Plakkaat blameer apartheid vir geweld in SA

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Plakkaat wat by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria opgesit is, pak openlik die skuld op apartheid vir Suid-Afrikaners se neiging tot geweldsmisdade. Die plakkaat het ten doel om mense af te raai om geweld as ʼn oplossing vir hul probleme te gebruik.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, voer nou aan dat die plakkaat “absoluut rassisties” is, omdat apartheid die skuld vir die huidige stand van sake in die land kry.

Die plakkaat se boodskap, met sketse ter illustrasie, begin deur te sê dat mense se omstandighede tydens die apartheidsjare gelei het tot woede en geweld omdat hul menseregte geskend is.

Dit gaan voort deur te sê mense het swak mediese geriewe gehad, nie genoeg kos en skoon drinkwater nie en dat hulle gely het onder geweld van die polisie en die weermag.

“Dit het mense geleer om geweld te gebruik om probleme op te los,” lui ʼn uittreksel uit die plakkaat.

“Die meeste jongmense het nie goeie onderrig ontvang nie. Dit het hulle gekeer om goeie werk te vind. Dit het tot misdaad en geweld gelei,” gaan dit voort om te sê.

Die plakkaat voer aan dat al hierdie omstandighede mense “kwaad en magteloos” gelaat het, waarna hulle dikwels geweld beskou het as die antwoord op hul probleme.

Die plakkaat vergelyk ook lewensomstandighede voor en ná 1994 toe Suid-Afrika ʼn demokratiese land geword het.

Voor 1994: “Gemeenskappe was gedwing om hulself teen die weermag en polisieaanvalle te beskerm. Wapens het deel van die alledaagse lewe geword.”

Ná 1994: “Die regering het verander, maar sommige mense gebruik steeds geweld en wapens om hul probleme te probeer oplos.”

Dit gaan voort om te sê dat “geweld deel van ons kultuur geword het”.

Die plakkaat. (Foto: Verskaf)

Groenewald sê hy is diep bekommerd oor die betrokke plakkaat en soortgelykes wat moontlik die ronde doen.

“Ek beskou dit in ʼn ernstige lig en sal ʼn skrywe aan die minister van verdediging, Thandi Modise, stuur om daarop aan te dring dat die plakkaat verwyder word.”

Volgens Groenewald moet daar wegbeweeg word van die tendens om die skuld vir onbevoegdheid, onvoldoende dienslewering en ander maatskaplike probleme voor apartheid se deur te plaas.

“Daar kan nooit regverdiging vir geweld wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alta Alleman ·

Wie is verandwoordelik vir hierdie gemors. Kla hulle vir rassisme aan.

domheks ·

cANCer besef hulle is veramtwoordelik omdat die land se wiele lankal afgeval het. Nou moet hulle die skuld vir iemand anders gee. Wat van OOM JAN VAN RIEBEEK???

Ian ·

Aag wat is nuut. Die mense weet net hoe om die haat aan te wakker en dan op my geld. Hoekom loop hulle nie eerder weg nie.

Marianna ·

Word ons alweer met die Apartheidssweep geslaan? Iemand moet mos die skuld kry vir die onbevoegdheid en swak regering. Dis nie dat daar in die Apartheidsjare nie skole en ordentlike opvoeding vir kinders was nie. Die wet van die ANC was toe ‘Liberation before Education.’ Dan wonder ek net waar het mense soos Nelson Mandela hulle opvoeding gekry en al die ander swartmense vandag wat in die Apartheidsjare gebore is. Nog ‘n ding, en ek praat uit ondervinding. Daar was fantastiese gratis mediese sorg vir swart mense gewees. Hulle het gratis gekraam en alle mediese dienste was gratis. Die wittes het betaal. Hierdie plakaat is maar net weer om onmin te saai tussen swart en wit. ‘Devide and Conquer.’

Kokerboom ·

Anc se desperaatheid ken geen perke. Dit by SANW wat veronderstel is om neutraal te wees(‘n pypdroom).Dit moet aaklig wees as jy GEEN planne het vir oplossing!!!!

