Polisietender: ‘Ondersoek ander hoës ook’

Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Action Society het die inhegtenisneming van ʼn aantal polisiehoës, onder wie die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, Johannes Kgomotso Phahlane, verwelkom.

Die drukgroep sê die jongste inhegtenisnemings moet nou die weg baan vir verdere ondersoeke na beweerde misdadige bedrywighede.

Phahlane, lt.kol. Godfrey Mahwayi, genl.maj. Maanda Obert Nemutandzhela, genl.maj. Mankosana Agnes Makhele en sakemanne Inbanathan Kistiah en Aventra Naidoo is Maandag in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by twee polisietenders wat in 2016 oopgestel is.

Die tenders beloop ʼn algehele bedrag van meer as R54 miljoen.

Die verdagtes het Woensdag in die hof verskyn en is op borgtog van tussen R5 000 en R50 000 vrygelaat.

“Hierdie verkrygingsooreenkoms het die vorige nasionale kommissaris, lt.genl. Khehla Sitole, sy werk gekos. Ek glo dat hy binnekort ook in hegtenis geneem moet word [vir sy beweerde betrokkenheid],” sê Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society.

“Hiermee saam moet ʼn ondersoek na die huidige minister van vervoer, Fikile Mbalula, van stapel gestuur word. Mbalula is nie net destyds deur Sitole genoem as ʼn betrokkene by die tenders nie, maar was ook in daardie jare die polisieminister.”

Action Society sê al vir ʼn geruime tyd dat die polisiediens “skoongemaak” moet word.

“Die skandaal is weereens ʼn bewys waarom misdaadintelligensie in die land tekortskiet; dit is omdat diegene wat in beheer is, die eintlike misdadigers is.”

Cameron sê hy hoop dat die strafregtelike klagte teen die verdagtes die eerste stap sal wees om van diegene in die polisiemag ontslae te raak wat dit probeer gebruik as ʼn “eindelose bron van buitensporige inkomste in plaas daarvan om die veiligheid van Suid-Afrikaners te verseker”.

Phahlane en sy medebeskuldigdes se saak sal op 7 Desember weer in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

domheks ·

Fikile Mbalula – se naam is al in die engelse koerante genoem! Seker weer soooooo onskuldig!

Danie ·

Fikiele word beskerm net soos cele ek vertrou hulle gaan mekaar begrawe en nog ander ook ontbloot.Dit is soos wat hulle operate.Dalk een of twee uit die pad haal.

Vettiemaragartos ·

Goeie werk Action Society! Baie dankie dat julle nie Shuddup nie!!!!

gpsa ·

Die regs stelsel moet ondersoek word om vas te stel waarom hoe profiel mense nooit gestraf word nie. Heidie saak sal heel waarskynlik ook geen gevolge vir die persone inhou nie. Tien talle was al ge-arresteer en in die hof. Selfde padjie. Ondersoek, in hegtenis, hof toe, borg, sloer sloer niks.

Watsenaam ·

Onder soek die, ondersoek daai,
Man jaag die hele spul kurupte, sogenaamde leiers en politikusse die see in, dit wil voorkom of die hele spul waarskynlik krimineel is. Hemel dit gaan net aan en aan, dit sal NOOIT stop nie

Jacobus ·

ASB ons wil nie die oceaan verder besoedel nie en dan stroop hulle nog die plek van alles met waarde. Grappie!!!!!!!! Stem saam met jou.

Spyker ·

Hoeveel keer gaan hierdie saak uitgestel word?
Ek voorspel dat dit nie binne vyf jaar, indien ooit, afgehandel gaan word nie.

Herman L ·

Die hooggeplaaste wolwe wat in skaapwagtersposte diens doen! Daar is sekerlik nog baie van hulle. Kom ons hoop daar is min genoeg wolwe in die strafregstelsel om hulle vir lank in geel klere te tooi.

Waarnemer ·

Waarom is hulle op borgtog vrygelaat en nie soos ander misdadigers toegesluit nie?

Jacobus ·

Ian Cameron jou goeie werk wat jy doen gaan nie ongesiens verby nie. Hou so aan ek waardeer dit.

Danie ·

Ek lank gewag vir die sapd skandaal.Dit is maar net die punt van die ysberg sover die ander korruptes nog indiens diep gewortel in die diens.Ek kan nie als se nie maar dink dit die laaste doodsnikke van die blou diens.Die vrot spul het alles in hulle vermoens gedoen om eerlikes uit die pad te kry en te laat ontslaan.Nou het die dag gekom van dieselfde medisyne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.