Polisiehoë afgedank midde blouligskandaal

Lt.genl. Bonang Mgwenya in die hof (Foto verskaf)

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het lt.genl. Bonang Mgwenya, adjunkkommissaris vir menslikehulpbronbestuur by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, in die pad gesteek.

Mgwenya het op 12 Oktober vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn in verband met haar beweerde betrokkenheid by die toekenning van ʼn bedrieglike multimiljoenrand-tender vir waarskuwingstoerusting vir die polisie. Sy het in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê Sitole het Mgwenya drie dae ná haar hofverskyning met onmiddellike inwerkingtreding geskors hangende ʼn departementele ondersoek nadat hy ʼn verslag van die aanklagte teen Mgwenya ontvang het.

Mgwenya is daarna intern aangekla, skuldig bevind en Donderdag summier ontslaan.

“Sitole bly vasberade in sy pogings om korrupsie in die polisiediens uit te roei,” sê Naidoo.

Maroela Media het vroeër berig Mgwenya is die 13de beskuldigde in die sogenaamde blouligskandaal. Verskeie ander voormalige senior SAPD-beamptes word ook aangekla.

Die persone word daarvan beskuldig dat hulle saamgewerk het om seker te maak ʼn kontrak word aan ʼn sekere maatskappy toegeken. Volgens die kontrak sou 1 550 polisievoertuie teen opgedrewe pryse met waarskuwingsligte toegerus word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Einstein ·

En gaan sy al daai miljoene wat sy uit die saak gebuit het hoef terug te betaal???

Cornelius ·

Die ANC regering en sy BEEE beleid is “rotten to the core” en daar is geen werkende oplossing nie. Die korrupsie, diefstal en bedrog is eenvoudig te diep en te wyd.

domheks ·

Cele??????
Wat doen jy met die mense? Almal is korrup!!! Maar volgens jou het hulle goeie opleiding en nie een is skelm nie! Maar wat kan mens nou in die nuwe sa verwag????

Willem ·

Nou hoekom kan die President nie mense in die padsteek nie

SomeOne ·

indien hy die korruptes in die pad steek, moet hy homself in die pad steek

Jack ·

Onmiddelike ontslag is alles goed en wel. As lojale kader kan sy in die nuwe jaar stil stil as attache in een of ander ambassade aangestel word. Wat werklik moet gebeur is verhoor, skuldigbevinding en tronkstraf. Verder verbeurdverklaring van enige opgehoopte pensioen bydraes. Die kaders moet leer skelm wees is baie pynlik.

Dup ·

As jy oneerlike vriende,familie,kennisse en kaders oral aanstel dan werk dit soos die Covid virus.Almal word uiteindelik deur korrupsie en bedrog aangetas.Ongelukkig kon niemand nog ñ entstof vir die korrupsie virus ontwikkel nie.

Suzette ·

Bly om te hoor sy is ontslaan… wonder net watter geld daarmee gepaardgaan?

Willempie ·

Onmiddelike ontslag met volle pensioen. Wat van die “kickbacks” in haar bankrekening ? O ja, dit word sommer afgeskryf. Die belastingbetaler sal mos vir die skade inboet

JohanR ·

Hou maar dop….lt.genl. Bonang Mgwenya sal iewers anders in ‘n lekker ANC werkie ontwaak. Jy kan nie ‘n kader sonder ‘n jobbie in die wereld laat nie.

Androclus ·

Polisiehoë afgedank midde blouligskandaal:Vraag is gaan sy geld terug betaal.?Goeie voorbeeld van haar gemaak,nou gaan sy haar buit eet.

Persheks Adri ·

Hopenlik sonder enige voordele en wat van die geld? Sy moet gaan sit en betaal met rente!!! Cele se trots die klomp genade en hy soek meer mag pffft

My siening ·

En Cyrel sy het die SEB LEER TE VINNIG GEKLIM, sy is voorbeeld van kader opheffing en sy gee nie n duiwel om oor armes, maar volens jou is dit reg so want swart op swart is nie rassisme nie. Net wittes pleeg daai misdaad!

Stefan ·

Lyk my hoe hoër die beamptes hoe laër die gewetes en etiek.

Piet ·

Watse verskriklike salaris het daai vrou nie verdien nie maar gulsig wil nog geld maak. Ek sal dit nooit verstaan nie maar dit gaan verseker ook oor mag en hoe jy die sisteem kan misbruik vir eie gewin. Skande.

SomeOne ·

waarom meld al die “misdadigers” in die polisie hulself nie aan by die valke oor nie, dan is dit gouer afgehandel

Persheks Adri ·

Ons wens dit! Gaan ongelukkig nie gebeur nie skuus ne, maar ek hou van hoe jy dink!

Piet ·

As ek reg onthou, is lede van die Valke self onlangs in hegtenis geneem. Dis hoe ons rol in SA.

Genis ·

Curruption is: dishonest or fraudulent conduct by those in power, typically involving bribery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.