Polisielid erg beseer toe besetters petrolbom gooi

Die voertuig wat Saterdag in Kraaifontein met ‘n petrolbom bestook is. (Foto: Verskaf)

ʼn Metropolisielid van Kaapstad is in die hospitaal opgeneem nadat grondgrypers in Kraaifontein ʼn petrolbom na die lid se diensmotor geslinger het.

Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, is lede van die stad se metropolisie Saterdag ontplooi om geweld met betrekking tot grondgrype in die gebied te hanteer.

“Om en by 14:00 is hulle deur ʼn groep van ongeveer 600 mense in Bloekombos voorgekeer. Een van die betogers het ʼn petrolbom na een van die voertuie geslinger en die metropolisielid wat in die motor gesit het, het brandwonde aan sy arm en gesig opgedoen,” sê Smith. Die stad het nou ʼn beloning uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die persoon wat die petrolbom gegooi het.

Dié aanval is die jongste van ʼn string gewelddadige optrede teen lede van die stad se personeel die afgelope week. Volgens Smith is 40 lede van Kaapstad se direktoraat vir veiligeheid en sekuriteit sedert verlede naweek beseer tydens gewelddadige aksies wat verband hou met grondgrype.

Die Stad Kaapstad is tans gewikkel in verskeie hofsake met betrekking tot die uitsetting van onwettige plakkers in dele van die metro. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het hom intussen ook nou tot die hof gewend om die Stad te verbied om grondbesetters te laat verwyder. Die EFF het hom by die MRK se hofaansoek geskaar.

Die MRK wil nie net hê dat die Stad Kaapstad verbied word om uitsettings te doen nie, maar ook dat die hof alle bestaande hofbevele wat spesifieke persele teen onwettige grondbesetters beskerm, nietig verklaar.

Grondbesettings en betogings duur voort in gebiede soos Mfuleni, Khayelitsha, Wallacedene in Kraaifontein, Delft, Dunoon, Firgrove in Macassar, Milnerton en Nyanga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annalie ·

Waar kom hulle almal vandaan ? Hulle wil net hê, hê en almal moet maar gee

Gemaskerde Sopbeen ·

As daar behoorlike grensbeheer was sou baie minder grondgrype en dies meer gewees het. Regering laat mos maar instroming van Noorde af toe sonder om te dink.

JohanR ·

Ja ANC/BLF/EFF/ISIS. Julle hou lekker partytjie in Kaapstad hier net voor die 2021 verkiesing. Maar ek het nuus vir julle. Maak nie saak hoe onregeerbaar julle die Wes-Kaap maak nie sal julle nooit weer daar regeer nie. Seker soos aan die wit mense in 1994 gese is “julle tyd is verby”, se die Wes-Kaap nou al jare vir die ANC “hier is julle tyd verby!” Die Wes-Kaap het goeie regering geproe, en wil nie weer terug gaan na vrot vleis toe nie!

Zacahara ·

Lykmy die MRK reken dat grondbesetting & grondvergrype ‘n sg. Mensereg is – is my aanname & interpretasie korrek? Dalk moet ‘n paar mense opruk en die Uniegeboue gaan beset, sommer van die dwase daar ontslae raak (al die wat kwalifiseer as dwase) en dan sommer ‘n nuwe Regering in werking stel….???? Wonder maar net….!!!

Esta ·

Was enige van die 600 gearresteer vir onwettige betoging?, of word dit nou al toegelaat dat jy onwettig 600 mense bymekaar mag kom gedurende die inperking?

ElizeK ·

Wat op dees aarde gaan in die DA beheerde Wes Kaap aan dat hierdie gemors wat ons eens pragtige provinsie in chaos dompel met handskoentjies aangepak word. Laai hulle in trokke en vat hul terug waar hul vandaan kom. Nog beter, gaan “drop” hulle voor die MRK se kantore of voor MAl ema se “mansion” Regtig, hoekom stem ons nog DA, want hulle jaag ook nou net hul eie stert soos n gefrustreerde hond.

