Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Andre van Greunen is omstreeks 15:00 Sondagmiddag deur drie verdagtes in sy plaashuis aangeval. “Hulle het op hom losgebrand en hom in die maag en regterelmboog geskiet.”
Mophiring sê Van Greunen het egter teruggeskiet en een van die verdagtes in sy bobeen geskiet. Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied.
Die verdagte is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Van Greunen is ernstig beseer en na ‘n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te vlug. Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.
Intussen is ‘n bejaarde broer en suster ook Sondag by hul in Reitz aangeval. Die suster is oorlede. Mophiring het aan Maroeal Media gesê die polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen die twee voorvalle.
Lees ook:
Reitz-aanval: Suster (83) sterf, broer (86) beseer
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Dink baie aan die 2 gesinne ! Dis dam verskriklik !!!
Wat ek nie kan verstaan ,waarom val hulle die boere aan? Wat is die agenda agter alles! Wie gaan kos vervaardig as al die boere se genoeg is genoeg. Wie betaal dan.(seker maar die wat tax betaal)
Die lafaards sal altyd ons mense op Sondagmiddae aanval wanneer mense op hulle weerbaarste is.
Ag Here wees ons asb genadig. Help ons volk om na U toe terug te keer. Genees asb ons land Heer ek vra dit in Jesus se wonderlike Naam. Amen.
Grootste klomp lafaards, val oumense aan wat weerloos is. Ons kan net bid vir ons land.