Plaasbakkie met doodsdreigemente bespuit

Die bakkie waarop ‘Kill the Boer’ gespuit is. (Foto: Facebook)

ʼn Plaasbakkie is die afgelope naweek in Noordwes met die woorde “Kill the boer”, #Killyou en #Kill in rooi spuitverf bespuit voordat dit aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.

Volgens Funani is die Toyota Hilux-bakkie Sondag omstreeks 02:00 op ʼn kleinhoewe in die Buffelspoort-omgewing naby Marikana met dié doodsdreigemente bespuit en aan die brand gesteek voordat die klaer op die bakkie afgekom het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Funani het gesê die 38-jarige klaer is nié ʼn boer nie. Luidens berigte behoort die bakkie aan ʼn plaasbestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Terloops ·

… en plaasaanvalle is nie polities nie…
Wie glo nog sulke nonsens?
Wees gereed mense, dit gaan nog veel erger word.

Francois ·

Hierdie is n direkte waarskuwing vir ons almal.
Ons moet dit ernstig opvat en begin voorbery.

Aster ·

Nogal ‘n saak van kwaadwilleg saakbeskadiging. Nou vra ek jou waar is die HAATSPRAAK in dit! Nie baie moeilik nie nê.

Maans ·

Die woord boer behoort ernstige haatspraak te wees veral as dat deur swartmense gebruik word teenoor wittes. Dit is vir my erger as wat die k word vir hulle kan wees

Hanna Hoekom ·

MRK sal bevind dat dit nie haatspraak is nie. Feite. Moet net asb nie die ou landsvlag vertoon nie. Dit is haatspraak!

Linette Sauer ·

Toyota nogals! En dit nadat hulle so duidelik kant gekies het teem Afrikaans? Wys jou nou né….

Kaaskop ·

Se ook mos ook sommer dadelik vir myself! Weet die anc/eff dan nie hoe lief Toyota vir hulle is nie en hoe hulle Steve en sy ondersteuners verag nie!!

Ou bobbejaan ·

Dus nogal ñ plan as jy nie meer jou betaaling op bakkie kan bekostig nie. Wonder maar net.

heinrich ·

mag die Skepper ons van ons vyande verlos.?
dit verg bekering.

Ani ·

Glo nie die maak van die bakkie speel ‘n rol nie?
Dis teen die BOER, dit staan op die voertuig..
EFF promote die “Kill a Boer” situasie maak ‘n saak teen hulle en Malema.
Afriforum kyk asseblief daarna?

Werner ·

Hulle het seker nie gehoor die bokke het die wereldbeker gewen nie

Maklik ·

Geen wonder Afrika sal altyd arm bly nie! Als word afgebrand of verwoes as dit nie jou eie is nie. Zimbabwe is die bewys!

Emma ·

Ramaphosa praat van versoening, hy moet liewer vir sy anc regering die eff en blf leer van versoening. Hulle is die mees rassistiese lot wat in die land van ons is. Hoekom altyd na die wittes kyk vir versoening. Hulle blaas mos die ras vlag aan. Kyk waar dit hulle nog sal bring n land van hongersnood en armoede.

Helena ·

Vir interessantheidsredes; op grond waarvan sê jy dit Sonja of te wel waarop baseer jy jou stellings?

Kootjie ·

Tekens van die tye!! En niks anders nie! Wees gereed!! Moenie skrik en met ‘n slapriem gevang word nie! Dit gaan in elkgeval gebeur!!! Of ons nou wil….. of nie!!

Karools ·

Soos sekere woorde nou onwettig is (K, H…ens)… hoekom word die dreigemente soos die nie ook onwettig nie?

Antjie ·

Ironie is: Dit is rééds onwettig! Sulke mense steur hulle nie aan reëls, feite of basiese menseregte nie. Diegene wat dit toe-oë toelaat behoort op hul eie, donker harte gewys te word.

K.P ·

Die term boer moet as n skel woord gemaak word deur mrk wanneer dit deur swartmense gebruik word. Hulle gebruik die woord in skeltaal dieselfde as die k woord vir hulle. Ek sien nie die verskil in woorde afkomstig van sekere groepe

Herman van Staden ·

Kwaadwillige saak beskadiging, my genade. Wat van haatspraak????????

spioen ·

@Helena, werk jy vir die intelligensie diens ? Omgekoop met goud en silver?

Nel ·

@Helena; Overgesetsynde, “He who lives by the sword, dies by the sword” (Gen 31)

Alice ·

@Nel waar in Genesis 31 staan dit wat jy sê? Kan jy asb die vers gee.

Alice ·

Matt 26:52 (1953) Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

KO ·

Sonja ek weet nie van 2020 nie, maar ek stem saam hulle uurglas is byna leeg.
Goed gestel.

Lollie ·

Julius en sy trawante is verantwoordelik vir sulke dinge. Hulle is rassisties in die ergste graad en blaas haat aan. Hulle sal al die wittes uitroei as hulle kan.
Tot die EFF nie in die bek geruk word nie sal dit net vererger!

Penellope Jones ·

Nogal so oor die naweek van die EFF se konferensie . . . .

Moppie ·

Hoop rerig dat Afriforum dit ook kan aanvat in di hof want soos baie se Waarneer is dit dan Haatspraak en kyk maar di kleur van verf of hoe, word mos kort kort deur rooi kleur gese of hoe

Vonkprop ·

Ek ruik EFF-petrol wat gebruik is. Hierdie is maar net weer ‘n lafhartige poging om vrees in te boesem onder boere en witmense. ‘n Boodskap om te sê hulle is nog aktief hulle het ons nie vergeet nie.

Kriekie ·

Nou will ek weet.
1. Wie was die vandalistoese haatspreker wat dit geverf het?
2. Waar is die polisie nou?
3. Waar is daai hater wat brandstigting openlik uitvoer?
Haatspraak, vandalism en brandstigting in een oomblik.
Hoekom aanvaar die boere dit net???
Wie het daai ” before “en “after “fotos geneem?

Katrientjie ·

As jy mooi kyk is dit foto’s ná die tyd … Geen “before”

Hanna Hoekom ·

Hierdie klomp verstaan nie van versoening nie! Stel ook nie belang nie. Hulle wil vergeld! Groot verskil tussen versoening en vergelding. Ek vier Geloftedag!

Anoniem ·

Ek stem saam Helena, Sonja maak ongegronde voorspellings…Sonja waarvan praat jy tog!

George in Bloem. ·

Ek neem aan die Polisie “monitor” die situasie so alles sal ok wees en soos gewoonlik is niemand gearresteer nie? Dit gaan darem lekker hier in wettelose Azania?

Genoeg ·

Die Boere het gewoond geraak aan haatspraak, plaasmoorde en misdaad. Die regstelsel beskerm mos die krimineel en die Boere moet maar die ander wang draai. Solank as wat niks gedoen word aan die skuldiges nie, sal die Boer altyd beskuldig word vir als wat verkeerd is in die land en haatspraak, plaasmoorde en misdaad sal voortgaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.