Polisie se DNS-stelsel al maande stukkend

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die elektroniese registerstelsel van die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium, wat bewysstukke vir DNS-ontledings bestuur, is glo maande lank al buite werking. Dit beteken dat duisende verkragters moontlik nie vervolg sal word nie weens ʼn gebrek aan bewyse.

Volgens die drukgroep Action Society se woordvoerder, dr. Rineé Pretorius, is die stelsel sedert Junie verlede jaar af en het dit ʼn geweldige impak op die oorhandiging en verwerking van DNS-toetse gehad.

“Die publiek moet verstaan dat daar ʼn ketting van gebeure is vandat ʼn slagoffer ʼn voorval by ʼn polisiestasie aanmeld totdat DNS-bewyse aan ʼn hof voorgelê kan word. Indien hierdie stelsel nie werk nie, stel dit die ketting bloot en is die geloofwaardigheid van bewysstukke in gevaar.”

Luidens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was daar op 11 November verlede jaar ʼn agterstand van 117 736 onverwerkte DNS-monsters. “Dit beteken dat die jongste syfers wat vandag [tydens ʼn komiteevergadering van die polisie] aangekondig word, na verwagting nóg hoër sal wees.”

Die nasionale raad vir forensiese toesig en etiek (DNS-raad) sal vandag (Dinsdag) voor die portefeuljekomitee oor polisie verskyn waarin die huidige syfers blootgelê gaan word.

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Pretorius sê dat hulle bekommerd is oor die derduisende verkragtingsake wat weens ʼn gebrek aan DNS-toetse hangend is, of moontlik uitgegooi kan word.

“Ons kan nie toelaat dat die verwerking van DNS-monsters ons strafregstelsel só op sy knieë bring nie. Hierdie saak moet dringend aandag geniet. Ons sit met die nodige tegnologie – wat nie in stand gehou word nie – en ʼn skuldigbevindingsyfer van 7,8% vir verkragtings. Wanneer dit by noodsaaklike dienslewering kom, móét politiek op die agtergrond geskuif word.”

Die drukgroep voer aan dat die probleem alleenlik opgelos kan word indien die regering bereid is om vennootskappe met private laboratoriums, wat oor die nodige hulpbronne en kapasiteit beskik, te sluit.

“Die staat moet die wiel van geregtigheid aan die rol kry deur dringend aan hierdie probleem aandag te gee. Indien die regering ernstig is oor geslagsgegronde geweld (GBV), behoort hy elke hulpbron tot sy beskikking in te span om die DNS-agterstand te takel.”

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê dat sy nie kennis dra van die kwessie nie, maar dat sy dringend navraag daaroor sal doen.

Maroela Media sal die polisie se antwoord of die uitkomste van die komiteevergadering publiseer sodra dit bekend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

Welkom in Afrika waar niks werk nie.Daar is geen bevoegdheid,kennis of wil om iets te laat werk nie.Dankie vir die ANC wat weereens wys hulle kan nie.

Androclus ·

Ek kan nie sien hoe sulke alledaagse toerusting wat noodsaaklik is stukkend le vir maande nie,waar is die toesighouers en die persoon in bevel wat moet kyk na sulke dinge.Is net daar vir die naam sies man!

DieKriek ·

Waaaant, normale Staatsdepartemente moet die regte prosedures volg om iets te koop of te laat herstel en dit neem tot n jaar, as jy gelukkig is. Rompslomp. Glo my, ek het in n staatslaboratorium gewerk. Arme mense.

Mauritz ·

Hierdie mense stel net in een ding belang, en dit is die hoeveelheid geld wat elke maand in hulle agtersakke beland. Vir die res voel hulle vere.

Suzette ·

Sal seker maar weer ‘n kommissie van ondersoek moet instel….

jzjz05 ·

Moenie so hard praat nie dalk maak jy hom wakker en hy skrik hom dood

Jedi Knight ·

Hopelik stort ander stelsels ook in duie.
Vuurwapenregister
Bestuurslisensies
Motorlisensies
Sal ons almal se admin baie minder maak.

Adri ·

Bestaan daar nog ‘n vuurwapenregister? Word lisensies nog hernu? Lyk nie vir my so nie.

Retha ·

Ek en my man wag al van 2012 af vir hernuwing, nou weer probeer, maar nog nie eers sms van hoofkantoor af dat dit ontvang is nie

MakersMark ·

“What is wrong” ?
“The machine she is broken”
“Why ? What happened”?
“I don’t know…..”

Anoniem ·

Dalk is dit met opset gedoen sodat skuldiges met hulle lewens buite die tronk kan aangaan.

Gerhard ·

Ek wil nou nie soos ‘n pessiemis of iets klink nie, maar hoeveel bewyse het ons nog nodig om te sien dat die HELE ANC en almal daarby betrokke nie compliant is nie. ALLE staatsdepartemente is in hulle hel. Ek was nog ALTYD trots om ‘n Suid Afrikaner te wees, maar ooooo wee. Oral waar hulle is, val alles plat. Kan ons nie op n manier ‘n plan gemaak kry dat ons die gemors uitsort nie?? Ons verval net al hoe meer in die gemors en om blanke man/vrou met kinders in hierdie land te wees, maak dit soveel erger, want behalwe dat hulle alles tot niet maak, waarheen gaan ons, waarheen gaan ons kinders?
Hoe gaan ons die gemors regkry voor ons soos Zim opeindig? Gee die land vir ons wit Afrikaners, dan ruk ons hom vinnig reg. Groetnis

Ria ·

Kan ons asb net mense kry wat entoesiasties is oor hulle werk. Mense wat kennis het van die werk wat hulle op n skinkbord kry. Ons het kamtig al hierdie dienste in plek , maar niemand om dit te bedryf nie

Willempie ·

Dit klop nog nie ons regering wat al sedert 1994 buite werking is nie.

Hennie ·

Klink vir my Kol. Brenda Muridili het ‘n hele paar vergaderinge gemis. As die woordvoerder moet jy tog op hoogte van sake wees.

Fritz ·

Dis hoekom jy nog steeds n glasie wyn of bier kan drink wanneer jy gaan uiteet. Die laboratorium wat jou bloed moet ontleed sodat jy amptelik in n hof verhoor kan word, is net so agter. Jou saak sal waarskynlik na n ruk uitgegooi word.

JM ·

Môre is nog ‘n dag en krismis kom ook. Ek geniet nou eers my KFC, sal besluit hoe voel ek later; solank ek net my maandelikse salaris kry. Op hierdie trant is die hele land in sy maai in. Om te werk is net te veel moeite.

jzjz05 ·

Hulle stel meer belang om vredeliewende mense te vevolg vir maskers of vir swem in die see as vir hul te streur aan iets so belangrik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.