ʼn 55-jarige poskantoorbestuurder en twee van sy vermeende makkers is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn poskantoor in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, besteel het.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê die bestuurder het na bewering Donderdagmiddag die poskantoor op Mayors Walkweg gesluit en die volgende oggend die poskantoor se veiligheidskamerdeur oop aangetref.
“Geld is uit die kamer gesteel en ʼn saak is kort daarna by die Prestbury-polisiestasie aanhangig gemaak. Die saak is daarna aan die Valke oorhandig.”
Beamptes het Saterdag die bestuurder se huis deursoek en kontant gevind wat glo uit die poskantoor gesteel is.
“Ná verdere ondersoek is nog twee verdagtes opgespoor en kontant is ook in hul besit gevind. Die bestuurder en die twee verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.”
Die drie mans sal na verwagting Maandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dis reg, pos hom!
Wys net hoe slim deesdae se bankbetuurders is, om die geld by die huis te hou.