‘Plaasaanvallers’ doen hulle voor as polisiebeamptes

Argieffoto

’n Egpaar en een van hul werknemers is Vrydagmiddag op ’n plaas buite Sasolburg in die Vrystaat deur ses gewapende mans, geklee in polisie-glimbaadjies, oorval en vasgebind.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Allan Peeters (66) was omstreeks 13:15 in die plaashuis doenig toe ’n werknemer bel en sê daar wag polisiebeamptes by die plaashek wat daarop aandring om hom te sien.

Peeters het net uit die huis gestap toe hy deur ses verdagtes oorval is. Een van die verdagtes het Peeters met ’n kabelkoord gewurg waarna vier van die ander hom by die huis ingedwing het.

Een van die verdagtes het in ’n voertuig buite die huis gaan wag.

Volgens Rani het die verdagtes op kontant aangedring waarna Peeters verduidelik het dat hy nie kontant by hom het nie. Die verdagtes het toe op vuurwapens aangedring en die man en ’n werknemer, wat ook intussen deur ’n verdagte oorval is, is in die huis vasgebind.

Peeters se vrou het in dié stadium vanaf die dorp teruggekeer en is deur die verdagte wat in die motor gewag het, oorval en by die huis ingelei.

Sy is ook vasgebind waarna die verdagtes met vier vuurwapens, juwele en ’n onbekende bedrag kontant in ’n wit Toyota Hilux en ’n silwer Toyota Fortuner op die vlug geslaan het.

Rani verduidelik dat Peeters se vrou daarin kon slaag om haar los te wikkel en ook haar man en die werknemer los te maak.

Niemand is in die voorval ernstig beseer nie.

Die verdagtes is steeds soek. Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak, het Rani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Nee Ian laat ons nie polities korrek wess nie. Dit is ‘n PLAASAANVAL. Finsh en klaar.

Stand for change ·

Dalk is dit polisie… sal my glad nie verbaas nie.

Oujongvrou ·

Ek gee nie meer raad nie. As mens nie self in so situasie is kan jy nie saampraat nie.

Elsabie ·

HUISBRAAK?????????? WDH!!!! Wys my waar het hul ingebreek???

Elize ·

Ek maak my hekke en deure vir GEEN onbekende persoon oop nie. Ja, dit sluit die polisie ook in. Hoeveel mense is nou al aangeval deur kriminele wat hul voordoen as polisie lede of verkeersbeamptes. Dankbaar die mensies is ongedeerd.

JohanR ·

Nou hardloop hulle rond in polisie bakkies en uniforms. Is die vir hulle geleen by die naaste polisie stasie, saam met ‘n pistool of drie, en na die tyd sal hulle die buit deel? Dis dan die selfde polisie wat uitjaag plaas toe om ondersoek te gaan instel. Hulle kan dan nie die aanmeld as gewapende roof nie, of die tjommies as hulle gevang word kry ‘n grooter straf, soe dit word maar huisbraak. Se my as ek verkeerd is!

ZeldA ·

Ek het nou die berig 3 keer deurgelees…. konnie sien waar sê hul polisie bakkie of polisie uniform… net glimbaadjies… en daai kan enige iemand koop…. hoef nie van polisie af te kom nie…

Terreur ·

Sal nie eers verbaas wees as dit regte polisie lede is nie…

Danie. ·

Waar kry hulle die voertig.dan moet daar mos iemand wees wat polisie voertuig vir hul gegee het.
Dit is gewapende roof.
Deesdae maak jy vir niemand oop nie.

Boerseun ·

Sal nie verbaas wees as die kriminele wel polisie is nie. Die polisie wemel van die kriminele. Baie rassistiese polisie wat wit slagoffers uitsoek.

Jack Russl ·

Moet polisiebeamptes nie eerder in aanhalingstekens wees nie?

Penellope Jones ·

Met ander woorde geagte Polisie, moet ons nie kwalik neem as ons julle wantrou nie – julle het net julself te blameer!
Om nie eers te praat die skade wat julle aan mense en die polisie in die algemeen aanrig nie!!

Ander Koos ·

Miskien was hulle van diens af? Of aan “diens” :) :). Wie weet ….

Annetjie ·

Die plaas aanvalle gaan vir my om die volgende redes.
1) uit wraaksugtigheid en haat
2) om die mense te martel en genot daaruit te put
3) om te roof
4) die belangrikste gaan dit om die wapens en ammunisie te kry, en sodoende om ons te ontwapen.

Christien vd Westhuizen ·

Inside information wanneer leer die mense

jennefer ·

Mense is te lui om te leer, n huis is vir jou gesin, niemand anders.

Christa ·

Hulle is so slim Soos houtjie van die galg. Hulle Kom Mo’s met alles weg

George in Bloem. ·

So duidelik soos daglig ‘n “inside job”. Regte tyd regte plek? Wat is die kanse? En ja,ek vertrou die Polisie in elkgeval glad nie. Sal nie verbaas wees,soos in GEENSINS,as hulle op diens was nie. Ons mense op die plase is deesdae heeltemal uitgelewer en eintlik weerloos. En hierdie sleg ” regering” sit hande gevou en doen bokkerol.

Flippie ·

Jy kan maar met redelike sekerheid aanvaar dat dit wel poliesmanne was.

Melis ·

“Niemand is in die voorval ernstig beseer nie”..

Ek beskou wurg as ernstig.

humor ·

Wanneer gaan ons leer om nie ons vuurwapens in ons kluise te berg nie. Wat maak jy met 4 vuurwapens????/ Steek drie weg. Daar is talle plekke in jou huis. Jy kan n plan maak.

Willie ·

Ek sal nie verbaas wees as die polisie betrokke is nie… of vriende of famillie van SAPD…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.