Johan ·

Makliker gese as gedoen die DA beheer nie die polisie in die Wes Kaap nie.

Nie Verbaas ·

Jammer om te hoor maar dit is weereens n gekweekte produk van ANC. ANC moet maar verantwoordelikheid aanvaar vir disrespek vir gesag.

JJ ·

“Waar kom hulle almal vandaan? ” vra Annalie. Dis hoe dit werk. Hulle was daar en het gewoon binne die gebied. Die huiseienaars wat die landlords van die agterplaas krotte is, kom byeen en almal saam besluit om die huur te verhoog. Die resultaat is dat huur nie meer bekostig kan word nie. Die “landlords” sit dan die huurders uit- genadeloos. En die huurders het nerens anders om heen te gaan nie. Siedaar, grondbesetting. Waar is die wortel van die kwaad, dink jy?

Cherokee ·

Jy soek dus die ‘wortel van die kwaad’ elders as by grond-besetters.

Grassie ·

‘n Petrolbom is ‘n lewensgevaarlike wapen wat ernstige beserings en selfs dood kan veroorsaak. Die polisie behoort gemagtig te word om hulself met skerp ammunisie daarteen te verweer. Skerpskutters behoort iemand wat in die proses is om ‘n petrolbom te gooi, te klits sodat hy daar in sy eie vuur kan braai.

marius ·

Mishoop land en die haan wat bo op sit dink hy is die belangrikste in die wereld .

PieterP ·

Dit regverdig sie gebruik van lewendige ammunisie… Sê maar net.

Strandloper ·

Opleiding? Dit is n pantservoertuig! Gebruik dit dan so! Moenie met oop skietgate te ry nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Direkte gevolg van die ANC en EFF se basuin oor onteiening sonder vergoeding.

capie ·

Dit is geen geheim dat die anc en eff saamwerk om mense met taxis en busse tydens die lockdown na die Weskaap aanry om hier by die enigste DA provinsie te kom plak. Dieselfde beloftes van huisvesting en werk word gemaak, vandaar die uitlê van plotte. Daardeur sal alle pogings van die Weskaap om onafhanklik te word in die wiele gery word deurdat die mense nie terug gestuur kan word nie. Op die N2 plak hulle al langs die pad en na berig word reeds op die middel strook tussen die bane

gatgogga ·

Die besetters kom van oral. Dit is dalk die ANC wat vroegtydig wal gooi teen selfbeskikking in die Wes Kaap. As ‘n referendum uit uindelik afgeforseer kan word, dan is hierdie nuwe hordes ook kapenare, en hulle mag dan stem. Ons sloer, en ons verloor weer.

Jaco ·

Die DA stadsraad van Kaapstad sal eenvoudig hierdie besettings moet toelaat. Die metropolisie se pogings om dit te keer lei net elke keer tot geweld. Ek het onlangs by 2 van hierdie besette persele verbygery. Dis munisipale grond, so daar was geen bestaande inwoners nie. Wat my egter pla is wat gebeur wanneer wit boere se plase so beset word? Gaan die MRK dan ook by die howe aanbeveel dat die besettings moet voortgaan? En as dit ok is op wit plase, wat van wit mense se huise in stede en dorpe?

Sarel ·

Die SAPD Mag hulle nie selfv verdedig nie. Tie Cele Kommisaris was het hy gesê skiet. Wat nou.

Misky ·

Waar is die meer as 70 000 SANDF wat die belastingbetaler biljoene kos vir die paar maande wat hulle ontplooi is? Hierdie besettings en gemors is nou al weke aan die gang. Hoekom hulle nie inspan en die lot regruk en op hulle plek sit nie…. vinnig-vinnig met hulle afreken. Maar nee, hulle jag gewone burgers wat onwettige sigarette koop en net na 10 saans op die straat is….

AmY ·

En dan gons dit op sosiale media oor drie tieners wat een boom aan die brand gesteek het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.