Paartjie saam met Amerikaanse vriend op N4 beroof

N4-weegbrug buite Mooinooi, Noordwes (Foto verskaf aan Maroela Media)

“Toe hy die geweer oorhaal, het ek besef ek kan nie nou enige kanse waag nie. Ek het my hande in die lug gegooi en oorgegee.”

Só vertel ʼn 26-jarige man van Ladybrand in die Vrystaat wat anoniem wil bly. Hy, sy meisie (22) en hul Amerikaanse vriend (40) is Sondagoggend op die N4-hoofweg digby Brits oorval en beroof.

Die drie was Sondag omstreeks 02:00 op pad na die 22-jarige vrou se huis in Roodepoort, nadat hulle by familie op Mooinooi gebraai het. Die vrou het bestuur en té laat die skerp klippe in die pad sien lê. Die voertuig se motorband het die klippe getref en gebars.

“Ek het vir my meisie gesê sy moet nie dadelik stop nie. Ons het so ʼn kilometer aangery waar ons toe gestop het om die wiel om te ruil. Ek het vir my meisie gesê om in die voertuig te bly, in eerste rat te sit en weg te jaag indien iets gebeur,” vertel die man.

Die man was besig om die spaarwiel uit die kattebak te haal toe die vrou skielik skree: “Hy’s hier!”

“Ewe skielik staan die aanvaller sowat twee meter aan my linkerkant met ’n vuurwapen in sy hand. Ek het die spaarwiel neergegooi en in die aanvaller se rigting geloop. Ek het twee treë in sy rigting gegee toe hy die geweer oorhaal. Ek het toe vir hom gesê ons sal loop.” Sy Amerikaanse vriend het toe reeds die pad gevat.

Die man en die vrou het ook so vinnig moontlik probeer wegkom en al drie het sowat ’n kilometer verder in die bome langs die pad gaan wegkruip. Die vrou het haar selfoon by haar gehad en hul familie op Mooinooi gebel om te help.

Die man het Dinsdagoggend aan Maroela Media vertel hulle het ’n verklaring by die polisiekantoor in Brits afgelê. Sowat R150 000 se goedere is gesteel, insluitend selfone, ’n kamera, 3 000 dollar in kontant, die Amerikaner se paspoort en identiteitsdokument, beursies en ’n sonbril ter waarde van R3 000. Die polisie ondersoek tans die saak.

Dit is onduidelik of daar nog aanvallers was behalwe die een wat hulle teëgekom het.

Die man sê sy Amerikaanse vriend is erg getraumatiseer. “Hy is glad nie gewoond aan goed soos dié nie.”

Die Amerikaanse vriend moes ’n tydelike paspoort gaan kry om weer te kan terugkeer huis toe. “My vriend het Vrydagaand geland om by ons te kuier, maar hy is nou reeds besig om sy vliegtuigkaartjie terug Amerika toe te bespreek. Hy was geskok oor die voorval. Maar hy het tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika en ons kultuur vir hom só mooi is dat een slegte gebeurtenis hom nie gaan afsit nie.”

Die polisie van Brits het aan die man bevestig dat soortgelyke voorvalle reeds drie keer dié week aangemeld is. Maroela Media het verlede jaar in Mei berig oor ’n vrou wat ook op die N4-hoofweg naby Onderstepoort verkrag en beroof is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

As die polisie weet dit is die derde geval in een week waarom patrolleer hulle nie die snelweg nie. Sit eerder onder die koeltebome en kentucky eet

Alta Enslin ·

Ek verstaan ook nie, môre is daar seker ‘n bord opgerig “High Crime Area”. En dan was hulle hulle hande in onskuld, want jy is mos gewaarsku!!!

Mariaan ·

In ons land hoort jy nie meer 2uur die oggend op enige pad nie…ongelukkig feite…dan wemel dit daar buite vd kriminele..dis SA

Worsie ·

Vir sommiges is dit moeilik om te begrip ???? as die son sak moet jy agter jou tralies wees

Willie ·

SAPD is useless om die minste te se… Mens moet jou vuurwapen by jou he, en op gereedheids grondslag wees…

Anoniem ·

Hierdie lands Suid Afrika is ons self voor bang, bang om te gaan uiteet, bang om mens self te geniet, so ons bly maar agter geslote deure. Mense wil nie meer in ons land kom kuier en die mooigeid sien nie – want hulle is net bang hulle word onnatuurlik behandel en dit is juis wat nou gebeur.

Julian ·

So die polisie weet van die voorvalle maar patroleer nie die pad nie.

