Peiling wys SA’ners ag Ramaphosa as individu ‘baie hoog’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Hoewel meer as die helfte van Suid-Afrikaners saamstem dat die toekoms van die ANC onseker is weens die leierskapprobleme binne die party, word pres. Cyril Ramaphosa as individu hoog geag oor die hele land heen.

Dié bevinding volg op ʼn meningspeiling van die markontledingsgroep Ipsos wat tussen Mei en Junie vanjaar uitgevoer is.

Ipsos het Saterdag in ʼn verklaring gesê die eerste helfte van 2018 was politiek gesproke, soos voorspel, maar rof.

Ingevolge die peiling meen 54% Suid-Afrikaners dat die toekom van die ANC onseker is weens die leierskapkwessies, selfs al bestaan die parlement grotendeels uit ANC-afgevaardigdes wat ʼn sterk leidende rol in die land moet speel.

Altesaam 3 619 lukraak geselekteerde Suid-Afrikaners is van aangesig tot aangesig in hul huise én in hul moedertale ondervra deur opgeleide onderhoudvoerders.

Ipsos meen dit is te verstane dat groot getalle ondersteuners van opposisiepartye soos die DA en EFF sou saamstem oor die ANC se onsekere toekoms. “Wat wel interessant is, is om kennis te neem dat 52% ANC-ondersteuners ook saamgestem het.”

Alle respondente is gevra om Ramaphosa en ander politieke leiers te beoordeel. Ipsos meen die resultate spreek van sy toenemende ondersteuning onder Suid-Afrikaners. “Gedurende sy tyd as adjunkpresident het hy voormalige pres. Jacob Zuma konstant geklop en sedert hy in Februarie president geword het, ag Suid-Afrikaners hom baie hoog.”

Sy ondersteuning was wel effe minder in die Wes-Kaap (6,3 uit 10), Oos-Kaap (6,9 uit 10) en KwaZulu-Natal (6,3 uit 10), hoewel hy steeds beter as alle ander politici gevaar het.

In Mpumalanga het Ramaphosa 8,5 uit 10 behaal terwyl adj.pres. David Mabuza wat van daar afkomstig is 6,1 uit 10 behaal het.

Mmusi Maimane kom in die Wes-Kaap die naaste aan Ramaphosa met 5,7 uit 10.

Onder die ANC-ondersteuners was Ramaphosa se ondersteuning konstant onder stemgeregtigde vroue en mans (8,2 uit 10). DA- en EFF-ondersteuners het hom albei meer as 5 uit 10 gegee.

“As ʼn mens Ramaphosa se prestasie vergelyk met ander partye se leiers en die adjunkpresident, word dit duidelik hoe ver voor Ramaphosa is en hoe baie Suid-Afrikaners leierskap van hom af verwag. Dit is natuurlik dat Maimane en Malema ondersteuning van hul eie partye sal geniet, maar nie van ondersteuners van ander politieke partye nie,” lui die verklaring.

Ipsos meen dit is ook interessant om kennis te neem dat vroue ANC-leiers sterker steun en mans vir Maimane en Malema effens hoër ag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Paul ·

Ek ook. Want ek weier om myself aan enige iemand in die buiteland voor te stel as n suid afrikaner. Ek skaam my dood. Wat n verspotting en gemors van n land.

JSG ·

‘n Landwye referendum gaan beslis ‘n ander uitslag lewer. Dis maklik indien net sekere groepe gevra word om so ‘n uitslag te kry.

Erica ·

Ramaphosa het geen ruggraat nie – sal interessant wees om te weet onder wie die meningspeiling gedoen is defnitief nie die bree publiek nie swart en wit Suid Afrikaners.

Illa Conradie ·

Opname is gemaak vóór hy grondonteiening sonder vergoeding gesteun het. Sal definitief nou sommer baie laer geag word deur almal wat iets besit. Sy tipiese Afrika-sosialisme het nou duidelik deurgeslaan. En van Westerse ekonomie weet hy kennelik minder as niks. BEE-begunstigde en verder nul.

Jannie ·

LOL!! LOL!! Watter “Suid-Afrikaners”? LOL!! LOL!!
Is dit LAGDAG vandag?

julius ·

Doen die meningspeiling onder blankes , dan verander die prentjie heeltemal.

Petro ·

Ek dink regtig nie die publiek se agting vir CR is regtig so hoog nie veral nie met die eiendom vergrype sonder betaling nie hy is maar net n puppet on a string Zuma regeer nog steeds die land en CR vra maar net hoe hoog hy moet spring ek persoonlik het meer van hom verwag aangesien hy self n boer en sakeman is

wit wolf ·

RAMP-maphosa gaan nog bekend word as die president wat van SA n’ 2de Zimbabwe gemaak het

Gerhard ·

Klink my hy het die mandaat om voort te gaan met grondonteiening. Wie kan tog se sy ondersteuners is daarteen gekant.

dolf ·

ek self het meer van hom verwag. nou is hy, net n handpop. sy wysheid en geleerdheid ingeboet vir sitplek in die anc kring. dit van n sakp lid. ek is teleurgestel dat die man heen leier is nie.

leser ·

.00006134% van totale bevolking is hul mening gevra, ipsos julle kon beter doen
“stir-all” is nie so gewild nie

Willem ·

Maar dit is nou ‘n verteenwoordigende steekproef. Ek sou graag getalle en in watter gebiede wil sien.

