Roussillon (@bleuroussillon) December 7, 2018
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Die skuldiges is gevang hier kom die meeste weg
Sterkte!
Lyk vir my in ander lande gaan dit maar net so sleg. Mens hoor net nie altyd daarvan nie!
Wel op die oomblik is die yellow west ouens die gevaarlikste in Frankryk
Die land is in n groot gemors met Macron as leier en ons weet nie naastenby van al die geweld en moorde wat in Frankryk gebeur nie.
Wat van die Yellow Vest ouens Francois?
Parys lyk nie goed nie en hulle beplan nou om in Belgie en ander lande ook na vore te kom. Alles in Europa. Frankryk het die voortou geneem nie waar nie?