“Die setel van die wetgewer is ʼn besluit wat die parlement moet maak. Die uitvoerende magte sal egter voortgaan om steun en inligting aan die parlement te verskaf om hom te oortuig om die groot uitgawes rakende die handhawing van twee hoofstede te heroorweeg,” het Zuma tydens sy vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Raad van Provinsies gesê.
Volgens Zuma is ʼn interministeriële taakspan op die been gebring om ondersoek in te stel na die koste-implikasies asook logistieke en administratiewe gevolge vir die verskuiwing van die parlement. “Die voorlopige bevindings kom tot dieselfde gevolgtrekkings as vorige studies in 1995, 1997 en 2011 wat bevind het dat dit op die lange duur aansienlik goedkoper sal wees om die parlement van Kaapstad na Pretoria te skuif.”
Zuma het gesê van die negatiewe gevolge is die moontlike verlies aan inkomste vir die stad Kaapstad en moontlike werkverliese. Zuma het toegegee dat dit duur sal wees om ʼn nuwe parlementsgebou op te rig, maar dat die regering op die lange duur miljoene rande sal spaar aan vervoer- en behuisingskoste.
“Die koste met twee hoofstede is astronomies aangesien elke uitvoerende lid twee huise en twee motors moet hê. Dit is ook tydrowend aangesien uitvoerende lede heen en weer moet reis.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
34 Kommentare
asseblief doen dit. en maak dan daarna die hele wes-kaap n tuisland vir blankes.
Die man het seker koors!!! Van wanneer af probeer hy geld spaar?
Los die parlement soos dinge nou is dit kan later na gekyk word daar belangriker goed in SA wat NOU aandag benodig soos bv. Om van zuma ontslae te raak
Seker omdat dit DA gebied is. Wat van al die mense wat daar daagliks werk gaan hulle net afbetaal word.
Verminder die ministers ver te veel wat niks doen behalwe ons belastimggeld mors
Hoekom nou so bekommerd wees oor sogenaamde besparing, nadat niks meer oorgebly het van die land met Zuma aan die stuur. Of, miskien gaan fie guptas dalk die nuwe parlement bou in Pretoria.