Privatisering van Eskom is op hande

Kenners meen die regering se kragplan lui die begin van privatisering van kragvoorsiening in. (Foto: Maroela Media)

Die regering ontken dit dalk, maar die privatisering van Eskom kry al hoe meer momentum – en dit is goeie nuus vir die meeste Suid-Afrikaners.

“Ons is besig om Eskom te privatiseer. Die regering wil nie die woord privatiseer gebruik nie, want dit is vir hulle ʼn vloekwoord, maar eindelik gaan die hele kragopwekkingsvloot toegemaak en vervang word deur die private sektor. Dit is goeie nuus.” Só het Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep, aan Maroela Media gesê in reaksie op die kragplan wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het.

Roodt sê Eskom stap presies dieselfde pad as wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) die afgelope dekade geloop het. “Soos SAL vernietig is, so word Eskom vernietig. Daar is ʼn klomp kaders met ʼn hand in die koekieblik.

“SAL het egter geleidelik doodgebloei en dit is ook wat by Eskom en sy kragsentrales gaan gebeur.”

Die regering sal dit waarskynlik nie waag om dit in soveel woorde sê nie, maar Roodt voorspel dat kragsentrales in Eskom se opwekkingsvloot toegelaat gaan word om óf te sluit, óf aan die private sektor verkoop te word. Dit beteken opwekking word in wese geprivatiseer.

“Dit gaan noodwendig tot werkverliese lei en vakbonde gaan ongetwyfeld woedend wees, maar net soos SAL gáán Eskom in duie stort – en niemand anders as die regering is hiervoor verantwoordelik nie,” sê Roodt.

Hy verwag dat Eskom in die toekoms die aankoper van krag gaan wees, terwyl transmissie, wat hy ʼn “natuurlike monopolie” noem, ook onder Eskom en dus staatsbeheer sal val. Dit gee Ramaphosa ook ʼn politieke skuiwergat om agter te skuil omdat dit kwansuis nie privatisering van Eskom is nie.

Distribusie, die laaste kilometer of wat tot by jou huis en gewoonlik onder beheer van ʼn munisipaliteit, gaan waarskynlik in plaaslike owerhede se hande bly “omdat hulle potte vol geld daaruit maak”, sê Roodt. Die bestuur daarvan is dikwels egter so vrotsig dat die private sektor dit moontlik ook gaandeweg gaan oorneem.

Roodt pak die skuld vir talle van die probleme op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

“Ek dink Pravin Gordhan is, behalwe vir [oudpres. Jacob] Zuma, die grootste ramp wat Suid-Afrika nog getref het. Sy kommunistiese teorieë skop elke keer in. Hy is ʼn ideoloog wat keer op keer nie kan glo dat sy planne nie werk nie.

“Maar sy comrades is nie ideoloë nie, hulle is kriminele. Gordhan doen elke keer die verkeerde ding reg. En elke keer besteel hulle hom en hulle gaan aanhou om dit te doen.”

Dit het nou naastenby 20 jaar geduur voordat die lig vir die ANC-regering aangegaan het en Ramaphosa die kragplan aangekondig het, sê Roodt.

“Dit is omdat die regering geen ander keuse gehad het nie; dit was ʼn onvermydelike stap. Ons is nou besig om opwekking te privatiseer en dit is die wonderlike nuus.”

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê ook die instituut beskou die aankondiging as ʼn “benoude sprong in die regte rigting”. “Daar is geen opsies oor nie. Weens die laaste maand se enorme volgehoue druk uit die burgerlike samelewing het ons die ANC gedwing om die regte ding te doen.”

Ramaphosa het in sy toespraak gesê ʼn nood- of ramptoestand is nie nodig om ʼn probleem op te los wat net gesonde verstand nodig het nie.

“Hoekom het dit die ANC dan 15 jaar gevat om ʼn gesonde verstand-benadering te volg?” sê Mulder.

Ramaphosa het ook aangekondig dat “spesiale wetgewing” in die parlement ter tafel gelê gaan word om die wetlike en regulatoriese hindernisse in die pad van nuwe opwekkingskapasiteit vir ʼn beperkte tyd makliker te maak.

