13% minder padsterftes tydens feesseisoen

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Minder padsterftes is die afgelope feesseisoen op Suid-Afrika se paaie aangeteken, maar die regering is tog bekommerd oor die getal voetgangers wat hul lewe verloor het.

Altesaam 1 451 mense het die afgelope feesseisoen (1 Desember tot 11 Januarie) op die land se paaie omgekom. Dit is 13% minder vergeleke met die syfers van die vorige feesseisoen toe 1 685 padsterftes aangemeld is.

Sowat 6,5 % minder noodlottige botsings (1 211) is ook in die 2022/’23-seisoen aangemeld.

Altesaam 41% van die afgelope feesseisoen se padsterftes was egter voetgangers. Dit is 10% meer as in die 2021/’22-feesseisoen.

Minder voertuigbestuurders (-28%), passasiers (-7%) en fietsryers (-1%) is dood vergeleke met die vorige jaar se feesseisoen.

Fikile Mbalula Dinsdag tydens die mediakonferensie. (Foto: Twitter)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê die meeste van die afgelope feesseisoen se padsterftes het gedurende die week van 15 en 21 Desember (327) en die week van 22 tot 28 Desember (316) plaasgevind.

Die meeste padongelukke het tussen 17:00 en 22:00 plaasgevind – veral op Vrydae, Saterdae en Sondae, het die minister vanmiddag verduidelik.

Ongelukke, padblokkades en inhegtenisnemings

Ligte motorvoertuie was by die meerderheid noodlottige ongelukke die afgelope feesseisoen betrokke (39%), gevolg deur ligte afleweringsvoertuie (16%), minibusse (7%) en vragmotors (4%).

Altesame 474 padblokkades is gedurende hierdie tyd uitgevoer en meer as 1,3 miljoen voertuie is voorgekeer en deursoek. Meer as 255 000 motoriste het in die proses kennisgewings ontvang dat hul die Verkeerswet oortree het.

Meer as 3 600 is in hegtenis geneem, van wie 947 vir beweerde dronkbestuur. Een van dié beweerde oortreders se alkoholvlak was glo 16,6 keer meer as die wettige limiet.

Een motoris in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy teen ʼn spoed van 238 km/h op die N1 gejaag het en in Centurion voorgekeer is. Hy is intussen op borgtog van R1 000 vrygelaat. ʼn Ander motoris is naby Bronkhorstspruit in hegtenis geneem nadat hy of sy 233 km/h op die N4 gejaag het.

Dié motoris is borgtog van R1 200 toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elize ·

13% Minder omdat 75% meer mense tuis was en te arm om op vakansie te gaan. Die ouens by die see het gekanselleer omdat hulle nie in riool wou rondswem nie.

Johan ·

Met watter tipe voertuie ry ‘n mens 230+ km/uur?
Om borgtog van R1000 toe te staan is myns insiens belaglik! Dit is geén afskrikmiddel nie!

marius ·

Verduidelik hoekom doen jy nie iets aan die belaglike bedrae borg wat toegestaan word nie ou bul . Hoeveel van hierdie padsterftes was as gevolg van botsings reg van voor . Te bang om statistiek deur te gee?

Vriendelike Frikkie ·

Moeilik om te glo van die 16.6 keer alkohol vlak. Dit impliseer die persoon het 0.83% alkohol in sy bloed gehad. 0.4% en hoër is fataal. Was die persoon oorlede?

Stofdonkie ·

Hy moet eintlikk gestuur word dat hulle navorsing doen op hom, want om met daardie alhohol-vlakke te kan asemhaal is by dit self ‘n wonderwerk

SwartBees ·

Aliens het navorsing op hom gedoen, daai keer toe hy abduct was. Need I say more.

SwartBees ·

Volgens berigte was daar meer verdrinkings as ongelukke.

Shakespeare ·

Minder sterftes omdat die diaboliese ANC/EFF vakansies ook gekaap het. Bittermin mense kan vakansies bekostig en jou veiligheid op die pad is uiters kommerwekkend. Kriminele en barbare word deur die gawwermint beskerm en ons regstelsel is n siek grap.

Eugene ·

Wat n’ skok. 1,451 mense dood in die feestyd. Daai drywer se alkol vlak was 16 Keer meer as wat wet toelaat. Tronk toe met hom gooi sleutel innie see. Die minister van vervoer moet bekend maak hoeveel swartes en hoeveel blankes motoriste het ongelukke veroorsaak.

Elma ·

Onakkurate refleksie! Neem eers in ag hoe min mense wel op vakansie KON gaan vergeleke met vorige jare. Weens belaglike kospryse, petrolpryse, besighede wat in die hek duik agv beurtkrag ens. voor julle sê dis 13% laer. Ander faktore dra by dat dit waarskynlik veel hoër is as vorige jare. Vra asb vir dom-pille vir volgende kersfees. as jy kan kry.

Chris ·

Gee vir ons meer perspektief – hoeveel mense kon bekostig om op die pad te wees met die verhoogte brandstof teenoor padsterftes, vergeleke met die hoeveelheid mense op die pad in vorige jare.

pietere ·

As 41% van die sterftes voetgangers is dan kan mens maar net weer en weer vra hoevel van die ander ongelukke is nie deur voetgangers veroorsaak nie!

Anje ·

Daar is minder pad sterftes want daar is seker minder menae op die pad. Met die stygende kostes rondom ons kan minder mense bekostig om op vakansie te gaan nie. Sal ook fantasties wees as daar padblokades en verkeersoffisiere op die pad is op n normale dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.