Polisiebeamptes vas wat glo drank, sigarette steel

Foto ter illustrasie.

Vier polisiebeamptes van die Joza-polisiestasie in Grahamstad in die Oos-Kaap is vir twee verskillende voorvalle van diefstal in hegtenis geneem.

Sers. Lesley Sauls en konst. Justine Freeman het Vrydag in die Grahamstad-landdroshof verskyn in verband met ʼn voorval verlede jaar toe ʼn vragmotor omgeslaan het en daar alkohol op die ongelukstoneel gesteel is.

Die ongeluk het op 13 Oktober plaasgevind en mense het onmiddellik die vrag begin stroop, het Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê. Sauls en Freeman het op die toneel aangekom en glo ook alkohol gesteel. Hulle het van die alkohol na die Joza-polisiestasie gevat terwyl hulle glo ook daarvan aan die eienaar van ʼn kroeg verkoop het.

Die twee beamptes is op borgtog van R500 elk vrygelaat en moet weer op 14 Desember in die hof verskyn.

Ao. Lawrence van Ross en sers. Gareth Paul Prince het intussen ook in dieselfde hof verskyn vir die diefstal van sigarette. Die twee beamptes was glo deel van ʼn klopjag op 5 Junie by ʼn huis waar daar tydens die streng inperkingsmaatreëls sigarette verkoop is.

Die beamptes het glo net sowat ʼn derde van die kartonne sigarette waarop daar beslag gelê is by die polisiestasie ingehandig en die res gesteel. Van Ross en Prince is ook op borgtog van R500 vrygelaat en moet weer op 11 Desember in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Skreiende skande vir die uniforms! Dit verbaas my egter nie dit is immers Cele se trots pffft tsssk net!

Sarel ·

Due wiel draai vir beamptes . Ongelukkig word Politiekke Amptenare ,wat voorbeeld stel steeds beskerm

Casper ·

Nou toe nou,weereens manne in blou wat die blou uniform vir ‘n oranje pakkie gaan verruil. Servamus et servimus ons beskerm en dien.So will ek nie beskerm word nie.

Marie ·

Ek dink Servamus et Servimus beteken vir van hulle niks meer nie.

JohanEtz ·

Dis baie onaangeneem om daagliks te lees hoeveel skelmstreke deur ons SAPD gepleeg word. Die publiek se vertroue in die regsdienaars word al minder…..
Groot regruk is dringend nodig – saam met pluiskeil is dit lankal nie meer ‘n grap nie…..

Hennie ·

Nou wonder ek maar net? Al die sigarette en drank waarop beslag gelê is tydens die inperking, waar is dit gestoor en wie hou rekord daarvan? Wat van ‘n post inperking inspeksie!!!

Genis ·

Eish ou Beki Cele your people man? Do you know it is actually disgrace? Genis se ook maar net? Ek dink mens kan die ware ou Pote net op een hand tel..

Johan ·

Hoe keer jy misdaad as jy eerstens misdadigers in uniforms plaas sonder opleiding, sonder keuring en sonder integriteit?

Anel ·

Hulle het glo almal psigometries en integtiteitstoetse deur gekom. Wat sê dit van die keuringsproses! En ek is seker hulle werk nog almal daarom is die borg so laag. As dit nou een van ons was, sou ons seker nie borg gekry het nie. Skande!!!

lodewyk ·

Cele is meer besorged oor drank,maar sy SAP is die krimenele -OK nie almal van hulle nie,maar ek dinks basies die meeste van hulle-so hy probeer die kolig vermy oor die bedrog in die SAP en diefstal,nou worry hy oor drank?? -nee wat hy is nie n polisie Minsiter se sout werd nie

Dup ·

Sommige kriminele is nou polisielede en sommige polisielede is nou kriminele.”It takes a thief to catch a thief”,of so sê hulle…

Deon ·

Daar is definitief n opleidings probleem, ek kan duidelik sien hulle ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie, ons kan dalk elk aan n lokale polisie man vra of dit reg of verkeerd is om goed te vat by n ongeluks toneel, daar is baie mense wat ek ken wat reken “maar versekering sal dit mos uit betaal” en dit nie as verkeerd sien nie….. Dis n jammerte als val so uitmekaar. En Cele rep nie n woord oor wat eintlik die wortel oorsaak van hierdie tipe goed is nie, gaan eerder na n plaasmoord toneel en kyk hoe mooi die plaas is wat nou nie meer gaan werk nie om daar te staan en mense om te krap.

Christo ·

n Opleidings probleem? Nee, my vriend, dit is n integriteit probleem………

LiveAndLetLive ·

Dit is omdat enige Jan Rap en sy Maat polisie lede word vandag.
Streng keuring sal seker werk voordat hulle in polisie verwelkom word????

Erika ·

Nothing New…_it is usually an inside Job…. Hoe kan ons die Polisie & Cele vertrou
In daardie geval moet hulle maar Oranje uniforms aanskaf…..

LANA is ELANè ·

Ek wonder altyd of hierdie mense nog werk en of hulle op betaalde verlof is? Want sover ek weet hou die SAPD daarvan om lede wat dissipliner aangekla word steeds te onderhou met die belastingbetalers se geld, AL IS HULLE BY MISDAAD BETROKKE!

Christo ·

heelwaarskylik betaalde verlof………jy is mos nie skuldig voor jy nie skuldig bewys word nie. Al word jy op heterdaad betrap.

Mariana ·

Daar sal groot veranderinge in SAPD moet plaasvind. Die kriminele vind lekker vesting daar. Wat het geword van werwingsproses. Hoekom is daar dan so baie kriminele elemente in polisie. Dis jammer, hulle gee polisie slegte naam.

Cornelius ·

Lekker Sous Afrikaaa onder African National Crooks (ANC) beheer. Dit gaan nooit ophou nie en daar gaan oor n paar jaar n 100 Zonfo kommissies wees om die kriminaliteit te probeer aanspeek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.