Pollard en vrou verwelkom babaseuntjie

Handré en Marise Pollard by hul babaseuntjie, Hunter André Pollard. (Foto: Instagram / Handré Pollard)

Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, se babaseun het vandeesweek sy opwagting gemaak.

Luidens ʼn inskrywing op die skopsensasie se Instagram-profiel is klein Hunter André Pollard op 25 April gebore.

“Ons grootste seëning en liefde,” het Pollard en Marise by ʼn foto van hulle en hul nuweling geskryf. Op die pragtige swart-wit foto lê ʼn piepklein Hunter snoesig in Marise se arms met ʼn mussie op sy kop. Die foto is in die hospitaal geneem.

Volgens die inskrywing het Hunter by geboorte 3,6 kg geweeg. Hy is 52 cm lank.

Springbok Eben Etzebeth en sy vrou, Anlia, het in Januarie vanjaar hul eersteling verwelkom, maar nie veel oor hul pienkvoet verklap nie. Skrumskakel Faf de Klerk en sy vrou, Miné, het einde Februarie ouers geword.

Klein Remi-Ré de Klerk is op 37 weke en vier dae gebore. Sy was 48 cm lank en het die skaal by geboorte op 2,85 kg laat stilstaan.

Malcolm Marx en Herschel Jantjies is saam met De Klerk, Etzebeth en Pollard deel van die 2024-pappaklub.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.