H.A. ·

WIL HULLE NIE NOU MAAR VIR EENS EN ALTYD DIE BLANKES UIT DIE LAND SIT NIE, ALLES WAT IN S.A. SKEEFTREK IS AS GEVOLG VAN APARTHEID…TOT DIE HOENDER WAT N EIER NIE KAN LE…EK SMEEK TOG SO DAT HULLE ONS MOET POS UIT DIE LAND!!!

Johann ·

Dis amper onwerklik om te dink iemand het die stuk propaganda bedink en laat druk? Nog erger dat dit so openbaar ten toon gestel word? Sonder enige aanspreeklikheid. Vind uit wie dit gedoen het en kla die rassis aan by elke mointlike instansie. Begin by. Gaum en sy MRK.

GWS ·

Dit en sulke aansprake maak my magteloos kwaad! Vir hoe lank gaan appartheid nog die skuld kry?! Diesulkes wat geweldsmisdaad vandag pleeg was nog nie toe eers gebore nie!!!

Nicholaas ·

Hul het geen veeskoning, ons boere mense het na die anglo boere oorlog na niks terug gekom agv die verskroeide aarde beleid en boonop is oor die 26 000 vroue en kinders dood in die konsentrasie kampe, maar ons het nie in n hoekie gesit en huil en gese ons soek gratis huise en water en getoj toi, nee ons het ons moue op gerol en begin bou tot hierdie n 1ste wereld land was wat hul natuurlik weer af gebreek het na n 4de wereld land, so hul het geen verskoning en kan niemand blameer.

Pieter ·

Vandag ‘n goeie plakkaat by die dokter gesien wat onderskei tussen suksesvolle mense en mislukkings van mense. Mislukkings van mense:
1. Blameer ander vir hul foute
2. Dink hulle weet alles
3. Arrogant
4. Pak skuld op die verlede, ens.

Duidelik is die ANC as kriminele organisasie ‘n mislukte wese. Hulle is nie deel van die oplossing nie.

Papsak ·

Ag asb se iks dan is daar niks hulle moet net oor hulleself kom

Martin ·

Kan hulle asb die plakkaat verander daar kort nog ‘n prent van Jan van Riebeeck se skip op die agtergrond. Ek wens so die kaders kan ophou met die rasse haat en net aangaan met hul lewens anders gaan apartheid nooit ophou in ons land nie…

Charlotta ·

Apartheid sal altyd die skuld kry vir “hulle” onbevoegdheid. Pateties

Henry ·

Dit is nou tipies van mense as jy mislik dan is dit altyd iemand anders se skuld.

Mariana ·

Maar natuurlik is dit apartheid se skuld, hoe dan anders. Kan tog nie die moordenaars, verkragters, kindermolesteerders, inbrekers en wat en wie nog se skuld wees nie, nee blameer apartheid. Blameer apartheid vir Eskom se kragprobleme, blameer apartheid vir die spanspeletjie wat korrupsie genoem word, blameer apartheid wanneer boere doodgemaak word. Ag wat blameer als op apartheid. Maar tog sê baie kleurlinge en swartes dat hulle beter daaraan toe was in die apartheidsera. Hierdie mense wat die plakkaat opgesit het is deel van die probleem. Hulle is rassiste en besig met hul eie agenda. Hulle breinspoel mense. Wat weet vandag se jeug van apartheid, net mooi niks, behalwe dit wat as waar aan hul oorgedra word. Weet hulle wie was Jan van Riebeeck en hoe hierdie land ontstaan het, ken hulle die geskiedenis? Nee hulle doen nie. Mense word deur hul leiers vertel hoe om die witmense te haat. Hoe is die verkragting van ‘n baba apartheid se skuld? Hoe is moord apartheid se skuld?

Leoni ·

Absoluut belaglik!! Dis al 28 jaar na apartheid, die babas van 1994 is reeds volwasse. Wat n pot snert!!

