Prins Buthelezi weer in hospitaal ná komplikasie

Mangosuthu Buthelezi (Foto: Bongani Mbatha /African News Agency (ANA)

Prins Mangosuthu Buthelezi, voormalige IVP-leier en tradisionele premier van die Zoeloes, is weer in die hospitaal ná hy ’n komplikasie ontwikkel het nadat hy ’n prosedure vir rugpyn ondergaan het.

Buthelezi word later vandeesmaand 95 jaar oud.

Volgens Buthelezi se familie is die prins ná die prosedure uit die hospitaal ontslaan. Hy is verlede week weer opgeneem vir verdere behandeling en herstel nadat sy rugpyn nie genoegsaam herstel het nie.

“Hy het sedertdien ’n komplikasie ontwikkel en sal vir eers in die hospitaal bly om die nodige mediese sorg te ontvang,” het die familie in ’n verklaring gesê.

“Die duur van sy hospitaalverblyf sal afhang van hoe vinnig sy liggaam van die komplikasie herstel.”

Die familie vra dat Buthelezi die tyd gegee sal word om te rus en te herstel.

“Ons waardeer almal se ondersteuning, liefde en gebede in hierdie tyd.”

Die IVP en ACDP het ook hul wense van spoedige herstel aan Buthelezi gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

n Lang en suksesvolle politieke loopbaan, maar ek kry die gevoel sy laaste tye breek nou aan.

Hendrik ·

‘n Slimmer leier wat nooit tronk toe gegaan het en dieselde resultaat verkry het as die res. Geweld was nie sy voorkeur. Ek kon nooit uitmaak wat hy se nie maar dit lyk of die res van die mense beter kon Engels verstaan het as ek.

Nettie ·

Ek het maar min respek oor vir die oues wat in die “struggle” was. Hulle het bewys watse tipe mense hulle rerig is.

En tog onthou ek goeie dinge van Buthelezi. Ek dink hy’t sy mense goed probeer lei. Iemand wat darem die wereld om hom verstaan het daardie jare en met waardigheid opgetreë het.

Sterkte aan hom en aan sy familie.

Carl ·

Sterkte Prins Buthelezi. Ek is bly jy is ‘n gelowige en sal jou eendag daar ontmoet.

Lillian ·

Ai, ekt altyd so gehoop hy word president van ons land,dinge sou soveel anders gewees het. Sterkte Mnr Buthelezi, ek hoop jy word gou beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.