Padsterftes ‘steeds te hoog’

Foto bloot ter illustrasie. (Kevin Gessner via Wikimedia Commons)

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het die afname in padsterftes verwelkom, maar sê die getalle is steeds te hoog en dit verg dringende ingryping.

Vervoerminister Fikile Mbalula het Dinsdag aangekondig dat die padsterftes vir die periode van 1 Desember 2022 tot 11 Januarie 2023 met 13% afgeneem het in vergelyking met dieselfde periode 2021/2022. Altesaam 1 451 sterftes is op die land se paaie aangemeld.

“Daar is egter sekere kommerwekkende elemente oor die getalle,” sê die AA. “Eerstens is die getal sterftes wat deur die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) vir 2021/2022 aangemeld is, 1 808 – nie 1 685 nie. Dit laat dus vrae ontstaan oor die akkuraatheid van die algehele syfers – ʼn kwessie wat ons al vantevore aangeroer het.

“Tweedens is die syfer van 1 451 eenvoudig steeds te hoog en kan nie beskou word as ʼn verbetering in padveiligheid nie.”

Die AA sê hy bly besorg dat wetstoepassing op seisoenale veldtogte gefokus bly – veral tydens Paasnaweek en die Kersgety, in plaas daarvan dat beamptes deur die loop van die jaar ewe sigbaar is.

“Alhoewel die regering daarop wys dat padongelukke die ekonomie jaarliks byna R2 miljard kos, word daar nie genoeg gedoen om die situasie te verbeter nie. Ons loof die toewyding van beamptes landswyd, veral tydens spitstye, maar ʼn verhoging in finansiering en hulpbronne is noodsaaklik om ʼn beduidende afname in padsterftes en ongelukke te verseker.”

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het ook die afname in sy provinsie verwelkom.

“Ons pogings tot wetstoepassing en om seker te maak dat padgebruikers verantwoordelik optree, werp vrug af,” het hy gesê.

Met die groot toestroming van besoekers na en van die provinsie is alle hulpbronne wat vir die provinsiale regering en die departement van mobiliteit beskikbaar is, ontplooi.

Sterftes in die Wes-Kaap het van 207 (die vorige feesgety) afgeneem na 131 oor dieselfde periode. “Dit is die grootste afname in die land. Maar een lewe wat op ons paaie verlore is, is een lewe te veel. My innige meegevoel aan die families en geliefdes van al die slagoffers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Leer die sekeres om reëls na te kom en verifier hulle lisensies dan sal dit beter gaan. Leer hulle sommer om afstandte skat ook.

Belinda ·

Wel as die paaie in stand gehou word sal dit ook baie help. Mens moet so uitswaai soms in die ander baan net om dit te vermy….

Papsak ·

Daar te veel LUR maak hulle minder en ja ek stem leer hulle om afstand te kan meet want hulle kan nie wat nog bestuur baie kan bestuur nie en daar sal minder ongelukke wees

Danie ·

Onbekwame bestuurders en die slaggate is n kommerwekende kombinasie.

Lillian ·

Jaag duiwels, drank en ongeduld. .. Die grootste sondebokke

Nico ·

Wat beteken die rooi L op ‘n voertuig daardie mense het glad nie genoeg van die padreëls en hoe om op die ooppad te bestuur nie, haal die sekere vragmotor bestuurders van die pad af. Te veel van die sekeres het gekoopte en vervalsde bestuurs lisensies. Leer die pad verbruiker wat is die volg afstand wat wel in K53 geleer word, ‘n sekere groep bestuurders kan nie afstand skat nie, daar is ook blankes wat dit nie weet nie, waar is die verkeers beamptes wat onder ‘n boom sit en KFC eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.