Babanuus vir nóg ʼn Bok

Miné de Klerk, Faf se vrou, wys haar babamagie tydens haar babatee. (Foto: Instagram/Jandré Koch)

Dit blyk daar was omtrent iets in die Springbokspan se drinkwater, want dit het pas bekend geword dat nóg ʼn Bokspeler gaan pa word – dié keer die geliefde skrumskakel Faf de Klerk.

Op foto’s van ʼn babatee wat oor die naweek op Instagram gedeel is, pryk Faf se vrou, Miné, met ʼn babamagie in ʼn vloeiende somersrok voor ʼn bord wat lees “Baba De Klerk”, omring met groen en goue ballonne.

Die foto’s is gedeel deur Jandré Koch, wat getroud is met die Springbok-vaskopstut Vincent Koch.

“Ons vier die pragtige mamma in wording,” lees die inskrywing op Instagram saam met ʼn aanhaling uit Psalm 139.

Miné is ʼn apteker van beroep. Die egpaar is op 1 Oktober 2022 by die La Paris-landgoed in Franschhoek getroud.

Faf is deel van ʼn string Bokspelers wat sedert hul Wêreldbekerrugby-oorwinning in November babanuus gedeel het: Malcolm Marx, Eben Etzebeth, Handré Pollard en Herschel Jantjies is saam met Faf deel van die 2024-pappaklub.

Eben en sy vrou, Anlia, het Saterdag aangekondig dat hul eersteling op 16 Januarie gebore is.

Faf en Miné is in Oktober 2022 in Franschhoek getroud. (Foto: CBD Marketing/Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Conraad ·

Hoe kan dit wees, twee “Springbok-babas” in een week. (En dan is daar die “Pollard enetjie.”)
Dis tyd vir Sherlock Holmes. Hy sal begin deur te vra: “Nege maande gelede: Waar en watter toer het die Spingbokke klaargemaak en dan teruggekeer na hulle geliefdes…”

Ronél ·

Die Bokke kan beslis meer doen as net rugby speel. Ek hoop dis ‘n klein FAFSTER xoxox

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.