Oudweermaglid wat vrou in verkeer skiet, swaar gestraf

‘n Verligte Carine van Staden buite die hof waar Jacob Marakalla 18 jaar tronkstraf opgelê is. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die voormalige weermagkorporaal wat Carine van Staden in Augustus 2017 ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer geskiet het, is ná meer as vier jaar gevonnis en sal lank agter tralies deurbring.

Jacob Marakalla (38) is Dinsdag tot 18 jaar direkte tronkstraf in die Pretoria-Noord-streekhof gevonnis.

Carine van Staden het ná afloop van die vonnis vir Maroela Media gesê sy is tevrede.

Landdros Piet Nel het Marakalla 12 jaar tronkstraf opgelê vir die aanklagte van poging tot moord, twee jaar tronkstraf vir die rig van ʼn vuurwapen, twee jaar tronkstraf vir roekelose of nalatige bestuur en nog twee jaar tronkstraf vir die versuim om hulp op ʼn ongelukstoneel te verleen.

“Die beskuldigde se optrede was blatant, vinnig en onnodig. Hy het nie aan die nagevolge gedink [toe hy geskiet het] nie,” het Nel vanmiddag gedurende vonnisoplegging gesê.

Maroela Media het destyds berig Van Staden is geskiet toe sy en haar verloofde, Johan Harmse, van Daspoort op sy motorfiets op pad was na vriende in Montana in die noorde van Pretoria.

Die verdediging het vanoggend by die hof gepleit vir ʼn opgeskorte vonnis met gemeenskapsdiens. Die staat het daarteen geskop en aangevoer dat direkte tronkstraf die enigste gepaste vonnis sal wees.

Nel het hiermee saamgestem.

Carine van Staden omhels haar verloofde, Johan Harmse, ná die vonnis. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Elkeen van die aanklagte is van ʼn baie ernstige aard en regverdig ʼn streng vonnis,” het Nel gesê.

Staatsaanklaer Hanlie du Preez het in die hof daarop gewys dat voorvalle van dié aard ʼn “uitkring-effek” inhou aangesien dit verreikende en blywende gevolge vir albei partye én hul naaste familie inhou.

Du Preez het daarop gewys dat Van Staden vóór die skietvoorval ʼn kranige atleet was wat aan skopboks deelgeneem het. Van Staden is weens die skoot in haar bors egter nie meer in staat om die sportsoort te beoefen nie en verkeer steeds in pyn wanneer sy hoes. Sy is ook weens haar gesondheid nie in staat om te werk nie en sukkel met angs sedert die voorval.

“Ons lewe in ʼn era waar geweld gebruik word om probleme met verwoestende gevolge op te los … Gemeenskappe verwag van die howe om streng vonnisse op te lê vir oortredings soos hierdie.”

Vusi Siwela, Marakalla se regsverteenwoordiger, het op sy beurt toegegee dat sy kliënt ʼn ernstige oortreding begaan het. Hy het met Van Staden gesimpatiseer.

Jacob Marakalla (regs) en sy regsverteenwoordiger, Vusi Siwela, wag tydens ‘n vorige verskyning vir die hofverrigtinge om te begin. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Maar sy moet ook hieruit leer en verantwoordelikheid neem,” het Siwela gesê met verwysing dat Van Staden vir Marakalla by sy motorvenster gekonfronteer het.

Nel het gedurende die oplê van Marakalla se vonnis gesê die betrokke saak is nie ʼn siviele saak waar die slagoffer se optrede minder aanspreeklikheid vir die oortreder inhou nie.

ʼn Verligte Van Staden het ná die vonnisoplegging aan Maroela Media gesê sy is tevrede met die vonnis en voel geregtigheid het geskied.

“Ek het gehoop vir ʼn bietjie meer, maar dis oukei.”

Van Staden het reeds ʼn siviele saak teen Marakalla aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JohanR ·

Ek is ook al by my motorvenster gekonfronteer, maar het nie ‘n geweer uit ge pluk en ‘n skoot af gevuur nie. Gaan sit my maat.

tweeling ·

Fantasties, jou arrogansie het jou ingehaal meneer. Die wiel draai altyd, stadig, maar hy draai.

Nie Verbaas ·

Wonder wat dink die “onaantasbare” nou oor sy arrogante optrede? Kry vir jou meneer. Mag die ander gevangenes jou geniet.

