Poskantoor kán nog gered word

Die Poskantoor op Vredefort ter illustrasie. (Foto: Post Office South Africa/Facebook)

Die sakereddingspraktisyns wat daarmee gelas is om die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se agteruitgang te stuit is oortuig daarvan dat daar ʼn “redelike vooruitsig” is om die Poskantoor weer op die been te kry.

Regter Elmarie van der Schyff het vroeër vandeesmaand Anooshkumar Rooplal en Juanito Martin Damons gesamentlik as tussentydse sakereddingspraktisyns aangewys nadat die Poskantoor amptelik in sakeredding geplaas is.

Dié praktisyns is intussen voltyds aangestel en het reeds met die proses begin om die Poskantoor se geldsake te probeer omkeer.

Rooplal en Damons sê met die R2,4 miljard wat die Poskantoor uit vanjaar se nasionale begroting ontvang het, die bykomende R3,8 miljard wat hy kry om die sukkelende staatsinstelling te herkapitaliseer, die herstruktureringsplan en die ondersteuning van die regering, asook die Poskantoor se werknemers en vakbonde, kán die Poskantoor gered word.

“Ons primêre doelwit is om Sapo te red deur sy finansiële en bedryfsake te herstruktureer op ʼn manier wat die waarskynlikheid verhoog dat die maatskappy sy bestaan ​​op ʼn kredietwaardige basis kan voortsit,” sê Rooplal.

“Indien dít nie moontlik is nie, wil ons ʼn beter opbrengs vir die maatskappy se krediteure en aandeelhouers gee wat andersins uit die onmiddellike likwidasie van die maatskappy verkry sou word.”

Sakereddingsplan

In ʼn onlangse vergadering met die Poskantoor se krediteure het Rooplal en Damons aansoek gedoen om die bekendmaking van Sapo se sakereddingsplan tot 30 November uit te stel.

Die uitstel is gevra weens die “grootte van die maatskappy, die verskeie belanghebbendes wat betrek moet word en die tyd wat benodig word om die sake van die maatskappy deeglik te ondersoek”.

Rooplal het tydens die vergadering gesê hulle moet ʼn deeglike begrip van die Poskantoor se sake hê voor ʼn doeltreffende sakeplan saamgestel kan word.

“Ons kan nie bloot ʼn pleister hierop plak nie, anders gaan Sapo oor ʼn jaar weer in dieselfde posisie wees – wat tot niemand se voordeel gaan strek nie.”

Al die krediteure het die verlengde spertyd goedgekeur.

Komitees

(Foto: SA Poskantoor)

Die sakereddingspraktisyns is van mening dat ʼn krediteurekomitee met ʼn onafhanklike voorsitter “beduidende waarde tot die proses kan toevoeg” aangesien dié komitee gereeld met hulle kan skakel oor die verloop van sake.

Die lede van die komitee sal mettertyd op die Poskantoor se webwerf bekend gemaak word.

In ʼn onafhanklike vergadering wat vroeër vandeesweek oor die werknemerskomitee gehou is, het Damons daarop gewys dat hierdie komitee “alle werknemers [van die Poskantoor] moet verteenwoordig, insluitend diegene wat deel van vakbonde is al dan nie”.

Die werkerskomitee sal met die sakereddingspraktisyns beraadslaag oor enige saak wat verband hou met die verloop van die proses en sal ook tweeweekliks verslae hieroor ontvang.

Damons het wel daarop gewys dat hy en Rooplal “onafhanklike besluite oor Sapo sal neem en nie enige opdragte van die werkers sal neem nie”.

Die lede van dié komitee sal ook later bekend gemaak word.

“Ons is bly dat die kommunikasiekanale met al die krediteure [van die Poskantoor] oopgemaak is en ons beoog om die sakereddingsplan teen nie later nie as einde November te publiseer,” sê Rooplal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pierre ·

lekker lag ek nou amper gedink dit is 1st April, daar is niks te rede nie.

Heinrich ·

Geld na die problem toe gooi is die maklike deel (of ons dit hét of kan bekostig om rond te gooi is ‘n ander vraag). Hoe kry die effektiwiteit en professionaliteit van die werkers opgehef tot waar die publiek nie soos indringers in hulle werksplek voel nie, en besigheid verloop soos wat dit bedoel was om te verloop volgens die doel waarvoor die poskantoor.

domheks ·

Ja – met ‘n paar MILJARD kan enigeiets gered word! Dit is nog nie 1 April nie! Die trog moet gevul word vir die honger mense…

Grens ·

Al hoe dit gered kan word is, gee dit vir nie BEE mense om te bestuur.

Daisy ·

Waarvoor gebruik mens nog die poskantoor behalwe sommiges vir SASSA

Bulkalf ·

Vir wat, om weer gered te word en weer, en weer. Hulle diesnte word nie meer benodig nie.

Suzette ·

Alles in hierdie land moet GERED word. Asseblief RED ons van die anc….

