Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Mogorosi Nthutang (47) en sy vrou het glo Saterdagaand omstreeks 23:30 in ʼn woordewisseling by hul huis in Mahikeng betrokke geraak het.
Volgens Ngubane het Nthutang hierna sy vrou Meisie (41), en seun Obolokeng, doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en selfmoord.
Lt.genl. Zukiswa Mbombo, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye met die slagoffers se familie betuig en het ʼn beroep op polisielede gedoen om van die programme wat in die polisie beskikbaar is, te gebruik wanneer hulle probleme by die huis het.
Dis vreeslik hoeveel polisiemanne al hul gesinne uitgemoor het met hul wapens. Dis mos nie normaal nie, word daar gekyk na die mense sê geestestoestand voor hulle net n wapen kry? Word hulle ooit opgelei of wat gebeur dat hulle skote skiet as daar net bietjie konfrontasie is? Daar moet beter beheer hieroor uitgeoefen word, iewers is iets nie pluis nie.
Dis hartseer. Die manne en vroue word opgelei om konfrontasie met geweervuur te beantwoord, maar dit werk nie so met huishoudelike geweld/konfrontasies nie.
Die gemoedstoestand en moraal van polisiemanne is oor die algemeen baie laag … bestuur in die polisie sal moet WAKKER SKRIK!