Willem ·

Kom ons breek die aantal soos hier bo berig (3,619) op, in moedertaal, 9 provinsies, platteland, stedelik. Mens kan hierdie ook nog verder opbreek om agter die kap van die byl te kom, al was die steekproef lukraak gedoen. (Dalk wen ek die lotto.)

Paul ·

Let wel, die responente was almal van aangesig tot aangesig in hul huise ondervra!

marous ·

Peilings wys hy ag homself en sy vrinne verhewe ,,,bo alles

hendrik ·

Heeltemal reg Marous. Ek het al voorheen gese hy is lief vir homself.

Francois le Cochon ·

CR sit met ‘n parlement wat deur Zuma gekies is. Hy moet sy kaarte baie mooi speel, anders werk hulle hom uit, dalk selfs met ‘n staatsgreep. Hy het baie vyande binne die ANC omrede hy korrupsie wil uitroei, die bestaan van baie ANC politici. Na volgende jaar se verkiesing se sal hy sy eie parlement kan saamstel, dan sal dit ‘n ander storie wees. Intussen koop hy tyd om die Zuma faksie te paai. Plaasonteiening, vir een, gaan nie sommer gebeur nie.

Staak ·

Ek wil graag sien hoe hy teen amptelike beleid gaan, gee jy hom en politiek nie te veel krediet nie?

Koos de Meyer. ·

Sy môre en aand praattjies kom nie ooreen met die werklike situasie in die land nie. Gedink hy is beter as Zuma maar lyk soos ‘n wolf in skaaps klere. Swak.

Koos de Meyer. ·

Ja sê maar niks dan is daar niks. Dink wat jy wil maar mag nie sê nie.

Chris Ws ·

Ramaphosa het klaar die toets gepluk!Waar is sy werkskepping??Net dieselfde gebeur as met Zuma se werkskeppings foefie – werkvermindering en grootskaalse afleggings.Neewat hy is NIKS beter as Zuma nie.Inteendeel druk hy die land se ekonomie verder in die gat af.

1+1 ·

Persoonlike voorkeure en afkeure bly die uitgangspunt. As jy empiries na die oefening kyk le die waarheid in die middelgrond. Dit wil se tussen die twee waarskynlikhede.

Jack Klok ·

Hierdie IPSOS verslag klink vir my alteveeel na ‘n openbare skakelingsfoefie. Ons moet onthou IPSOS word betaal vir hulle meningsopnames. Daar is nie meer beropesmilitêre in Suid-Afrika nie, almal is huursoldate.

Afrikaanse Knaap ·

Seker “meeste” Suid Afrikaners. Vir my is ‘n wolf in skaapsklere, wat mense gebruik as wapens, wat werkers afmaai, grond wil vat wat hy nie besit nie, en $615 miljoen bekom het met BBBEE “freeloading”. Hy was vir dekades die “cash cow” van die ANC. Ek het egter respek vir sy vermoe om wettiglik te vat wat hy nie verdien nie, sy vermoe om diefstal wettig te maak.

Hanna Hoekom ·

Die “meerderheid” Suid Afrikaners dink ook grondonteiening sonder vergoeding is n blink plan… Doen weer julle navorsing oor so 2 jaar! Dan lyk die prentjie dalk bietjie anders. Honger mense sal dalk tot n ander gevolgtrekking kom.

Callie ·

Altyd die beste van alles, nie ek of enige iemand wat ek ken, is al ooit in so meningspeiling gewees nie. Snaaks dat die peiling altyd teenoorgesteld is van almal wat ek ken

Paul ·

Kom ek vra dat mense wat hier kommentaar lewer tog net sal sorg dat hulle hul valstanne in het.

Hierdie is sommer net ‘n verspottigheid om die dag te probeer opkikker, dankie dat julle saam gesels.

Oom Kalahari ·

Wat is dit nou weer van Oom Wolfie? IPSOS se steekproef moet darem bewys kan word op watter vlakke dit geskied het. Hierdie is maar net weer ‘n foefie om stemme te kan kry vir volgende jaar. Die joker in die groot pakkie.

Alida ·

Julle sal sien wat gebeur na die verkiesing. Hy werk met n plan. Hy gaan behoorlik huis skoonmaak.

Elize ·

Hoekom sê hulle altyd ‘n opname onder die landsburgers? Niemand het nog ooit my mening gevra nie en daarom lig ek dit sommer hier. Ramaposa is ‘n groter gevaar as wat Zuma wens om te wees. Hy is besig om ons stadig maar seker te laat uitmoor om sy doel te bereik dat die ligte in SA kan afgaan en dit net donker en nag is

Jerry ·

Lede van Afri-Forum gaan nog hulle woorde en valstande moet sluk oor hulle negatiewe kommentaar oor CR en OSV.

Ag asb tog ·

Die opname is seker in die townships en onder die plaasbesetters gedoen en so ‘n paar politici wat hy direk bevoordeel, Statistieke in SA Beteken niks meer nie!

Antionette ·

Ek dink hul sien dit in totale ander lig… die telling is hoeveel bevolking hom Verag nie hoogag !!!!!!!!

Sê maar net ·

EK het die peilling gemis iewers…het nie gewwet van die peilling nie. Was seker net gemik op n sekere bevolkingsgroep?

Lerato ·

Adriaan Basson se bydrae oor OSV in die elektroniese City Press, raak n paar teerpunte aan

Willem ·

Geen ewewigtige regdenkende mens stel daarin belang om hom te lees nie, betreffende Afrikaans en die Afrikaner is hy die mins geloofwaardige persoon om te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.