Prokureur wat sy vrou verkrag, aanrand lewenslank tronk toe

hof-hamer

(Argieffoto)

’n Prokureur van Oos-Londen is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en aanranding van sy vrou.

Die 49-jarige prokureur is in die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) tot ’n bykomende vier jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy vrou in Februarie 2012 en Mei 2019 verkrag het. Hy is in November 2021 skuldig bevind.

Regter Judith Roberson het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word, wat beteken dat hy effektief lewenslange tronkstraf sal uitdien.

Sy aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis is geweier en sy aansoek om borgtog hangende sy petisie by die appèlhof om verlof tot appèl, is ook geweier. Hy is in hegtenis geneem om sy vonnis te begin uitdien.

Regter Roberson het sy verweer dat hy ’n gebrek aan kriminele kapasiteit het, veroorsaak deur ’n kombinasie van alkoholmisbruik en ’n diagnose van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD), verwerp. Regter Roberson het tot die gevolgtrekking gekom dat sy optrede gefokus en doelgerig was.

Die man het ook in die hof erken dat hy dit geniet het om na gewelddadige pornografiese materiaal te kyk en aangevoer dat van die gewelddadige seksuele dade wat hy op sy vrou uitgevoer het, met haar toestemming gedoen is.

Regter Roberson het egter die weergawe van die slagoffer aanvaar, omdat dit met bewyse gestaaf is. Sy het die man se weergawe van wat gebeur het, verwerp. Die regter het verklaar dat verkragting binne die huwelik ’n uiters ernstige oortreding is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Carl ·

Nou hoekom word sy naam nie genoem nie – hy is tog skuldig bevind?

Johan ·

Dalk ter wille van die slagoffer en as daar ki ders is, hulle ook.

Marianne ·

WAT is die NAAM en VAN vd man wie REEDS GEVONNIS is?
The Criminal Procedure Act of 1977 prohibits the publication of the identity of the accused BEFORE they appear in court and plead.

AW ·

Wat saak maak is dat hy gevonnis is en tronk toe gaan!!

Ñ Oorwinning vir die samelewing , en die Vrou !!

Boon ·

Dis n buitengewoon swaar straf, plus weirring vir appèl. Moordenaars kry deesdae nie eens lewenslank nie. Vreemd.

Androclus ·

Is waar,ek lees gister van 2 moordenaars een het 10 jaar en die ander een 15 jaar vir mense se lewens wat hulle geneem het.Ek voel hulle verdien lewenslank plus.

Tanniepetoors ·

Verkragting binne die huwelik vind baie meer dikwels plaas as wat ons graag wil van weet. Die man met die groot glimlag en die netjiese voorkoms is tuis en in sy slaapkamer soms ‘n uiterste wreedaard.

piet ·

Jy kry wreedaardige vrouens ook, eintlik baie erger as mans. Moenie trou nie, bly weg van die vroulike spesie. Net probleme en nie die moeite werd in my opinie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.