Pampoenkraal-beskuldigdes pleit onskuldig

Argieffoto van Daniel Cornelis Malan, Cornelius Lourens Greyling, Zenzele Mzikayise Patric Yende, Othard Johann Klingenberg en Ignatius Michael Steynberg in 2021 in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die sewe mans wat op die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moord op die plaas Pampoenkraal in die omgewing van Piet Retief in Mpumalanga teregstaan, het vandeesweek in die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga begin.

Die mans het almal Maandag onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Daniel Cornelius Malan, Cornelius Lourens Greyling, Othard Johan Klingenberg, Ignatius Michael Steynberg, Zenzele Mzikayise Patrick Yende, Andries Pienaar en Werner Potgieter staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering, dwarsboming van die gereg en die oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens.

Die verhoor duur Dinsdag voort.

Honderde betogers het ná die Coka-broers se dood in April 2021 na Piet Retief opgeruk tydens die aanhoor van die beskuldigdes se borgtogaansoek.

Die broers is op 9 April 2021 tydens ʼn voorval op die plaas Pampoenkraal in die omgewing van Dirkiesdorp doodgeskiet nadat ʼn groep betogers op die noodlottige dag plaaswerkers geïntimideer en aangerand het. Verskeie boere het hulle die dag na die plaas gehaas om die plaaswerkers by te staan.

Die betogers het glo aggressief voorgekom en het boere wat op die toneel gereageer het met onder meer stokke aangeval. Verskeie boere is ook in die voorval beseer.

Maroela Media het destyds berig in ʼn video-opname van die gebeure wat die noodlottige skietery voorafgegaan het, blyk dit egter dat die boere nie aggressief opgetree het, soos die staat beweer nie.

Die beeldmateriaal wys hoe betogers op die plaas aankom en plaaswerkers verjaag. Dit wys ook hoe die eerste oorledene in ʼn konfrontasie met sy broer, wat in dié stadium op die plaas gewerk het, betrokke raak.

Die video beeld egter nie die gebeure tydens die skietery uit nie.

Die staat het destyds tydens die borgtogaansoek aangevoer dat die boere die betrokke dag in gemeenskaplike doel opgetree het toe hulle hul na Pampoenkraal gehaas het.

Landdros Sam Fankomo het bevind daar is geen gronde om dié bewering te staaf nie en borgtog is toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Harley Davidson ·

Mense doen aan jou wat jy hulle toelaat dit moet verander,die boere moet ruggraat kry en opstaan vir hulle regte en hulself verdedig met die nodige geweld soos deur die piesang wet van die regime bepaal.

Herpiet ·

Wees net versigtig. As jy n wil boer is en tree op is jy dadelik n verdagte wat in die tronk gestop kan word..

miche ·

George, omdat hul besef hul kan en gaan vorentoe ge- target word deur die massas ongeag ware feite of bewyse teen hulle. Daarom.

George ·

is dit dieselfde as die “plaasmoordenaars” ook hulle gesigte wegsteek in die eerste verskeining?

Lourens ·

iet – in SA moet jy bang wees vir die sg. “reg”, veral wanneer jy as ‘n blanke deur oordrewe, gefabriseerde beweringe in die beskuldigdebank geplaas word.
Ek weet jy hou nie daarvan om dit te erken nie.

piet ·

Niks om te erken of te ontken in hierdie stadium nie. Ons sal eers moet sien of die weergawe “gefabriseerd” is. Wag maar vir die hofsaak om sy loop te neem.

Gaitsigubib ·

Hulle “target” jou vir die res van jou lewe George ongeag wat in die verhoor beslis word. Jy weet dit tog so wat motiveer jou om so iets te vra?

George ·

Nee ek weet dit nie, ek lees keer op keer op plaasmoordenaars of ander pigmente dat “wys die gesigte wys die gesigte” maar as dit anders om is, dan moet hulle beskerm word.

TruthDealer ·

Miskien omdat die plaasmoordenaars MOORD GEPLEEG HET, en hierdie mans het bloot hul werkers en hulself verdedig? Nie alles gaan oor velkleur nie, George, daar is fyner nuanses en redes.

