Polisiemoorde: ‘Gebruik dodelike mag,’ sê Cele

Bheki Cele. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Bheki Cele, minister van polisie, het tydens die begrafnis van ’n polisiebeampte, een van ses beamptes wat in die afgelope tien dae vermoor is, gesê beamptes moet onthou dat hulle dodelike geweld mag gebruik.

Cele het sy skok uitgespreek nadat nog twee beamptes die afgelope naweek in die Wes-Kaap vermoor is. Twee beamptes van die Kraaifontein-polisiestasie is oorval en doodgeskiet terwyl hulle Saterdagoggend patrollies gedoen het. Die beamptes is van hul dienspistole beroof.

Vier beamptes is verlede week in KwaZulu-Natal vermoor. Konst. Mfihloyakhe Ndlovu, wat doodgeskiet is toe hy op ’n klag van gesinsgeweld gereageer het, is Sondag ter ruste gelê. Cele het tydens Ndlovu se begrafnis gesê die polisiediens is geskok oor die aantal polisiebeamptes wat vermoor word.

“Hoewel dit tans ’n donker tyd vir ons in die polisie is, sal ons nie deur hierdie lafhartige dade afgeskrik word nie. Laat ek polisiebeamptes daaraan herinner dat die wet aan jou kant is om daadwerklik te reageer as jy deur misdadigers gekonfronteer word en dat jy dodelike geweld mag gebruik om jouself te verdedig.”

Cele het versoek dat misdade teen polisiebeamptes swaarder gestraf word aangesien die polisie ’n nasionale bate is wat ten alle koste beskerm moet word.

Die minister het ook die sterftes weens voortslepende bendegeweld in die Wes-Kaap veroordeel. Hy het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om die polisie by te staan in die stryd teen misdaad deur inligting te verskaf wat die polisie met hul ondersoeke kan help.

“Terwyl die onus op die polisie rus om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, het gemeenskappe ook ’n rol om te speel aangesien die misdadigers wat hierdie gruwelike dade pleeg uit die gemeenskappe kom wat ons bedien. Dit is nou die tyd om die verhouding tussen die gemeenskap en die polisie te versterk,” het Cele afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Jy’s ook altyd net geskok hoed pffft. Jy moet báie mooi onthou dat enige persoon se lewe belangrik is nie net jou mense s’n nie. Nie lekker as dit met jou mense gebeur nie ne? Nou weet jy hoe voel ons klomp boere en blankes ook!

Christo ·

Ja, mnr Cele – die plaasmoordenaars gebruik wel dodelike mag. Wat weet jy van dodelike mag af?
Jy vind eers n week na n moord daarvan uit. Dan is die moordenaars laaaaankal weg!

Wielspore ·

Die probleem van geweld misdaad in SA is die gevolg Cele se mede ANC lede, swak bestuur van ons land en swak opleiding van SAP lede. Daar is ‘n groot gedeelte van die SAP lede wat nie aan die minimum kwalifikasies voldoen en nie behoorlik opgelei is en dan word hulle blootgestel aan situasies waarvoor hulle nie opgelei is.

Nie Verbaas ·

Stem saam plus die regstelsel het verswak. Die kaders het geen respek meer vir polisie nie maar dit is weereens die gevolg van korrupte ANC se beleid. Sekere polisielede se arrogansie dra ook by tot verlore respek.

Spyker ·

Die Minister – Generaal, moet nou begin werk aan die keuring van van sy mense en daarna moet opleinding weer op standaard kom en daar gekyk word aan menseverhoudings en dienslewering. Dit gaan jare neem, indien ooit om reg te stal.

OW ·

Hierdie mense weet van keuring en bestuur ‘n ronde nul.Hulle het nie deur die Polisie se bevorderings vlakke beweeg nie.Hoe kan iemand ‘n departement of wat ookal bestuur as jy nie weet hoe die prosesse werk nie?Polisie is ‘n sleutel portefeulje en het mense met opleiding en bestuurs vaardighede nodig.Cele is nog ‘n Zuma aanstelling en sit op ‘n landmyn.

