Plaaswerker in kamer vermoor

Luan Preston (Foto: Facebook)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn plaaswerker oor die naweek in sy kamer op ’n plaas tussen Port Shepstone en Oslo-strand verskeie kere met ’n voorwerp gesteek en verwurg is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die liggaam van ’n man is Saterdag op die plaas waar hy gewerk het gevind.

Die man het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad. Maroela Media verneem die slagoffer is Luan Preston.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, was daar geen gedwonge toegang tot die kamer nie.

Van Preston se persoonlike besittings word vermis ná die voorval, het Mbele gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Preston se ma, Elsabe, het op Facebook aan haar seun hulde gebring. “So sal moeder soos jy my genoem het jou onthou altyd besig om iets met daai besige hande te doen rus sag my kind (sic),” het sy geskryf by ʼn foto waar Luan besig was om aan ʼn vierwielmotorfiets te werk.

Luan Preston. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

emily ·

KOM CR waar is JY nou.
NATUURLIK is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Mariana ·

Wat meer kan mens nog sê as Sterkte aan sy ma en familie. Dit is net nog ‘n onsinnige moord wat deesdae eie is aan die land. RIV.

Helena. ·

My innige medelye aan n moeder wat treur..mens kan nooit ophou om te vra, hoekom. Sterkte aan al sy familie en vriende. God gee krag.

Essie ·

Ek wil net weet die man is van sy lewe beroof hoekom kan die doodstraf nie weer ingestel word as die skuldiges gevang word nie dan raak ons van die vrot appels ontslae

My mening ·

Het jy al gedink hoeveel wit mense sal die doodstraf kry vir alerande goed . Soos byvoorbeeld kamstig iemand van n bakkie afgooi en dan het hy eintlik gespring. Of as jy per ongeluk n swarte doodry ?

nannie ·

Innige simpatie aan ouers, familie en vriende.
Wonder ook waar is CR vining om simpatie uit te deel oor die naweek,
maar niks wanneer iemand op die plase doodgemaak word.

christine ·

Baie sterkte aan sy moeder en familie en vriende.So jonk en so wreed .

Rochelle Carstens ·

Wat n pragtige jongman..Luan se mamma, ek sit en huil nou dat die trane loop. Sterkte vir die pad vorentoe, wens ek kon jou n drukkie gee, maar ek bid vir jou. Rochelle

Anonieme Vriendin ·

Dit is so hartseer!! En maak erger seer as dit mense oorkom naby aan jou.
Baie sterkte Elsabe en familie. Julle is in ons gebede in hierdie uiterse moeilike tyd. Rus sag Luan.

Ek wonder ·

Dit is baie hartseer. Baie sterkte aan sy familie. Ek sien nie in die berig dat dit n swart persoon is wat hon vermoor het nie. Dit kan dalk wees, maar dalk ook n wit “vriend” want daar is nie gedwonge toegang tot sy blyplek. Maar hy kon dalk vir n swart plaaswerker oop gemaak het. Ons sal maar moet sien wie die skuldige is.

Ekke ·

Ek hoop hy betreur hierdie sinnelose moord net soveel as wat hy die ongeluk betreur wat 24 lewens geeis het….

Hanna Hoekom ·

Dit maak my so siek: CR wil tjank oor mense wat in n hopeloos oorlaaide voertuig verongeluk het, maar n onskuldige jongman moes sy lewe verloor vir n paar aardse besittings? Nou kan ons maar tot die gevolgtrekking kom dat hierdie jongman, net soos duisende ander blanke Suid-Afrikaners, nie onder “our people” tel nie en dus glad nie in CR se boeke tel nie.

Krummel ·

Ja, en so sal dat dit dag vir dag gaan, tot daar niks van ons oorbly nie.

Boerin ·

Om van siek te word…elke dag berigte van drie of vyf aanvalle…deur drie tot vyf of meer lafaards…wrede hatige aanvalle op meeste kere net een slagoffer!!! En geen haan kraai daaroor nie…maar skryf jy net n woord wat nie mooi rym nie…

Johnathan ·

En so word nóg ‘n landsburger se lewe wreed ontneem. Die jong man se lewe het nog voor hom gelê. Ons land bloei en sy mense se noodkrete skree ten hemele maar ons president ignoreer dit en spits hom eerder toe op ekonomiese groei, want dit blyk mos belangriker te wees as mense se lewens.

Soos ek hier sit kan woorde nie die woede binne my beskryf. Dis WITWARM verby. So kan dinge nie aangaan nie. Iewers moet iemand tog aan ‘n oplossing kan dink. Maar dit gaan kos dat wetsgehoorsame burgers moet saamstaan en druk op sekere vlakke uitoefen en sê “genoeg is genoeg” en daad by woord sit.

Rus in vrede jongman. Jy is verlos van hierdie hool wat ons ‘n land noem. My innige meegevoel en simpatie aan die familie en naasbestaandes. Mag Hy jul vertroos en dra deur hierdie moeilike tyd.

Elvira ·

Ek hoop REGTIG julle het n boodskap van medelye van onse President mnr Ramaposa ontang. Innige simpatie. Rus in vrede, jys nou op n baie beter plek. Glo my.

Anoniem ·

Ag ek sit en ween saam met die moeder. WAT ‘n pragtige seun. Hoe sinneloos is dit nie. Sterkte aan die familie. So jammer dat dit gebeur het.

PJC ·

Arme ouers. Hy is seker ook beskou as kompetisie vir plaaswerkerpos soos wat tans met vragmotorbestuurders gebeur.

Jerry B ·

So onnodig en hoekom. Die SA regering laat my aan n dooie boom in die veld dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.