Polisielid geskiet toe hy hek oopmaak

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Polisiesersant van Walmer in die Oos-Kaap is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagaand in die rug geskiet is toe hy die hek by sy huis wou oopmaak.

Sers. Lungisile Rasmani (46) het glo pas van ʼn skof teruggekeer toe drie onbekende mans hom oorval, aangerand en geskiet het. Hy is ook van sy dienspistool en wapen beroof.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê ʼn grootskaalse soektog is nou na die verdagtes van stapel gestuur. Die polisie het ook sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel terwyl sake van poging tot moord en roof met ʼn vuurwapen ondersoek word.

Die polisie moedig enigeen met inligting aan om hul naaste polisiestasie te kontak of die misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Inligting kan ook op die MYSAPS-app deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna ·

Vir hoeveel was die arme man se lewe verseker. Aan wie word die Versekering uitbetaal??
Ek glo die SAP sal hulle buddie se dood goed ondersoek.
Daar is deesdae teveel versekering moorde.

Waarnemer ·

Wanneer gaan die SAPlede weer hul vuurwapens inhandig by die stasie as hulle van diens gaan?Dit is juis waarom hulle vermoor word….vir hul vuurwapens om gebruik te word om onder andere plaasmoorde en transito rooftogte te pleeg.

Frank John ·

Nog n wapen in die skelms se hande om meer misdaad te pleeg.

Mieke ·

Ai, die arme man. Ek hoop en bid dat hy weer sal herstel. Ek dink hy was seker ‘n bedreiging vir daardie kriminele. (Vir my is hulle nie net ’onbekende mans’ nie maar inderdaad moordenaars en kriminele!)

Cherokee ·

Ek wonder vir watse sake word hul ’72 uur plan’ gereserveer.

Shakespeare ·

Kriminele se beste mark waar hulle wapens kan kry is die SAP. Forniet and for free.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.