Pasiënte wag jare vir operasies by dié hospitaal

(Argieffoto: Unsplash)

Meer as 11 000 pasiënte wag nog om operasies in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg te ondergaan. Dit is weens die agterstand in die hospitaal se chirurgiese afdeling.

Van die pasiënte kan tot amper vyf jaar vir hul operasies wag.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid het katarakchirurgie die langste waglys, met altesaam 3 394 pasiënte wat die operasie moet ondergaan. Dit word gevolg deur pediatriese chirurgie met 1 304 pasiënte.

Pasiënte wat knie- en heupvervangings moet ondergaan, kan langer as vier jaar wag om geopereer te word. Die waglys by hierdie operasies is onderskeidelik 1 017 pasiënte en 760 pasiënte.

Pasiënte vir ander ortopediese prosedures kan tussen ses weke en een jaar vir ’n plek op die operasietafel wag, met 622 wat pediatriese ortopediese operasies moet ondergaan en 410 pasiënte wat aan hul hande geopereer moet word.

Tot 119 pasiënte kan tot sewe maande vir ’n rugoperasie wag.

Volgens die departement wag pasiënte nie vir enige kankerverwante en noodoperasies nie en word dit so gou as moontlik uitgevoer.

In die algemene chirurgie-afdeling is daar altesaam 558 pasiënte wat dermkanaaloperasie moet ondergaan (kolorektaal), 107 pasiënte wat endokriene stelsel-verwante chirurgie moet ondergaan, en 100 pasiënte wat ’n operasie aan hul borste moet ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Soort van die voorland van die hele RSA met die ANC se Nasionale Gesondheids Chaos!

Mallie ·

Disnie vreemd nie, wat kan mens anders verwag van die regering?

Nicholaas ·

So as daar dalk enige iemand is wat dink die nuwe gesondheid stelsel sal n goeie idee wees behoort te kan sien dit sal almal se voorland wees.

Anel ·

En gaan mense enigsins gehelp word nadat die nasionale sorg, of wat hulle dit ook al wil noem, ingestel word? Ek glo, maar ek glo baie, baie swaar! Hulle gaan al die mediese fondse se geld sluk, soos alles in die land. Hoeveel van ons eie mense lei nie hieronder nie, maar onwettiges word eerste gehelp nie? En waar is die wonderlik kubane?

Frank ·

Om te dink die haatlike apartheids regering het die hospitaal gebou en was gereken as een van die beste hospitale in Afrika maar die ANC gee nog minder om vir hulle mense

Althes ·

As dit so pateties gaan in die staatshospitale, wat reeds befonds word deur n handjievol belastingbetalers (bygesê as hul nie 1 van die 70 vermoorde slagoffers word nie), hoe wil die ANC nog voortgaan met NGV?
Die premiere, LUR en hospitaalhoofde moet vir ñ slag hul werk doen.

Jakes ·

Hierdie hospitaal was dekades gelede n model hospitaal maar deesdae gedaal tot n verleentheid. Ongelukkig is meeste staatshospitale ook nie naastenby aanvaarbare gesondheids entiteite nie. Swak bestuur en onbevoegdheid is soos gewoonlik die rede.

Swerwer ·

Dit is beslis nie net by Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg nie, maar die hele Republiek van Suid Afrika. Die hele land is al ‘n Nasionale Gesondheid Chaos.

Di ·

Ja want daar word TE VEEL van ander Afrika lande gehelp wat hierheen stroom vir mediese dienste

Alfred E Neuman ·

Dit is hoekom die privaat hospitale nou genasionaliseer wil word deur die anc swape.

Vicky ·

Besef julle WIT mense wat so moan dat alles beter was in die “ou dae” ja….maar dat 10% swart mense toegang gehad het en ons 90%…Nou is dit net ongekeer. Waarvoor moan julle? DUISENDE mense,nie net WIT gaan deur dieselfde gemors in hierdie land en gaan elke dag deur dieselfde struggles. Bly in jou WIT baan en wees maar geduldig soos DUISENDE andere moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.