Erica roos ·

Net soos met my seun in Sept laas jaar wat hulle n stuk cementblok van die brug bo-op hulle bakkie gegooi het en hulle lewens vir altyd verander het, het hulle ook gese dit gebeur ten minste een maal per week maar tot nou toe het niks verander dit gebeur nog steeds omtrent nou elke week, en snaaks niemand word ooit aangekeer want saps is te lui om ekstra werk te doen of uit hulle pad te gaan

Annelize ·

Helder oordag is jy jou lewe nie seker op daai pad as jou voertuig daar onklaar raak nie, wat nog te se 2uur in die more.

Ek wys nie vinger na die slagoffers toe nie, maar mense, hierdie is Suid Afrika, as die son begin sak, sorg jy dat alles en almal agter slot en grendel is, laat die Pitbulle en Rotweillers los, en sorg jy dat jy nie op ‘n pad hoef te wees nie.

Daardie pad is berug vir voorwerpe van die brue afgooi, of goed in die pad los laat jy dit moet raakry. As ons op die N4 ry lyk ek soos ‘n mal ding op die voorste sitplek langs my man, soos ek die brue, die pad se oppervlak en die bosse dophou.

woedend ·

Jammer dat SAPS nie hierdie kommentare lees nie! Is dit nie moontlik om dit onder die useless lot se aandag te bring nie!

Johan ·

En dis wasrom ek op my voertuie (almal “hoogloop” 4X2 bakkies en 4X4’s) goeie gehalte (wel duur) “all terrain of mud-terrain” bande opsit! Weens die sterker kostruksie van die band, en lekker dik loopvlak, kan ek met ‘n gerusde hart in die nag oor die klippe ry sonder die vrees van ‘n pap wiel. En indien dit nie werk nie, dra ek altyd ‘n .38 Special by my met spaar patrone…

Nugter ·

Jammer, maar die polisie kan nie oral wees nie, dit is onmoontlik. Die slagoffers behoort te weet dat jy nie na donker op die pad moet wees nie, en dit nogal 2h00, jy woon in SA.

Penellope Jones ·

Soos die spreekwoord lui: “Soos ‘n dief in die nag” . . . . .

wanneer ·

Wanneer gaan jy leer om op te hou om die slagoffers die skuldiges te maak. Hierdie is nie normaal nie. Julle is nou reeds so gekondisioneer dat julle maak net soos die polisie – gooi handdoek in en verkwalik die slagoffer dat hy in hierdie land nog probeer leef in plaas van net bestaan, en straf dan die slagoffer eerder as die misdadiger. Julle wat die slagoffer so veroordeel kan netsowel vir die polisie gaan werk – voëls van eenderse vere!

*** ·

Jac wanneer jy self n slagoffer word hoop ek jy kry die selfde reaksie van mense af dalk verander jou siening oor dit, die polisie is veronderstel om hulle werk te doen of gan jy vir jou res van jou lewe n kluisenaar wees. Dit gebeur helder oor dag enige oomblik en tyd van die dag en nag nie net 2 uur in die oggend nie.

Hasie ·

R150 000?? jy moet ook nie al jou besittings saam neem as jy gaan braai nie. Of was dit die vleis wat oorgebly het?

Matilda ·

Dit is ni veronderstel om so te wees nie punt…. Of j nou in die nag ry of die dag ry jy is net nie meer veilig in Suid Afrika nie. Jou eie huis is nie eers meer veilig nie.

AndrewL ·

Dit raak tyd om veral saans gereed te wees, nie wegkruip en dink dit gaan beter word nie.

Werner ·

Maar GFSA se dan wapen amnestie is so suksesvol gaan seker sy wapen inhandig net voor die tydperk verstreke is dan kan ons weer met oop deure en vensters slaap

aj ·

Die slagoffers het hulle lewens te danke daaraan dat hulle weggehardloop het.

Anders was hulle dood … lyke kan nie hofsake maak nie.

LK ·

kom ek vertel vir julle hier tussen Brakpan en Springs is die “ou” Verre Oosrand hospitaal in ‘n bewoonde gebied. Gladnie ‘n besige pad nie. Daar is ‘n vierrigting stop. Ek stop en om die hoek staan 5 (VYF) Metro polisiemanne. die een windgat se vir my ek het NIE gestop nie!!! Ek se het HET en ons stry hoor. toe vra hy my bestuurslisensie. ek gee dit vir hom maar toe is ek warm hoor. Vyf by ‘n klein stop straat bid jou aaan. wat sou gebeur het as al vyf teen my sou draai, ek sou nie ‘n kans gehad het nie. Ek dink geen land kan vie enige buitelander soos die Amerikaner kan nog dink om weer SA te besoek nie. Jammer daai een is dik vir ‘n dollar. Dink hy jaag die vlieenier aan om hier uit te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.