
Amanda Patt is tydens die aanval met ʼn boutsnyer en loodpype geslaan en ook met ʼn houtspies in die lies gesteek (Foto: Verskaf)
ʼn Egpaar van Pietermaritzburg probeer die stukke van hul lewe optel nadat hulle in hul huis op ʼn plaas in die distrik aangeval is.
Amanda Platt is tydens die aanval sowat twee weke gelede met ʼn boutsnyer en loodpype geslaan en ook met ʼn houtspies in die lies gesteek.
Sy en haar man, Tim, het ʼn uur lank verbete geveg om die aanvallers uit die huis te hou.
Die egpaar het op 17 Augustus omstreeks 02:00 geluide buite die huis gehoor. Vier aanvallers het by die agterdeur in die huis probeer inkom.
“Hulle het die veiligheidshek oopgedwing en toe die houtdeur begin afbreek. Ek en Tim het gespook om te keer dat hulle die huis binnekom,” vertel Amanda.
“Ek het geskree: ‘Just go!’ en die man het deur die stukkende deur my hand gegryp en my op die arm met een of ander voorwerp geslaan. Hy het my arm getrek terwyl hy skree: ‘Kill the boer, kill the farmer’.
“Ek kon uit sy greep losbreek en het weggehardloop om die alarm te aktiveer. Ek het die alarm drie keer geaktiveer, sonder dat enige hulp opgedaag het.
“Die aanvallers was genadeloos en aanhoudend – niks het hulle afgeskrik nie, nie eens die alarm nie en ook nie die feit dat ons teruggeveg het nie.”
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
Terwyl die egpaar by die agterdeur baklei het om te keer dat die mans die huis binnegaan, het hulle gehoor hoe glas breek.
Twee van die mans het tydens die struweling na die egpaar se slaapkamervenster gegaan en die ruit en vensterraam gebreek en só toegang tot die huis verkry. Amanda het hulle in die slaapkamer met ʼn houtspies gekonfronteer en sy is daar met ʼn boutsnyer oor die kop geslaan.
“Ek het op die grond geval en vir die hemelse Vader gevra om vir my krag te gee. Hulle het die spies gegryp en my in die lies gesteek.”
Die twee mans in die slaapkamer het hul twee makkers by die agterdeur geroep om deur die venster tot in die huis te kom.
“Dit was my wegkomkans. Ek het uit die huis ontsnap. Ek het na die plaaseienaar se huis gehardloop en ʼn wapen gegryp en teruggehardloop na ons huis toe. By my terugkeer het die aanvallers reeds gevlug.”
Volgens Amanda het die aanvallers onder meer TV’s, selfone en kabels gebuit.
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
Danksy die vinnige reaksie van die plaaslike boeregemeenskap en burgerlike veiligheidsdienste is ses verdagtes aangekeer.
Die ses – wat as Malawiese burgers geïdentifiseer is – het Maandag in die landdroshof in Pietermaritzburg verskyn.
Maroela Media het navraag aan die polisie gerig om meer duidelikheid oor die klagte teen die verdagtes te kry, maar het nog geen terugvoer ontvang nie. Kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.
Die aanval het die egpaar geweldig getraumatiseer en hulle het nog nie weer teruggekeer na hul huis nie.
“Ons is bang om terug te gaan, maar wanneer ons terugkeer, sal ons meer paraat en voorbereid wees. Hierdie [voorval] was ook ʼn wekroep dat ons die sekuriteit by die huis moet opskerp.”
‘Aanhitsing tot geweld’
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, meen die ‘Kill the Boer, kill the Farmer’- dreunsang is niks anders nie as die aanhitsing tot geweld teen ʼn minderheidsgroep.
“Ek kan net aanvaar dat diegene wat vir ons probeer sê die liedjie is net ʼn metafoor, eintlik hierdie aanvalle ondersteun,” sê Broodryk.
AfriForum sal volgende week in die appèlhof in Bloemfontein wees om te appelleer teen die gelykheidshof se beslissing dat die “Kill the Boer”-dreunsang nie haatspraak is nie.