Hoewel die president nie na spesifieke wetgewing verwys het nie, is Roodt van mening dat dit verband hou met plaaslike inhoud (“local content”) en swart ekonomiese bemagtigingsvereistes.

Local content is in sy kanon in en met ʼn bietjie luck is ons dalk van SEB ook ontslae,” sê Roodt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Herman ·

Alles moet geprivatiseer word. Die staat moet niks bestuur nie.

marius ·

Die koei is droog gemelk . Nou kan sy maar gaan . Net ‘n sot sal sy geld in die gemors foeter.

Johan D ·

Hoe gouer Eskom totaal en al deur private entiteite oorgeneem kan word hoe beter! Dit kan dalk net die redding wees van ʼn prag land wat al hoe vinniger die dieptes in afstort!

SjN ·

En dit gaan entiteite en bekende persone en familie lede wat noue bande het met bestaande rgerings kaders wat betrokke gaan wees by die verkryging van opsies met die verskaffing van elektrisiteit teen n prys.

krodedil ·

Dit sal die begin van algemene ineenstorting van die ekonomie wees want dan dal Eskom werkers in groot getalle begin staak. Ons het net ‘n voorsmakie gekry laas maand wat met beurtkrag gaan gebeur as dit gaan begin. Num en Numsa sal kragte saamspan en die land verlam.

krodedil ·

Wat dink julle gaan gebeur as Eskom Privatiseer? Gaan die nuwe eienaars of maatskappye ook Soweto en ander swart woongebiede se krag afskryf of gaan hulle dit subsideer soos wat tans met Eskom gebeur. Dis sal die begin van ‘n burger oorlog wees. Dinge klink en lyk goed op papier maar mnr roodt het vergeet dis Afrika.

Blikkies ·

Miskien is dit al lankal tyd vir daai oorlog…….laat die wat oorbly maar weer van voor af begin.

Watsenaam ·

Interessante opmerkings uit die berig:
Roodt sê Eskom stap presies dieselfde pad as wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) die afgelope dekade geloop het. “Soos SAL vernietig is, so word Eskom vernietig. Daar is ʼn klomp kaders met ʼn hand in die koekieblik.
“Hoekom het dit die ANC dan 15 jaar gevat om ʼn gesonde verstand-benadering te volg?” sê Mulder.
Nou se ek,1) Dit is absurd dat daar kaders in n regering is
2) Die resep vir mislukking is om n drie party allianasie soos Kommuniste, Vernietigende Vakbonde, ongeskoolde parlementeriers, te he wat sy kiesers korps belieg en bedrieg.

Papsak ·

Ek stem alles moe geprivatiseer word niks moet deur regering gedoen word nie en alles sal reg kom

Jacobus ·

Dit gaan nie so maklik wees met alles tot elektrisiteit wat verniet belowe is aan “our people” nie. Geen besigheid staat of privaat kan n produk aankoop en dit dan weggee en nog n bestaan maak nie.

sopbeen ·

Wat is die kanse dat daar ook met die onderneming/organisasie wat die monopoly beheer oor sonkragpanele en lithium-battery invoere te onderhandel om te voorkom dat hul nie prysgewys net vra wat hulle wil nie. ‘n Standaard prys vas maak waarby hul baat asook die land se mense (arm en ryk)
Tans is dit vêr bo die gemiddelde man se vuurmaakplek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat die regering ook al doen gaan ‘n fout wees. Dit kan nie anders nie.

De Villiers ·

Dit is inderdaad baie goeie nuus, maar ek wens so dit kon al more in werking getree het.

Soos ek die spul ken gaan dit nog 15 jaar vat voor al hul “planne” in plek val, indien ooit!

Jacobus ·

Hierdie sogenaamde privatisering gaan nie werk nie! Dit sal net gedoen word sodat iemand anders wat dan die privaat sektor gaan wees blameer kan word as die krag af is, en dan nie Eskom wat in staats besit is nie. Wie gaan in elk geval n dooie perd koop wat al besig is om op te vrot? Ramaphosa en familie gaan transmisie oorneem en so met die monopolie sit. Dit is my voorspelling van n totale kommunistiese korrupte onbevoegde regering.

krodedil ·

100% Korrek en die publiek en ekonome sien dit nie raak nie. Of laat ek eerder sê hulle wil dit nie raaksien nie.

