Phala Phala-verslag: Dinsdag is D-dag; geen geheime stemming

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

LP’s sal na verwagting Dinsdag pres. Cyril Ramaphosa se lot beslis wanneer daar gestem word oor die verdoemende Phala Phala-verslag van die artikel 89-paneel.

Daar is verlede week besluit dat die ongekende sitting te belangrik is om in ʼn hibriede formaat uitgevoer te word en dat LP’s fisiek teenwoordig moet wees om te stem waarna die stemming tot vandag uitgestel is.

Om die proses aan die gang te sit om Ramaphosa uit sy amp te verwyder sal ʼn gewone meerderheid in die Nasionale Vergadering, waar die ANC 230 uit 400 setels het, vereis word. Die eindelike stemtelling wat Ramaphosa se lot sal beklink, sal ʼn tweederdemeerderheid benodig om te slaag.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het reeds te kenne gegee dat hy teen die aanvaarding van die verslag sal stem. Ramaphosa het hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien om die verdoemende verslag te laat hersien.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, het intussen versoeke van die hand gewys om haar besluit rakende ʼn geheime stemming te heroorweeg. Sy het reeds verlede week aanvanklike versoeke vir ʼn geheime stemming van die hand gewys, waarna die ATM, ACDP, PAC, AIC en UDM haar versoek het om dié besluit te heroorweeg.

In haar antwoord het die speaker gesê sy het ’n grondwetlike verantwoordelikheid om alle heersende faktore in ag te neem rakende die uitoefening van haar diskresie om die toepaslike stemmeganisme te bepaal. Sy het beklemtoon hoe belangrik dit is om behoorlike inagneming van ’n omgewing van aanspreeklikheid te verseker en terselfdertyd deursigtigheid en openheid te handhaaf.

Mapisa-Nqakula het gesê die parlementêre omgewing is altyd ’n hoogs gepolitiseerde ruimte en kan nooit heeltemal vry wees van politieke spanning nie, hetsy tussen of selfs binne partye. Sy het gesê sy glo nie die atmosfeer is so giftig of gelaai dat lede van die Nasionale Vergadering verhinder sal word om hul stem met hul gewete uit te oefen deur ’n oop stemprosedure nie.

Volgens die bevindinge van die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala is daar genoeg prima facie-bewyse om Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die paneel het bevind dat Ramaphosa moontlik strydig met sy amp opgetree het deur die oortreding van verskeie artikels in die Grondwet. Hierdeur het hy hom blootgestel aan ʼn botsing van belange tussen sy amptelike verantwoordelikhede en sy private onderneming.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wondermaarnet ·

Die kaders beskerm mekaar so hier sal niks van kom om CR te laat loop nie.

Hendrik Marthinus ·

Een of ander iets Sal gebeur Dat die stemmery nie Sal plaasvind nie

SomeOne ·

en ‘n openlike stemming sal dalk die mense verhinder om volgens hul gewete te stem want huls bang vir opvolgende probleme teen hulle

Harley Davidson ·

Net weer iets om te doen om die tyd om te kry,niks positief kom en word deur hierdie diskriminernde regime gedoen nie.

Sean ·

Geen geheime stemming!!!! Die klein partye vra dit om hulself te beskerm Dis al weer intimidasie soos altyd

Papsak ·

HOOP HULLE LIG HOM EN ANC UIT HULLE STOELE HULLE ALMAL N SKANDE VIR SA !!!!!!!

Antie Sarie ·

Waarom kry ek die gevoel Phala Phala en beurtkrag gaan hand aan hand?

Johan Tredoux ·

Duh duh duh Duuuuuh. Maar tog gee ek nie om nie. Indien daar nou n berig verskyn dat die ANC ontbind en dat al die leiers onvoer was, dan sal ek dit nogal interessant vind. Maar andersins gaan dit die gewone “musical chairs” wees. Dan sit die een skurk, dan die ander.

Danie ·

Die hele vrot spulletjie het al lankal gesit en hulle bedrieglike stories bespreek.Wat kan jy ooit meer of beter verwag van korruptes.

Sakkie ·

Daar sal niks teen padaman gebeur. Wie gaan nou sy eie werk in gedrand bring deur hom uit te stem.
Dit gaan oor wat hulle gaan verloor eerder as wat reg is vir die land se mense. As hulle die stoel verloor, verloor hulle al hul voordele soos bv. gratis kragopwekkers, water, beskerming, voertuig toelaag en alle lekker voordele wat met hul pakette saamgaan.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

En wie spesifiek uit my kiesafdeling verteenwoordig my in die parlement? Alle stemmery in die parlement behoort te geskied by wyse van openlike stemming sodat die kiesers kan sien welke stemme hul verteenwoordigers in die parlement uitbring. Maar nou-ja, “demokrasie” in Suid-Afrika is ‘n klugspel.

Antie Sarie ·

Mens noem dit demokrasie. Wanneer drie wolwe en n skaap stem vir wat aand ete gaan wees.

bolletjie blom ·

Zweli Mkize sit soos ‘n dik gevreete kat en wag dat Cyril Ramaphosa uitgeskop word. Miskien moet ons hoop dat dit nie sal gebeur nie.

Antie Sarie ·

Met al die beurtkrag gaan dit heel moontlik geheime stemmery wees.

JohanR ·

Die ANC dink moes as die ANC NEC, die ANC Integriteit komitee en hulle meeerheid in die parlement almal JA gestem het dat alles reg is met die wereld en met Squirrel. Dan kom mens by die NVG, die polisie en die hofe wat jare en jare sal vat met Phala Phala en dan sal se geen probleem met die ANC en Squirrel. Daar is net een uitweg uit die ANC gemors en dit is om hulle uit te stem. Sit daai X NIE by die ANC.

Niklaas ·

Ek twyfel of hy uitgeskop gaan word. Die goue reel van Afrika is – “klap jy my om , trek ek jou saam die modder in”

Gert ·

Ek is seker dat Squerell gesug het van die verligting oor die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.