Plaasaanvallers in spore gestuit

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie het ʼn 29-jarige man vasgetrek wat Vrydag vermoedelik by ʼn plaasaanval in die Gonubie-omgewing in die Oos-Kaap betrokke was. ʼn Vuurwapen is ook in sy besit gevind.

Die verdagte was glo een van vier mans wat ʼn plaaswerker vasgebind het voordat hulle die plaashuis omstreeks 08:00 betree het.

Die polisie het by navraag aan Maroela Media gesê dat die plaaseienaar, ʼn vrou, haarself in ʼn kamer in die huis toegesluit het om van die aanvallers weg te kom.

Hulle het die deur probeer oopbreek en die vrou het skote deur die deur afgevuur. Die verdagtes het toe weggehardloop sonder om enigiets te steel. Na verneem word, is niemand beseer nie.

Die polisie het glo kort daarna by die toneel aangekom waar die slagoffers ʼn beskrywing van die verdagtes gegee het. ʼn Soektog is in die omliggende gebied voortgesit en een verdagte is opgespoor. Die polisie soek steeds na die ander drie verdagtes.

Sake van huisbraak en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen word tans ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie ·

Dit altyd die eerste vraag wat opkom as jy een vang dan kan die ander verdagtes geidentifiseer en opgespoor word.Nee nie altyd hulle beskerm mekaar en of daar word net geen moeite gedoen om so n opvolg te bewerkstellig.Dit is mos moeite vir die sapd.Het julle vergeet van die vrou in suid vrystaat wie se seun van oorsee gekom het en verdagte gearresteer het.

Cherokee ·

Lede van die SAP wat hier lees, julle kan gerus hierdie bewering bevestig of ontken. Nie dubbelsinnig nie, maar bloot ja of nee.

Di ·

LAFAARDS, hardloop weg sodra die 1st skoot klap! SKUIM van die aarde

Jack ·

Wat van poging tot moord. Daar was tog n vuurwapen van n terroris betrokke. Selfs covid kry hulle nie onder nie. Dis asof hulle oral uit gate kruip

Jakes ·

Die vrou moet n medalje ontvang. Lafaards sal altyd hardloop as die eerste skoot klap.

Jr ·

Hierdie is die oplossing. Skiet in hulle rigting en hulle hardloop soos konyne. Lafaards.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.