ES ·

Natuurlik het die boere ‘n gemeenskaplike doel gehad toe hulle na die plaas gegaan het – hulle het gegaan om hul werkers te beskerm! Die wet maak voorsiening daarvoor dat jy diebelange van ‘n 3rde party mag beskerm as hul lewe in gevaar is. Jy mag selfs jou eiendom beskerm – die wet maak voorsiening daarvoor! En waar was die polisie?

Hierdie is net ‘n rasgebaseerde heksejag!

houopkruip ·

Dit is ongelooflik hoe linkse liberale (en woke aanhangers) hulself oral in wurm.
Kyk net na een of twee negatiewe kommentare op hierdie nuusberig.
My simpatie aan daardie boere.

piet ·

Ons weet dis nie altyd lekker om die waarheid en Apartheid in al sy wreedheid te erken nie. On skyk maar watgebeur by die hofsaak, geen afleidings kan in hierdie stadium gemaak word nie. Nou sien ek my kommentaar is verwyder omdat ek gepraat het van Vlakplaas ensovoorts. maar leef maar soos volstruise, kop in die sand…

Sobymykoolkop ·

Wat nou aangaan en jy ongelukkig nog nie kan sien nie laat die gehate apartheid na ń sondagskool piekniek lyk

Sobymykoolkop ·

Jy weet en verstaan houopkruip. Soos alle liberale sal pietjie se ogies te laat oopgaan

piet ·

Het die ouens skotvry afgekom van die doodskis saak, kan nie so lekker onthou nie? In elk geval ‘n walglike ding wat hulle gedoen het.

Leona ·

En die betogers het met geen doel na die plaas gegaan nie. Sterkte aan al die onskuldige partye en hulle families! En baie dankie aan die landros wat hierdie besluit geneem het.

Gaitsigubib ·

Hul kans op n regverdige verhoor is skraal. Die libs wat dit in het vir die Boere weet dit maar sal dit nie erken nie. Ek was self al omring deur betogers, het self my loop al warm geskiet. My vrees het onverklaarbaar verdwyn toe die situasie uiters gespanne geraak het en dit het die betogers nogal gerattle. Kyk ek so na die kommentare kan ek net God dank dat Hy ons beskerm het. My raad is, moet nie knak onder druk van die staat en teen julle mede boere getuig nie. Wees n man en doen die regte ding!

Papsak ·

Ja is reg boere moet op staan en hulle beskerm maar doen hulle dit dan gebeur wat nou met die boere gebeur het dan moet hulle toe gesluit word daai mense het hulle gaan aanval nie die boere vir hulle nie ons mag niks doen nie maar net ons kewens gee dit is al wat ons mag doen maar beskerm is uit ons mag nie los daai boere hulle niks verkeerd gedoen nie hul self net beskerm

piet ·

Jy kan jouself beskerm maar was hul lewens in so ‘n dreigende gevaar dat hulle “geregtig” was om mense dood te skiet? Hier was ‘n paar boere met gewere en betogers met stokke. Ons sal moet sien…

TruthDealer ·

Jy is reg Piet, n PAAR BOERE. Teen n klomp aggressiewe aanvallers. Het jy geweet, al het 3 mans gewere, en hul word aangeval deur 20, daai gewere hulle niks gaan help om te oorleef nie, tensy hul die gewere Gebruik? Het jy geweet EEN mens kan n ander een met n voorwerp doodslaan as laasgenoemde persoon hom/haarself nie verdedig nie?

piet ·

Mag God vertroosting bring aan die families wie se mense hul lewens so grusaam verloor het.

TruthDealer ·

Miskien moes daardie mense minder aanvallend en gewelddadig en bedreigend opgetree het, dan het hulle nog geleef. As jy die bybel ken, behoort jy te weet dat “common sense” nogal hoog geag was in die tyd toe dit geskryf was. Dis hoekom Spreuke my gunsteling hoofstuk is. Common sense Overload, Wonderful. Of soos hulle deesdae sê: “Don’t start none an there will be none”. None=Trouble.

piet ·

Die boere het onbybels opgetree. Toe die ouens hulle met ‘n paar stokkies wou piets, moes hulle die ander wang gedraai het soos die Woord se. Toe pleeg hulle moord deur die ouens te skiet.

houopkruip ·

Die twee of drie siele (altyd dieselfde) wat weer hier snert kwytraak is benede sinvolle redenering.
Die meerderheid regdenkende mense hoop en vertrou die boere gaan ‘n regverdige verhoor kry en/of vrygespreek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.