Polisiehond Uzzi veilig tuis ná hy spoorloos verdwyn

Uzzi, ‘n patrolliehond, het spoorloos verdwyn nadat hy twee kabeldiewe agterna gesit het. (Foto: SA Polisie)

Uzzi, ʼn patrolliehond verbonde aan die polisie se honde-eenheid in Gqeberha (Port Elizabeth), is veilig tuis nadat hy Dinsdag in die vroeë oggendure spoorloos verdwyn het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Uzzi en sy hanteerder, konst. Angelo Windvogel, was omstreeks 01:00 op patrollie en het onder meer ʼn kragsentrale tussen Gelvendale en Algoapark besoek.

Windvogel het twee verdagtes gesien wat kabels steel en het Uzzi ingespan in ʼn poging om hulle aan te keer. Die twee boewe het laat spaander, met Uzzi agterna.

“Die verdagtes is nie aangekeer nie en Uzzi het nooit na sy hanteerder teruggekeer nie,” sê Janse van Rensburg.

Nadat die polisie ʼn beroep op inwoners gedoen het om na Uzzi, ʼn Belgiese Malinois, te help soek, het iemand vanoggend omstreeks 08:00 die 10111-noodnommer gebel om aan te meld dat hy Uzzi in die omgewing van Ferguson gevind het.

“Uzzi is ongedeerd en veilig,” sê Janse van Rensburg.

Dit is nie duidelik waar die hond hom bevind het nadat hy verdwyn het nie.

‘n Inwoner het Uzzi ure later opgemerk en die polisie ontbied. Die hond was ongedeerd. (Foto: SA Polisie)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Sò bly jy is veilig en trug by jou hanteerder, dierbare Uzzi

AW ·

Dalk n halsband met n “tracker” aan die hond se nek sit ??

pompies ·

n chip gaan nie vir jou se waar die dier is nie. Die veearts skandeer die chip om die eienaar se info te kry en ja hulle word gechip en hulle het ook polisie range, en ontvang n maadelikse salaris.

twaalfboor ·

Pompies. Waaaaaaar op dees aarde kom jy daaraan dat hulle range het en ñ salaris ontvang? In my 36jaar loopbaan is dit die eerste vir my. Lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.