‘Polisie-moordenaar’ binne ure vas  

(Foto: SAPD)

Enkele ure nadat ʼn polisiebeampte van Limpopo koelbloedig in sy motor doodgeskiet is, is ʼn verdagte in Braamfontein, Johannesburg, in hegtenis geneem.

Die polisiebeampte wat aan die Burgersfort-polisie verbonde was, is Saterdag in die vroeë oggendure in die Lebowakgomo-omgewing doodgeskiet deur onbekende aanvallers wat in ʼn Volkswagen Golf 7 GTI gery het.

Lt.kol. Matimba Maluleke, Valke-woordvoerder, het gesê ʼn multidissiplinêre span het onmiddellik begin ondersoek instel wat hulle na Braamfontein, Johannesburg, gelei het.

“Die betrokke voertuig met drie insittendes is opgemerk en voorgekeer. Die bestuurder van die voertuig, vermoedelik die moordenaar, is in hegtenis geneem.”

Volgens Maluleke is die span hierna na die verdagte se woonadres in Rooihuiskraal in Centurion. Die huis is deursoek en ʼn vuurwapen, vermoedelik die moordwapen, is gevind en op beslag gelê. “Die span het ook op die voertuig, ʼn groot bedrag geld en ʼn selfoon beslag gelê.”

(Foto: SAPD)

Daar word intussen ondersoek gedoen om vas te stel of die verdagte moontlik by ander misdade betrokke was.

Die verdagte sal binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklag van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en ander moontlike aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wikkie ·

Wens die polisie kon so bevoegd en effltief wees met ander msidaad en moorde ook, nie alleenlik wanneer dit een van hul eie lede se moord is nie.

Linda ·

Wens n multidisiplinere taakspan was ook aangestel na my seun se moord, nou gaan die skuldiges weg kom.

Marcello ·

WOW SAP, Dit doen ‘ n mens se hart goed om sulke resultate te sien. BRAVO vir die beamptes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.