“Namate die bewyse aanhou toeneem dat dreunsange soos ‘Kill the Boer’ in werklikheid ʼn verskriklike uitwerking het, word dit al hoe moeiliker vir diegene wat dit verskoon om nie apaties voor te kom jeens slagoffers van gewelddadige misdaad wanneer hulle toevallig boere is nie,” sê Ernst Van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Nou dis nou vir jou ‘n storie. So eindelik vuur die liedjie tog maar die daad aan…
Ek het wragtig nie meer woorde nie…
Nou toe, waar is die knaap wat Malema die toestemming gegee het. Jy en Malema is direk verantwoordelik
En Gaum van die HRC.
Dis mos net n liedjie ne mense?!?!
Die hof het mos toestemming gegee om die lied te sing. So hulle ook aandadig. Wie gaan daai meneer aanvat daaroor
Net laas week het Mnr. Thabo gese dat dit hom nie bekomer dat die EFF die liedtjie sing nie want niemand sal dit leterlik opneem nie. Nou ja toe…. kyk net hier. Wat se jy nou?
Al wat hulle nou gaan se is dit is nie SA burgers so sorry
Nou vra ek Thabo Mbeki en Cyril Ramaphosa: Wat beteken dit? Is dit nie genoeg nie? Soos dit van hier af lyk, keer julle dit goed. Want daar word niks gedoen nie.
As iemand dit moet vertaal sodat Malema kan verstaan, sal dit gedoen word. Ons raak nou regtig moeg!!!
En dan sê die groot koppe dat “Kill the Boer” het nie ‘n invloed nie?!?!
Gelukkig het julle nie iets oorgekom nie. Dit kon leliker geraak het. Dit klink nie of die aanvallers wapens gehad het nie maar julle ook nie. Skaf maar wapens aan. Julle kon hulle behoorlik ‘n les geleer het as julle gewapen was.
Hoop Cyrel is trots op homself want die rassis gee net om vir bricks, bogger die mense van die land en veral wit mense wat hom ryker maak!
Ek kan nie myself indink hoe jy op ‘n plaas woon sonder vuurwapens nie? Inteendeel, enige plek in Suid-Afrika.
Dit is die probleem die aanvallers verdedig hulself nie ,hulle is net slagoffers en die aanvallers weet dit.
En malema loop nogsteeds vry rond laat ek net een ding nou se sit ek met by bas in die trok. Tragies sterkte aan hulle ons bid vir julle
miskien is dit tyd , dat ons ook n struggle lied begin sing. in SA moet jy vuur met vuur veg, daar is nie n ander oplossing nie. Ons volk moet weer na mekaar begin kyk en saam staan, dit is al hoe ons hierdie tot n einde gaan bring.
Die verskil is, jý sal in die tronk beland vir jou “struggle lied”.
Mens moet te alle tye paraat wees, dis ongelukkig ‘n feit. Paniek knoppies, pepersproei, vuurwapen, slaangoed enigiets en alles moet byderhand wees. Ai dis net erg!
Ons boer weet dat hul sagte teikens is en steeds is die veiligheids aspek laaste op die lys
En hierdie regering sit terug en laat daai suurstof dief doen en sê wat hy wil
Malema behoort aangekla te word hiervoor.
Dis nou interessant – die aanvallers was Malawies. Hulle behoort dus geen historiese griewe teen wit Suid-Afrikaners of Boere in die besonder te he nie. M.a.w. hulle gebruik die opswepery wat deur Malema en die EFF gepleeg word as geleentheid om te roof en ander misdade te pleeg.
Ek is dankbaar dat die egpaar die aanval oorleef het.
Ek wonder wat die MRK hiervan sê?
Boere moet nou met vuurwapens ten alle tye reg wees en dit gebruik..
Tog so jammer hulle kon in die hof verskyn dit sou beter gewees het as hulle voor Avbob verskyn het.