Harley Davidson ·

Met privatisering is bevoegde mense in beheer en gaan daar nie krag onderbrekings wees nie.

domheks ·

Wie maak ‘n aanbod van R51-00 vir Eskom???
Hehehehheeee

Manie ·

African Rainbow Energy & Power (AREP) sal eersdaags na vore tree as die hoof kragvoorsiener.

sopbeen ·

Is dit nie hoekom Bill Gates so paar weke terug hier was nie?????

sopbeen ·

Ek het hierop af gekom: AREP’s holding company, Ubuntu-Botho Energy Holdings Proprietary Limited was founded by Dr Patrice Motsepe and is the only African company that is a partner in the Breakthrough Energy Ventures which was started by Bill Gates and includes several globally respected leaders including Jeff Bezos, Richard Branson, Jack Ma, Mukesh Ambani and others. Breakthrough Energy Ventures is an investor-led fund that is building

Swerwer ·

Solank die ANC /EFF net nie deel van die privatisering is nie, behoort dit te goede uit te werk.

oelof ·

Eskom sal nooit in der ewigheid geprivaatiseer word nie. Die vakbonde gaan daarteen skop. Hulle regeer die land.

sopbeen ·

Ek het hierop af gekom: AREP’s holding company, Ubuntu-Botho Energy Holdings Proprietary Limited was founded by Dr Patrice Motsepe and is the only African company that is a partner in the Breakthrough Energy Ventures which was started by Bill Gates and includes several globally respected leaders including Jeff Bezos, Richard Branson, Jack Ma, Mukesh Ambani and others. Breakthrough Energy Ventures is an investor-led fund that is building

My siening ·

Wag tot die ANC begin om die son panele begin annekseer want hul kan niks tot stand bring maar as dit daar is vat hul dit net eenvoudig!

annie ·

Indien ons ‘n homogene land was kon die probleme dalk so opgelos word, maar soos wat Dawie nog altyd ook ‘n groot voorstander van rentekoersverhogings was, is hierdie plan ook een sonder toekomsvisie oor die praktiese gevolge. Die woord rewolusie staan steeds in rooi geskryf in die ANC-handves wat chaos as wapen gebruik. Sulke mense soek nie vrede en vooruitgang nie. Om buit te neem ten alle koste wel. Alles verval in SA volgens plan.

Marina ·

Ek sal graag by Dawie Roodt wil hoor wat gaan gebeur met die munisipaliteite wat Eskom soveel geld skuld, baie van die dorpe sit meer sonder krag as met krag .

Frans ·

Die kans is groot dat met die sg ontbondeling van Eskom ons drie staatsbeheerde organisasies ipv een gaan sien.Die vergelyking met SAL en ander SOE is mi swak want die het slegs klein gedeeltes van die publiek geraak maar Eskom raak elke burger en ek glo nie die ANC sal so’n belangrike rolspeler in die politiek in die hande van privaat organisasies plaas.
Onthou net die slagspreuk ‘ons het miljoene voorheen benadeelde mense van elektrisiteit voorsien’.Dit is ‘n te groot politieke wapen om oornag prys te gee.Kan iemand verduidelik wat met die R400 miljard
skuld aangekoop is?

Chris ·

Dit is wat met Sasol en Yskor gebeur het, en ook met transnet gaan gebeur. Sasol is nou in hande van mense wat nog minder vir die verbruiker voel, en Yskor is opgedeel in Kumba en EXXARO. Yskor staalwerke is toegemaak – die kole word deur EXXARO na China uitgevoer en Kumba voer nou ook die erts uit na China. HOORAAAA!!! Ons gaan alles oorhandig aan “Big Corporates” wat die dienste aan internasionale pryse gaan koppel. China sal ook so die geleentheid kry om die staats-bates op te raap vir ‘n appel-en-‘n-ui. Eers moet daar gewerk word aan die aftakeling, en dan is die regverdiging daar om dit te verkoop. Google “Vanguard and BlackRock, two mega, privately-owned corporations, possess the lion’s share of the world’s wealthiest companies” Die versteekte hand van die dienaars van die bose”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.