Hennie J ·

Hierdie tipe uitsprake vanaf n minister is sprekend van die verwronge regstelsel waaraan ons onderwerp is. Vervolging of nie is eerstens die ‘reg’ van die staatsaanklaer, n persoon wat maak en breek sonder enige aanspreeklikheid en wie se rassistiese besluite gewoonlik staan.

Androclus ·

Dan moet by plaasmoorde ook alle mag gebruik word,want moord is moord.

Genis ·

Dis enige iemand se reg om jouself te verdedig… Die problem in die SAPD is Leierskap, of kom stel dit so.. die gebrek aan leierskap en die onvermoe om bevoegde mense aan te stel… Tweedens wat van boere wat so brutal vermoor word?

BoepensVark ·

….If you outlaw guns, only outlaws will have guns….

Nie Verbaas ·

Meneer Cele, dit is alom bekend en duidelik dat ek glo die meerderheid lede swak opgelei is en n totale gebrek aan behoorlike kommunikasie het. ANC moet selfondersoek doen en eerlik wees oor die oorsprong van die huidige probleem. Jare terug sou iemand dit nie sommer gewaag het om n hand te lig teenoor n lid van die polisie nie. Vandag is dit n alledaagse geval. ANC moet hulself afvra hoekom. Antwoord is ooglopend vir algemene publiek.

Michael ·

Die moorde is blykbaar nie so groot probleem soos Covid nie want waarom sien ons hom nie saam met sy treurige beamptes saans in die strate stap in die bendegeteisterde gebiede om die misdadigers te arresteer nie. Hy was dan gereeld op strande en openbare plekke om die misdadigers wat met hulle kinders daar stap te intimideer.

Casper ·

Oor hierdie onderwerp kan ons ‘n maand en ‘n aand praat.
1 Sommige polisielede is by misdade betrokke insluitende hoë offisiere.
2 Die publiek het geen vertroue meer in lede by sommige stasies nie.
3 Die polisie mag dodelike geweld gebruik om hulle self te verdedig maar boere nie.Boere word op die mees onmenslike wyses vermoor maar oom met die hoed swyg soos die graf daaroor.
4 Daar is twee stelle paroolreëls.
5 Geen vonisse moet gelyklopend uitgedien word nie.
Dit is so jammer dat polisielede die hoogste prys moet betaal in die ontvoering van hul pligte terwyl van hulle kollegas omgaan met dwelmbase en hulle beskerm.
6 Charl Kinnear het polisielede ondersoek en is vermoor want sy beskerming is gestaak deur wie en hoekom.Oom met die hoed gaan kyk in die spieël en vra jouself die vraag of jy waardig is om ‘n minister te wees aangesien jy ook ‘n daad van korrupsie gepleeg het.

Johanna ·

Cele sit langs Malema ….. in plaas daarvan om hom te distansieer en objektief te bly. Join hy dalk die onderwereld soos Zuma, Guptas en Kinnear se moordenaars. Dis tragies dat polisie lede mekaar se grootste vyand geword het. Hulle kan mekaar glad nie vertrou nie.
Daar is GEEN order in ons land NIE..

Natasha ·

Dalk moet hy met sy maaitjie Malema wat sy trawante aangemoedig het om polisie in hulle huise dood te maak gaan gesels.

Genis ·

Ek stem, Malema se maak dood boere, en niks gebeur… Malema se maak dood polisie en niks gebeur… Maar wat hy se gebeur wel… Laat mens dink ou Cele wannabe Cowboy

Tino ·

Dalk met beter opleiding en nie net deurdruk om kwota te behaal nie sal hulle meer paraat en bevoeg wees om hulle werk te doen…

Ansie ·

Sal hulle ook dan in hegtenis geneem word op aanklag van moord en hulle wapens gekonfiskeer word? Dis mos wat met ander mense gebeur wat hulleself teen moordenaars en geweldenaars beskerm.

Pierre ·

gaan drink tee met Julius wat openlik se polisie moet aangeval word……o ja, jy het niks daaraan gedoen nie.

Pietertjie ·

Die hoed pas nogal by daai stelling. Soos Ramaparra tereg gesê het oor die Staatsdiens…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.