Parlement tik Malema oor die vingers

EFF-leier Julius Malema (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

Die parlement het LP’s Maandag afgeraai om openbare dreigemente oor die ontwrigting van die parlement te maak.

Speaker Thandi Modise en voorsitter van die nasionale raad van provinsies Amos Masondo het gereageer op onlangse dreigemente wat die leier van die EFF, Julius Malema, gemaak het.

Malema het verlede week gedreig dat EFF-LP’s vanjaar se staatsrede in Februarie sal ontwrig indien pres. Cyril Ramaphosa nie vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die trekpas gee nie.

Dit is nie die eerste keer wat die EFF dreig om een van Ramaphosa se toesprake in die wiele te ry nie. Die dreigemente is egter nog nooit deurgevoer nie.

Modise en Masondo meen Malema se jongste dreigemente was onverantwoordelik en toon ’n gebrek aan begrip vir sy verantwoordelikheid teenoor die publiek.

“Alhoewel die voorsittende beamptes geen slaap sal verloor oor hierdie dreigemente nie, vind hulle dit afkeurenswaardig in die aanloop tot een van die belangrikste parlementêre programme. Dit is ’n onnodige afleiding van die instelling se verpligtinge teenoor Suid-Afrikaners,” sê dié hoës.

Luidens hul reaksie is daar wel voorsorgmaatreëls getref sou enigiemand die parlement wou ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Merrie Perd ·

Pragtige gesindheid van samewerkende regering deur die eff se leier geopenbaar. Hoe verwag die arme man om eendag te regeer? Wie sal hom ondersteun? Hy moet saam met sy party verban word uit alle politiek, want hulle is net kwaadstokers en sensasie soekers. Van regeer weet hulle niks.

HV ·

Pravin ook maar n hasbeen, nog nie eintlik iets noemenswaardig vir die land gedoen nie.
Maar ou JM is n hasbeen tot die mag 10. Hy het in elk geval ook nog niks vir die land gedoen behalwe negatiewe afbreek werk nie. Hy is n suurstof dief.

Jr ·

ń Suurstof dief en hy gebruik hopeloos te veel elektrisiteit.

JohanR ·

Die kindjie se speelgoed vlieg met geweld die wiegie uit, en hy skree die dak af. Gee hom ‘n glas Chivas Regal sodat hy kan stilbly.

skurweberg ·

Die wat die kwaad teehou moet eers uit die weg geruim word. Dan sal die groot afval kom.

Strandloper ·

Oor die vingers tik sê jy vir my….ek dink n rotang is meer gepas.

Johan Venter ·

Daar moet sekerlik wetgewing wees dat as ‘n mens die president van ‘n land dreig en dit was nie eens in die parlement waar hy beskerming het nie, dat hy in die hof daarvoor verantwoording moet doen!

Rooiduin ·

Dis mos hoe die ANC hom grootgemaak het; as jy intelektueel nie instaat is om ‘n bydrae te maak nie, dan ontwrig, brand en breek jy dit af

lewies ·

“As jy eendag president van SA is” die woorde van die huidige president aan die uwe. Net genoeg om die saad van oordrewe selfvertroue te plant.

Pitty ·

So die wet van die land beteken niks vir hom. Hy gooi sy vloermoer in die Parlament en dreig om nie sy werk te doen nie. Soos n konstruktiewe bydrag in die Parlament te gee. Trek elke vertraging van sy salaris af.

Chrisn ·

Lood vergiftiging is sy en Floyd se voorland deur sy eie belhamels.

De Villiers ·

Die ANC staan egter self agter die deur oor al die aantygings teen Malema. As hulle dan sê dat Malema onverantwoordelik is en ń gebrek aan begrip toon teenoor sy verantwoordelikheid vir die publiek (en die land), stel die ANC die minste voorbeeld. Wat is Onteiening sonder vergoeding dan anders as ń onverantwoordelike uitspraak/beleid en ń gebrek aan begrip wat die ergste vorm van disrespek toon teenoor sy landsburgers en die land se welstand?

Louis Roets ·

Wat verwag jy dan van ‘n terroriste organisasie soos die ANC

Wonder net ·

Wonder net wanneer het iemand die mannetjie se doek skoongemaak. Hy is erger as ‘n baba met ‘n nat doek. Gee hom ‘n dummy sodat hy kan stilbly

Tracy ·

Malema het ook gedreig dat hul universiteite sal dwing om studente te aanvaar en hul hoef geen gelde te betaal nie. Indien dit nie gebeur sal daar nagvolge wees. Hoekom word daar aan sy dreigemente niks gedoen nie. Dit hits net studente aan en as dit te laat is dan wonder almal wat het fout gegaan. Straf die man asb net een maal ordentlik.

Barries ·

Daar is tog sekerlik al genoeg bewyse om hierdie belhamel voor die hof te daag vir sy aandeel in tender bedrog. NVG blyk ook maar nog net so treurig te wees soos onder hul vorige leierskap.

Johan Venter ·

Julius laat my aan een van daardie vegters in Ginx TV se wêreldkampioenskappe, “League of Legends’ vir rekenaarspeletjies dink, waar spanne van tot 5 spelers in ‘n span teen mekaar kompeteer.

Kyk, van daardie vegters, wat natuurlik ongelooflik vaardig is, stap met hul woeste wapens wat hulle in die hande dra op die pad of in die veld op soek na sy prooi, dit is nou die opposisie se vegter, dit gee sulke lang treë, dan na die eenkant dan na die anderkant van die pad, skielik vlie die vegter agter ‘n bos in, mens sien net ‘n warrelwind wat opwerk word en swaarde in die lug swaai, dan skielik breek die een vegter, na hy die ander een verslaan het, weg, nou stap dit weer, dan na die eenkant dan na die anderkant op soek na ‘n volgende prooi.

So stap die hoofvegter van die EFF gedurig heen en weer al skoorsoekend met woeste wapens oor die veld op soek na ‘n geleentheid om iemand te terroriseer.

Weskusnooi ·

Remove the audience and the show will stop!

Mense hou op om enige aandag aan JM te gee, hy misbruik elke geleentheid om aandag te kry!

Antionette Boshoff ·

Gee vir hom ñ fopspeen Hy soek asb ñ bietjie aandag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.