Polisieman rand glo onwetend nuwe polisiebaas aan

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Mpumalanga is in die sop nadat hy glo “per ongeluk” lt.genl. Mark Magadlela, nuut aangestelde provinsiale kommissaris, aangerand het, het Beeld Dinsdag berig.

Magadlela was op ’n verrassingsbesoek by verskeie polisiestasies in die provinsie as deel van sy veldtog om korrupsie en dissipline in die polisie te takel.

Hy en sy kollega, kol. C. Mhlonthlo, van die provinsie se regsdienste, het saam in siviele drag in ʼn voertuig gery om ongemerk te wees tydens hul besoeke.

Hulle was op pad na die Belfast-polisiestasie toe hulle die konstabel met ’n polisiebakkie in die dorp sien stilhou. Daar was ʼn kind saam met hom in die amptelike voertuig. Dit is teen die polisie se beleid dat lede van die publiek sonder magtiging in amptelike voertuie vervoer word.

Magadlela het na die bakkie gestap en die sleutel verwyder. Volgens bronne het die konstabel na bewering die sleutels teruggegryp en Magadlela te lyf gegaan. Magadlela het glo tydens die voorval sy vinger beseer.

Die konstabel het ná die voorval na die stasie gery om dit aan te meld, en het daar eers vasgestel hy het die kommissaris aangerand.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, kon slegs die voorval bevestig.

Die konstabel sal glo intern vervolg word.

Lees die opvolgberig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wynand Bezuidenhout

Die kommesaris het gesoek daarvoor. n Mens loop nie en vat mense se voertuig sleutels sonder om jou self te identifiseer nie….dan soek jy mos moeilikheid. Die kommesaris het dus konflik uitgelok en het dit gekry…uiters onprofessioneel. Die beampte het sy werk se voertuig beskerm. Die feit dat hy n familie lid vervoer is verkeerd, maar kom ek vertel julle…in Standerton gebruik hulle die polisie voertuie vir taxis….net jammer ek kon nie vinnig genoeg n foto neem nie. Padreels geld ook nie vir die polisie nie. n Polisie dame het nou die dag op n blinde hoogte met sperstreep veby… Lees meer »

J.Z

Ek het al gesien waar inkoopies met voertuie gedoen word,kruideniers en privaat persone in gelaai word .

irene

Ek het al gesien hoe prostitute opgelaai word met SAPD voertuie, en dit is nie omdat hulle gearisteer word nie……………….laat mens wonder

Theresa

Ag dis niks nuuts nie. Hier in Pretoria sien jy dit gereeld dat kinders ens in polisie voertuie rondgery word en hulle staan lekker by Winkelsentrums geparkeer en word die kruideniers ingelaai. Een het by die winkesentrum gestop. Die vrou het uitgeklim die bakkie agter oopgemaak en ‘n man met sy bagasie afgelaai. Dan moes jy al gehoor het van hulle het nie genoeg voertuie nie of die storie van daar is nie petrol nie.

scalla

Hy moes hom harder geslaan het, dink mos hul is bo die wet, hoe moes die konstabel hom geken het, hoe kan jy een tarentaal uitken in n trop as almal dieselfde lyk, vra maar net.