Mariana ·

Ek kan meer dinge opnoem wat nie apartheid se skuld is nie, maar dit sal lank vat. Net aan die mense wat altyd apartheid en rassisme blameer vir hul lewensomstandighede. Neem bietjie ‘n kykie in die spieël en vat self verantwoordelikheid vir jou eie lewe. Hou op om als en almal te blameer vir jou eie lewe wat so sleg is. En vir die plakkaatmakers, hou op om mense te breinspoel om jou eie siek agenda te volvoer. Sies net lafhartige haatlike mense doen dit. Hou op krap waar dit nie jeuk nie.

T-Man ·

So kan ons dan geweldadig raak weens die huidige omstandighede, diskriminasie en ons mense regte nog geskend word…?

Frank John ·

Demokrasie klink vir my na ‘n “om te demonstrate” en so ver is nog net geweld en verval, diefstal en agteruitgang gedemonstreer. En niemand wil die verantwoording dra vir hul optrede nie. Blameer altyd ander. Eva sê dis die slang, Adam sê dis Eva. Deur die ewe heen is dit altyd iemand se skuld. Nou sê demokrasie dis apartheid. Ek wonder wie apartheid blameer het.

Boksombende ·

Die ANC is lankal uit idees uit. Al wat hulle nou doen is om van hulle ou, vrot idees te herwin.

Misky ·

Hulle (die ANC en regering) dwing apartheid in ons kele af en druk selfs plakkate en is bang mense vergeet apartheid. Hulle hou dit aan die gang en al vir laaste byna 30 jaar

marthie ·

Komaan mense. Apartheid is 28 jaar weg. Los dit in die verlede werk aan die toekoms. Almal kan saam werk maar daar moet ‘n paar wees wat altyd iets byvoeg wat verby is. Hkm moet altyd apartheid bygegooi word mense het 28 jaar gehad om dit reg te stel. Die toekoms is belangrik en moet aan gewerk word. Het al gesien hoe ons nasies van alle rasse bymekaar staan jy kry paar wat fout met almal en als. Dis hoekom als so deurmekaar is.

Harley Davidson ·

Dit is ons eie skuld ons aanvaar alles te maklik en dan is van ons so bang dat ek nie weet hoe leef ‘n mens so nie dit is pateties, joernaliste is te bang om die woord swart te gebruik wat nog van die feite te gee en met ‘n media veldtog te begin om die onderdrukking van die huidige benaaldeeldes teen vorige benaadeeldes te stop net soos die media n groot impak gehad het om apartheid te beëindig.

Bertie ·

Dankie tog vir Apartheid. Nou het die onbevoegde, korrupte ANC-kaders iets om te blameer. Een van die metodes wat hulle gebruik het om in bewind te kom, was geweld. So het hulle die mense geleer om geweld te gebruik. Word die duisende politieke moorde ook gepleeg agv honger?

Johann101 ·

Ons almal dat daar voor 1994 het die anc as freedom fighters hul tot geweld, bomme gewend & mense aangehits tot geweld…
Die anc het die kultuur van geweld gekweek & nou byt dit hulle aan die gat… en nou moet apartheid (die witmense) weer die skuld kry…

LeonS ·

O Heng dis n simple klomp mense die, hulle het meer van die mense doodgemaak.van Zambia se the tot jou.Klippe op hul gegooi en aan brand gesteek,water nasies Doen dit ,polisie van daai tyd kan baie stories vertel

Jr ·

Apartheid SWART KAART is die laaste kaart wat hulle kan speel as hulle die mense van Suid Afrika nie meer kan bluff nie by die poker voting tafel. Hulle dink almal het 30% gekry in skool. Die einste hospitaal waar die pronk op die muur was een van die beste in Africa voor 94. En nou is hy een van die swakste. Ironies nê

melaney ·

Daar is net een rede om so ‘n plakkaat op te sit. Hulle is absoluut desperaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.