LIEZL ·

Ongelukkig gaan niemand ons red van die ANC nie. Die hele land moet saamstaan en teen die ANC wees. Wel, daar is net een Hoër Hand wat ons wel kan red

Truman Burbank ·

Nope. Niemand gaan. Want ou Paulus het gese alle regerings is deur die hoër hand aangestel. Romeine 13:1.

etienne ·

Dit is wereldwyd bewys dat slegs 5% sakereddings suksesvol is. Die enigste party wat hierby baat is die sakereddings firma. ingevolge die wet op sakereddings, kan so praktisyn tot R 11 000,00, per konsultasie takseer. natuurlik is die poskantoor n staatsinstelling, en sal daardie konsultasie heelwat meer wees.

Anel ·

En waar dink julle gaan daardie geld vandaan kom? Uit ons pensioene! Die GEPF fonds. Die hele anc kyk na ons fonds met bekke wst kwyl. Hulle kan nie wsg om hulle vuil pote daarop te kry nie en probeer alles. Hierdie ding van sakeredding is net om die fonds leeg te tap na hul eie sakke. Pote af van ons geld! Ons het lank en hard daarvoor gewerk!!!

Louis ·

Sal nie gebeur as anc in be wind is nie. Dit Sal alleenlik Kan gebeur as die Da in be wind is. Die Kaap is n goeie voorbeeld waar Da in be wind is. Paaie in Kaap is ook in n beter toe stand as in die res van die land

Rudolf ·

Nee wat, los maar. Poskantoor het die bus gemis. Wie pos nog enige iets ? En wat pakkies betref – PEP se Paxi het `n gaping gesien en gevat. So ook al die ander koerierdienste. Moenie nog geld na die hopelose saak toe gooi nie.

Windhond ·

Ha ha ha, – en dan sodra hy “gered” is dan wil die wekkers weer strike en toi toi want hulle werk te lank en kry te min salaris terwyl hulle in elk geval nie uur se eerlike werk doen in n dag nie, die volgende om toe te maak is die SAPS – privatiseer die polisie

Vrystaat2109 ·

My vraag: Hoekom wil hulle die poskantoor red?niemand gebruik meer die poskantoor nie, is dit werkskepping vir mense wat heeldag gaan sit en met hulle vingers speel, dit is al waarvoor dit nog gebruik kan word.

Hans ·

Regtig? Hoe red jy enige sinkende skip? Deur rotte te laat verdrink….?

Hans ·

Saal mens dan weer dooie perd op? Maak franchise van poskantoor en bestuur volgens sakebeginsels.

Johan ·

Hoekom sal mens so baie geld wil spandeer om die poskantoor te red, hy moes al lankal toe gemaak gewees het, sy dienste word lankal nie meer benodig nie. Daar is baie instansies wat ‘n gewaarborgde diens lewer.

Jakes ·

Asb, ek lag my n papie. Sapo moet bestuur word deur bevoegde mense en benewens dit sal hulle nie kan kompeteer met die privaat sektor wat nou hulle werk doen nie. Watter staatsinstelling in SA kan n goeie diens lewer?

Johanncb ·

Al kan die Poskantoor “gered” word, sal daar nie weer diens wees nie! Dit is al jare die geval. Dit sal slegs werknemers ‘n uitkoms bied.

Ryan ·

Die rasse van die “sakereddingspraktisyns” sê ook al baie. Gaan buitensporige inkomstes verdien uit belastingbetalers se bydraes en dan gaan dié plek in elk geval gelikwideer word.

Frank ·

Hulle het dan onlangs gese is vas oortuig kan NIE gered word nie, so wat het verander onder die tafel?

christo ·

Jammer, die Poskantoor het hulle eie graf gegrawe. Omtrent elke plek in SA het ‘n PEP winkel wat ‘n kourierdiens wat uitstekende diens lewer. Die belastingbetaler kan dit nie bekostig nie. Geen privaatbesigheid verwag dat die belastingbetaler hom van bankrotskap red nie.

Marius ·

Sluit die deure eerder. Hulle gaan seker soos met SAL heropen met minder afleweringsroetes (seker net tussen JHB en PTA) en vir ons probeer oortuig dat hy nou “gered” is en dat SA weer trots kan wees op hierdie instelling.
Hulle moet eerder ‘n paar Postnet takke koop

Johan ·

Poskantoor skuld my al hoeveel geld vir grond wat hulle by my huur vir posbusse…maar NIEMAND het nog moeite gedoen om met my te praat nie??

Chris ·

Tydens die grensoorlog dae wil mammie van Pretoria vir boet op die grens ‘n pakkie stuur. Mammie vra toe hulle (Poskantoor) moet die pakkie via, Bloemfontein, Upington, Port Elizabeth Oos Londen en Durban grens toe stuur. Poskantoor juffer onthuts, “haai mevrou ons doen dit nie” Mammie antwoord, “Die vorige pakkie het omtrent so lank gevat”. Goeie dae. Deesdae se pakkie raak net tussen neus en ore weg. Deesdae se honne in woonbuurte weet nie van posman storm of byt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.