Net ek ·

Geniet die oorwinning en vonnis oplegging vir nou en bly geregtigheid het geskied.
Maar tipies aan SA en die politiek in die land sal die oud weermag korporaal seker ook die Zuma en Shaik streek trek en siek speel net om oor ‘n maand op mediese parool uit te kom. Hulle sal dan seker almal saam golf speel……

Misky ·

Wonderlike nuus en bly vir jou Carine.

Hoop die vent se ander sake word nie nou onder die mat ingevee nie. Die meneer is ook mos betrek by diefstal, motorkaping en baie ernstige misdade. Hoe is hy ooit in die weermag toegelaat?

Di ·

Maklik – Hoe groter jou kriminele rekord, hoe beter kans het jy om in die SAPS of SA Weermag aangestel te word, dis amper soos ‘n vereiste!

Di ·

Vir seker! “Our people” mag mos nie tronkstraf kry nie, hulle is mos previously disadvantaged

Corne123 ·

Ag asb tog so as n smouse aan jou venster staan skiet jy hom sommer dit mos nou n belaglike redenasie van by venster gekonfronteer. Nee wat ek ook bly gaan sit maar en vat jou straf soos n man

Elinette ·

Ek sien hier is weer ‘n libtard op die blad, vandaar al die “afduimpies”.

Toy ·

In die tronk gaan sy arrogansie ook hom nerens bring, want daar is ander manne wat dit nie sal duld nie.

Deon ·

Tipies, wil die slagoffer die skuldige maak. Hy moet maar sy pak vat, dis in elk geval net 6 jaar

Boerseun007 ·

Net die feit dat hy dink hy die reg gehad om iemand te skiet, sy lewe was nou wragtig nie in gevaar nie. Jacob dink hy is verhewe bo die gewoone burger. Doodstarf sou volgens my baie meer regverdig gewees het.

AmY ·

Nee dis nie okay nie. 18 jaar is NIE OKAY NIE! Dis te min!!!
Was daar lede van daai vroueliga teenwoordig gewees?

AW ·

Tyd sal leer of hy wel sal sit en vir hoe lank.

Onthou, hy mag apêl aan teken….

ES ·

Jy is reg, maar al wat in die appelhof gebeur is dat hulle na al die bewyse van voor af kyk en besluit of die regter se besluit regverdig was. Nuwe getuienes of versagtende omstandighede word nie in aanmerking geneem nie. Oscar het dit probeer, toe verander die appelhof sy vonnis van strafbare manslag na moord. Dit werk nie altyd in jou guns nie.

Pietertjie ·

12 jaar? Hy kan ná twee jaar weer terug op straat wees. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

tweeling ·

Nie waar nie, dit is direkte gevangenis (nie gelyklopend) straf wat beteken die totale jare word uitgedien

Richard ·

Wonderlik. Maar hy sal seker uit wees op mediese parool na 3 maande, soos wat dinge gaan in hierdie piesangrepubliek.

Erika ·

So sekeres wil doen wat hulle lus kry..met support -En jy wat geviktimiseerd word moet leer daaruit asof jy verkeerd was om jou self te verdedig

ES ·

Ek is bly hierdie is afgehandel vir haar onthalwe. Die hof kon maklik ‘n ligter vonnis toegedien het, maar gelukkig het regter Nel nie geval vir die “opgeskorte vonnis met gemeenskapsdiens” nie. Ek onthou van klomp berigte dat die oud-Kolonel nog arrogant ook was, so dit dien is goeie bewyse van sy karakter.

Waarnemer ·

Moenie worry nie ou Jacob,18 jaar in vandag se terme beteken eintlik net 3 maande,en as jy jou boeties(scabir en Zuma) se slim idees volg,speel terminaal siek,dan sit jy net 2 weke.

Elinette ·

UITEINDELIK!!!!!!!!!!!!!!! Ek het gedink hierdie saak gaan ook maar, soos baie strafregtelike sake waar die oortreder swart is en die slagoffer blank is, onder die mat ingevee word. Maar natuurlik gaan die swaap nou seker appèl aanteken. Ons sal maar sien of hy régtig tronk toe gaan. Kyk wat het met Zuma gebeur – kwalik tronk toe gestuur, toe word hy op “mediese parool” vrygelaat … en steeds weet g’n mens wat hom makeer nie.

christo ·

Hy sal sekerlik appelleer, want dis ‘n wit landdros asook aanklaer en sal aanvoer dat hy ‘n ‘n onregverdig verhoor gehad het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.