Pa dood na mans op hom en seuns losbrand

Die toneel is deur die polisie afgesper (Foto: Verskaf)

’n Man (in sy 60’s) is Maandag dood toe ’n groep mans op hom en sy twee seuns in Bronkhorstspruit in Gauteng losgebrand het.

Vasti Mills, koördineerder van die Bronkhorstspruit-veiligheidinligtingsnetwerk (BVIN), sê die pa en sy seuns was glo deur ’n verdagte voertuig agtervolg van sy groothandelwinkel in Lanhamstraat in Bronkhorstspruit na die huis van een van die seuns waar hulle dié seun sou aflaai.

“Toe hulle by die seun se huis stilhou, het ’n wit Audi A4 agter hul voertuig gestop. Die insittendes van die voertuig het uitgeklim en op die pa en seuns begin skiet,” vertel Mills.

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, woordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, was daar vier mans in die Audi. Hulle het na die skietery van die toneel gevlug.

“Die pa en een van die seuns is raakgeskiet en na ’n hospitaal in Pretoria geneem. Die ander seun het ongedeerd van die voorval afgekom.”

Die pa het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Die gewonde seun is steeds in die hospitaal. ’n Lid van die AfriForum-buurtwag sê die seun is in sy skouer geskiet.

Ramovha sê ’n saak van moord en twee sake van poging tot moord word ondersoek.

“Die rede vir die skietvoorval en moord is in hierdie stadium nog onbekend.”

Niemand is tot dusver in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Ons mense gaan nog lang trane huil net omdat ons nie wil standpunt in neem nie. Die ANC kommuniste is n klomp terroriste hulle is deek van al die plaas aan valle en moorde op ons burgers

Androclus ·

Het hierdie mense dan nie gevoelens nie of kan hulle nie dink hulle breek ander se harte nie.Yoh

Hercules ·

dit gebeur agv grootBek Chillies se uitsprake en elke druppel bloed sal van hom geëis word!!

ES ·

Lyk vir my of dit iemand is wat kompetisie wou “uitwis”. Baie tragies.

Sterkte aan hul naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.